Zambië-moord: ‘Ons vrees vir lewe’

2012-07-21 23:52

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Suid-Afrikaanse vrou en haar beweerde minnaar “vrees vir hul lewe” in die Zambiese tronk waar hulle die afgelope twee weke aangehou word vir die grumoord op haar man.

Estie Pienaar (33) is voorverlede Saterdag saam met Nicky Rossouw (58) en Mulumbwa Nyambe (30) aangekeer vir die moord op Marius Pienaar.

Hulle verskyn Woensdag in die hof in Sesheke, in die suide van Zambië.

Marius (50), ’n myntegnikus van Phalaborwa wat ses jaar gelede na Zambië verhuis het, se lyk is op 30 Junie in die Zambezirivier gevind.

Hy het vyf dae vroeër spoorloos verdwyn uit die Nina-hengelkamp buite dié dorp.

Volgens die Zambiese polisie is hy vermoedelik in sy slaap oorval, oor die kop geslaan en keelaf gesny voordat hy in die rivier gegooi is.

Nicky is die eienaar van dié kamp, waar die Pienaar-egpaar vakansie gehou het. Nyambe, ’n Zambiër, is een van sy werkers.

“Nicky se eerste woorde toe hy my sien, was: ‘God help my! Ek het niks verkeerd gedoen nie’,” het Brigitte Rossouw, Nicky se eksvrou, die afgelope week aan Rapport gesê nadat sy en haar seun, Freddy, hom in die Sesheke-gevangenis besoek het.

Volgens haar deel Estie ’n sel met drie ander vroue.

Nicky word “saam met ’n klomp mans” aangehou.

“Hulle word nie enige kontak met mekaar toegelaat nie en veral Estie kry swaar. Sy’s nog erg geskok en praat bitter min,” sê ­Brigitte.

Komm. Fanwell Siandenge, ’n Zambiese polisiewoordvoerder, het vroeër aan Rapport gesê Ma­rius is vermoedelik “vir die krokodille gevoer”, waarna sy plakkies en visstok op die rivieroewer en in die water “geplant” is.

Siandenge het ook gesê Estie en Nicky het tydens ondervraging erken hulle is in ’n liefdesverhouding en wil met mekaar trou.

Hulle ontken egter dat hulle ­Marius vermoor het.

“Hulle is jare lank reeds goeie vriende, maar daar was nooit enige sprake van ’n verhouding nie,” sê Brigitte.

Volgens haar het ’n klein groep vriende en familie in Zambië hulle intussen oor Estie en Nicky ontferm.

Van dié vriende het vanuit Se­sheke aan Rapport gesê Nyambe word erg aangerand in aanhouding.

“Nicky en Estie vrees vir hul lewe, want die polisie het hóm (Nyambe) só geslaan dat hy nie kon loop nie,” het een van dié vriende op voorwaarde van anonimiteit gesê.

“Tot dusver lyk dit nie of hulle self ook geslaan word nie, maar die polisie is baie hardhandig met hulle en verneder hulle voor die ander gevangenes.

“Mans met AK-47’s hou hulle heeltyd dop en ons moes vyf dae lank met hulle onderhandel om Nicky se bloeddrukpille vir hom te kon gee.”

Daar was aanvanklik geen toiletgeriewe nie, sê nóg ’n vriend.

“Daar is darem nou al ’n gat in die grond gegrawe vir hulle, maar hulle dra nog dieselfde klere as toe hulle in hegtenis geneem is.

“Hulle mag vir die eerste ruk lank nie gewas of hul tande geborsel het nie.

“Ons kon een keer vir Estie wet wipes gee om haar gesig af te vee.”

Volgens hom is die verdagtes geboei en vier dae lank in die polisieselle aangehou voordat hulle aangekla is.

“Nicky moes in ’n sel van twee meter by ses meter saam met vyf ander mans slaap. Ons het gesmeek dat hulle nie vir Estie óók daar indruk nie.

“Sy moes toe op die grond agter die aanklagkantoor se toonbank lê.

“Ons mag in dié tyd nie eens vir hulle water gegee het nie, want die polisie was bang ons vergiftig dit.”

***

Marius Pienaar se naasbestaandes glo so vas sy vrou, Estie Pienaar, het hom nie vermoor nie dat hulle Interpol genader het om dit te bewys.

Rapport verneem ’n familielid van Marius, ’n oud-polisieman “wat noue bande met Interpol het”, het dié liggaam reeds gevra om sy raaiseldood te help oplos.

Hercules Pretorius, Estie se pa, wou by navraag nie Interpol se betrokkenheid bevestig nie, maar het aan Rapport gesê hy en die Pienaars beoog om sy dogter se onskuld “op die topvlak” te bewys.

“Marius se familie staan bankvas agter Estie. Sy kry swaar, maar die waarheid sál uitkom,” sê Pretorius, ’n rekenmeester van Ruimsig in Johannesburg.

Bronne ná aan die egpaar het aan Rapport gesê hulle was enkele weke voor Marius se dood vir vrugbaarheidsbehandeling by ’n Krugersdorpse kliniek.

“Marius het vroeër ’n vasektomie gehad, maar hy het besluit om dit te laat omkeer omdat Estie baie graag kinders wou hê.

“Hulle was reeds besig met in vitro-behandeling, maar dis nie duidelik hoe ver gevorderd hulle daarmee was of hoe suksesvol dit was nie.”

Skoolvriende van Estie se alma mater, die Hoërskool Bastion in Krugersdorp, het haar die afgelope week beskryf as “’n slim, gewilde meisie wat gehou het van flankeer” en wat “uitgeblink het op die tennisbaan”.

Volgens een van hulle het Estie ná skool ’n BCom-graad verwerf.

“Sy het altyd ouer kêrels gehad wat haar in die middae in groot motors by die skool kom oplaai het.”

Estie het na haarself op Facebook verwys as “buite beheer en by tye moeilik om te hanteer”. Sy sê ook sy is “die meisie teen wie jou ma jou gewaarsku het”.

Die “bloedspatsels” op die vermoorde Marius Pienaar se bed was vernis en die wonde aan sy lyk is moontlik veroorsaak toe stroomversnellings dit oor klippe in die Zambezirivier gespoel het.

Só het vriende van Nicky Rossouw die afgelope week uit Se­sheke aan Rapport gesê.

Komm. Fanwell Siandenge, ’n Zambiese polisiewoordvoerder, het verlede week aan Rapport gesê ondersoekbeamptes het bloedspatsels gevind op die planke van die bed waarin Ma­rius en Estie in die Nina-hengelkamp geslaap het en dat dit weggestuur is vir toetse na ’n hospitaal in Lusaka.

Volgens ’n jarelange vriendin van Rossouw het dié toetse intussen glo bevestig dat dit vernis op die planke was.

“Daar was geen bloedspatsels nie en Nicky het van die begin af vir die polisie verduidelik dis vernis,” het sy gesê.

Volgens haar het Marius se lyk meer as 12km van die kampeerterrein af uitgespoel en is dit deur twee plaaslike broers gevind nadat Rossouw self ’n beloning van R500 uitgeloof het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
63 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Rocky Bell sê... Vir my so hartseer dat sulke tye verbygaan. Al hoe meer raak mens bewus van die finaliteit - maak nie saak van jou kennis of statuur, as jou tyd uitgeloop het, is jou grootheid uitgedien......... Louw Alberts ... jou teenwoordigheid het baie betekenis gehad vir ons gewone mense Rus in Vrede. Jy was 'n meneer, MENEER Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-20°C Rain late. Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.