Video: Lady Gaga in SA

2012-12-01 23:58

So lyk een van Gaga se Johannesburgse Little Monsters (aanhangers). Foto: Lerato Maduna

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wanneer die Kapenaar Ziyaad Bhorat (23), wat vir ’n meestersgraad in Afrika-studies aan die Universiteit van Oxford studeer, môre saam met ’n verwagte 40 000 mense opdaag by Gaga se konsert in die Kaapstad-sta­dion, wil hy en twee vriende Gaga se vleistekort regstel. 


Sy vriende Nick Corbett en Ayesha Makudam het saam met Bhorat ’n biltong-uitrusting ontwerp wat die naweek gemaak is. 

Bhorat sê hy het Lady Gaga se optredes in onderskeidelik Hongkong én Parys gesien en besef aanhangers moet uithaal en wys om gesien te word. 

“Ek wou juis ’n Suid-Afrikaanse ‘geur’ aan haar ‘vleisrok’ gee, vandaar die biltong-idee. En biltong is een van die goed wat ek die meeste mis in Engeland.” 

Hananje de Jager, bemarkingsbestuurder van J&M Famous Biltong, sê hulle het sowat 70 kg rou beesvleis verwerk vir die sowat 30 kg biltong vir Bhorat se vlesige uitrusting (sien grafika). 

Die Kaapse konsert is Gaga se tweede optrede in Suid-Afrika ná Vrydagaand se konsert in die ENB-stadion buite Johannesburg. 

Tydens dié optrede het Gaga (26), oftewel Stefani Germanotta, voor meer as 60 000 soms kwylende, huilende aanhangers langs plastiek-dierkarkasse aan vleishakke gehang, kop eerste in ’n mens-grootte vleismeul beland en op ’n rusbank van (plastiek)vleis gesit en sing. 

Twee jaar gelede was diereregtegroepe siedend en Gaga se volgelinge in vervoering toe sy by die MTV-toekennings in ’n rok van rou vleis opgedaag het. 

Sy het destyds gesê die vleisrok is ’n simbool van vryheid: “As ons nie op ons regte staan nie en as ons nie vir ons regte baklei nie, sal ons soveel regte as die vleis aan ons bene hê. En ek is nie ’n stuk vleis nie.” 

Nie dat sy skaam is vir (mens)vleis of vlees nie: Van haar dansers het solo-sensueel geraak in ’n nabootsing van die liedjie Alejandro se video en Gaga het twee keer haar rompie gelig om haar sitvlak aan die skare te vertoon. 

“Ek is nie ’n buiteruimtelike wese nie. Ek is nie ’n vrou nie. Ek is nie ’n man nie. Ek is nie ’n mens nie. Ek is julle,” het sy aan die skare gesê voordat sy drie aangedane aanhangers genooi het om by ’n klavier saam met haar te kom sit.

Die klavier was eers ’n motorfiets wat deur Gaga op die verhoog gery is voordat dit “met f***** towerkrag” in ’n klavier verander het. 

Die Suid-Afrikaanse vlag was agterop die motorfiets en sy het al swaaiend met die vlag rondgestap aan die einde van die liedjie Yoü and I. 

“Vyf jaar gelede was ek ’n kelnerin in New York. (Vandag) staan ek voor 60 000 mense,” het sy gesê. 

“Julle sal altyd ’n sitplek aan my tafel hê. Sal julle my vir ewig ondersteun?” 

Sedert Gaga vroeër die week in Suid-Afrika aangekom het, het sy tyd gehad vir ’n safari van twee dae by Skukuza. 

Daarom was sy juis opgewonde oor ’n kameelperd-speelding wat deur die skare op die verhoog gegooi is voordat sy ’n vuil grappie gemaak het oor ’n seksspeelding wat ook op die verhoog beland het. 

Die enigste teenspoed sover was ’n besoek Vrydagnag aan die Milpark-hospitaal waar ’n grimeerkunstenaar vir maagkrampe behandel is, volgens ’n bron van Rapport. 

Attie van Wyk, haar Suid-Afrikaanse promotor, het bevestig een van ­Gaga se personeellede het ’n “persoonlike mediese toestand”, maar dat dit beslis nie die Kaapse konsert gaan beïnvloed nie. – Gavin Prins, Karin Burger, ­Waldimar Pelser en Vernon Janse van Rensburg


Video: Heat Suid-Afrika

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-18°C Showers late. More sun than clouds. Mild. Pta: 11-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 16-28°C High level clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 16-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 16-24°C Scattered showers. More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!