Zuma die rykaard

2012-07-30 06:40

Suid-Afrika klop nie net die Britte in rugby en krieket nie.

Ons openbare verteenwoordigers is ook bobaas wat salarisse betref.

Ná die jongste verhoging van 5,5% styg pres. Jacob Zuma se jaarlikse salaris nou tot R2 622 561.

Hierteenoor verdien David Cameron, Britse premier, maar R1 843 884.

Pres. François Hollande van Frank­ryk, wie se salaris onlangs met 30% besnoei is, kry R1,8 miljoen.

Raila Odinga, Keniaanse premier, glimlag nog breër as Zuma-hulle.

Sy salaris van R3 544 932 klop selfs dié van pres. Barack Obama van Amerika, wat R3 322 080 verdien.

Kabinetsministers is ook beter daaraan toe as hul Britse ampsgenote.

’n Kabinetsminister in Suid-Afrika verdien R2 006 292, ’n Britse minister R1 747 340 en ’n Franse minister R1,2 miljoen.

LP’s hier kry nou R889 383, Britse LP’s R844 032 en Franse LP’s R780 261.

Ná die jongste verhogings haal Suid-Afrikaanse burgemeesters boonop die miljoenêr-merk nadat Zuma die salarisverhoging, voorgestel deur die Onafhanklike Kommissie vir die Vergoeding van Openbare Amps­draers, die afgelope week goedgekeur het.

Die verhoging geld van Zuma se salaris, dié van regters en landdroste tot tradisionele leiers. Dit is van 1?April van krag, dus sal ampsdraers ook die verskil in agterstallige salaris ontvang sodra die verhoging intree.

In Brasilië, waar pres. Dilma Rousseff aan die stuur is, mag geen ampsdraer meer verdien as ’n regter van die hooggeregshof nie. Dié regters kry R1 308 373. Rousseff, senators en LP’s verdien dus almal R1 308 373.
 
Die Britse premier, David Cameron, sou dalk beter daaraan toe gewees het as Gordon Brown, sy voorganger, nie die premier­salaris kort voordat hy sy kantoor verlaat het, gesny het nie. Tog het Cameron die snoeiskêr weer ingelê en dié salaris van R1 947 765 met nóg 5% gesny, soos belowe is tydens sy verkiesingsveldtog.
 
Die Franse parlement het verlede week pres. François Hollande se besluit bekragtig om regeringslui se salarisse met 30% te sny. Die salarisse van Hollande en Jean-Marc Ayrault, die Franse premier, is verminder tot R1,8 miljoen.

Bronne:The Economist, O Globo, The Rio Times, The Huffington Post, Daily Mail, The Telegraph. www.portaldatransparencia.gov.br

Salarisse

Zuma: R2 622 561 (voorheen R2 485 829)
Ministers: R2 006 292 (R1 901 699)
Lindiwe Mazibuko (as parlementêre leier van die grootste opposisieparty): R 1 298 156 (R1 230 480)
Pieter Groenewald (as parlementêre leier van ’n minderheidsparty): R1 062 203 (R1 006 828)
LP’s: R889 383 (R843 017)
Helen Zille (as premier): R1 888 315 (R1 789 873)
Burgemeesters: R1 045 626 (R991 115)
Munisipale raadslede: R401 866 (R380 916)

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-18°C Sunny. Mild. Pta: 10-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 7-19°C Showers late. More sun than clouds. Mild. Bfn: 2-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-20°C Partly cloudy. Cool. PE: 9-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Internal Auditor

East Rand
Network Finance Sunninghill
R375 000 - R465 000 Per Year

Intermediate Java Developer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R25 000 - R35 000 Per Month

Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Specialist Resource
R350 000 - R400 000 Per Year

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!