Zuma, Mugabe ‘sterre’ in SA musiekvideo’s

2010-09-04 23:06

Freshlyground in ’n nuwe musiekvideo waarin hulle die spot dryf met pres. Robert Mugabe van Zimbabwe.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Pres. Jacob Zuma en sy noorde­like eweknie pres. Robert Mugabe van Zimbabwe loop erg deur onder kritiek in twee musiekvideo’s wat onlangs deur Suid-Afrikaanse kunstenaars vervaardig is.

Die groep Freshlyground het kragte saamgesnoer met die satiriese internetprogram ZA News van die spotprentmeester Zapiro om Mugabe uit te daag om sy beleid te verander.

Die musiekvideo is deel van hul nuwe album, Radio Africa.

Op die musiekvideo sing die hoofsanger, Zolani Mahola, dat Mugabe eens ’n supernova was, maar iewers die pad byster geraak het.

“Indeed it is you and only you who sleeps with the key... You are chicken to change!” sing sy.

En tesame met dié harde woorde is daar ’n pop van Mugabe wat saam met die groep dans.

Mahola sing in ’n sjebien saam met (oudpres.) “Thabo” Mbeki en “Tannie Helen” (Zille, DA-
leier).

“Mugabe” ry ook in ’n limou­sine in Zimbabwe rond en lees ’n koerant.

Mahola sê sy het daarvan gehou om die poppe in ’n video te gebruik. “Daar is iets vars daaraan dat ’n mens ’n ernstige onderwerp op so ’n kleurryke en ligte manier hanteer. Hopelik dra dit (die video) die boodskap oor.”

Zapiro sê: “Ek teken al jare lank spotprente oor Mugabe. Om saam met Freshlyground te werk, het ons die geleentheid gegee om hom eindelik by ons karakters te voeg. Ek hou van die (Mugabe-) pop, maar ek hoop ons kan hom baie gou laat aftree.”

Intussen het die eksperimentele Afrikaanse rockgroep Thys Nywerheid onlangs ’n musiekvideo van hul nuwe opname, Please Mister President, op YouTube gesit.

“Die video was ’n manier om uiting te gee aan ons frustrasies en protes aan te teken teen die swak voorbeeld wat die regering onder pres. Zuma stel,” sê Dawid Kahts, sanger van Thys Nywerheid.

Hulle sing onder meer dat “geld aan bome groei” en vra luukse motors en huise van die president.

“Dit is redelik kru en die SAUK sal dit beslis nie uitsaai nie. Daarom het ons besluit om dit op YouTube te sit sodat almal dit kan sien,” sê Kahts.

Hy sê hulle het ook vir Malema in die video gebruik.

Hy wys vir die kyker ’n middelvinger om te wys wat “sy en baie politici se houding jeens die publiek is” wanneer hulle hulself verryk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.