Zille bly, maar die hare gaan nog waai

2012-11-17 23:28

Helen Zille sal vir minstens nog twee jaar lank DA-leier wees.

Dr. Wilmot James, een van haar bondgenote, gaan ook waarskynlik sy pos as federale voorsitter behou wanneer dié party sy nuwe leiers volgende naweek in Boksburg kies.

Niemand sê Zille die stryd aan as leier nie, maar James word deur Masizole Mnqa­sela, DA-LP van Khayelit­sha, uitgedaag.

Mnqasela het met verlede jaar se parlementêre koukusverkiesing uitgevaar teen Lindiwe Mazibuko en Zille, wat haar openlik gesteun het om Athol Trollip, tóé die DA se parlementêre leier, uit die kussings te lig.

Rapport verstaan James het wye steun onder partyleiers in die meeste provinsies.

Die werklike stryd lê tussen Wes-Kaapse en Gautengse groepe wat hul invloed in die party wil versterk. Die stryd wentel om die kandidate wat om die drie federale adjunkvoorsitter-posisies meeding.

Anchen Dreyer, DA-LP van Gauteng, Dianne Kohler Barnard, DA-LP van KwaZulu-Natal, en dr. Ivan Meyer, die DA se Wes-Kaapse leier, is die huidige bekleërs.

Meyer is nie beskikbaar nie en het Bonginkosi Madikizela, sy mede-LUR in die Wes-Kaapse regering, benoem.

Dreyer is ’n belangrike stem vir Afrikaanses op die federale raad. Haar mededinger is dr. Annelie Lotriet, DA-LP van die Vrystaat.

Nog mededinging uit Gautengse geledere kom van Stevens Mokgalapa, DA-LP; Makashule Gana, DA-jeugleier, en Mmusi Maimane, nasionale DA-woordvoerder. Maimane is James se gekose kandidaat vir een van dié posisies en het waarskynlik ook Zille se steun.

Kohler Barnard se mededinger in KwaZulu-Natal is Sandy Kalyan, DA-adjunkhoofsweep, wat hoop om die eerste Indiër in die federale raad te word.

Ná die OD se samesmelting met die DA is dit ook belangrik om groter OD-verteenwoordiging in die raad te kry. Joe McGluwa, OD-leier in die parlement, ding mee om een pos.
Zille het Dinsdag in Kaapstad gesê mededinging is belangrik.

“Ons is nie die ANC nie. Wanneer mense in die DA verkiesings verloor, word hulle nie verwerp nie,” het sy gesê by die bekendmaking van die aansluiting by die DA van Nosimo Balindlela, voormalige Cope-LP en ANC-premier van die Oos-Kaap.

Balindlela is genooi om die federale kongres as ’n BBP-afgevaardige by te woon.

Gesprekke met Cope-leiers dui daarop dat samewerking met die DA wenslik is, maar dis te vroeg om van ’n grootskaalse oorlopery te praat.

“Die meeste wag tot net voor die verkiesing in 2014. Om nou jou LP-salaris kwyt te raak, is kortsigtig,” het ’n Cope-LP gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.