Zuma en Kie. se geld veilig

2012-10-22 05:16

Pres. Jacob Zuma en senior staatslui kan nie onmiddellik hul salarisverhogings en bonusse bevries nie omdat die kabinet nog nie met die ministers daaroor onderhandel het nie.

So het Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, gereageer op die herrie wat losgebars het ná Zuma se voorstel Woensdag dat senior bestuurders in die private sektor én staatsdiens in die volgende 12 maande die gordel stywer trek.

Dit is deel van ’n maatskap­like en ekonomiese reddingspakket wat Zuma ná vergaderings met politieke leiers, die sakesektor en vakbondbewegings aangekondig het om ’n ekonomiese ramp, veral in die mynsektor, af te weer.

Maharaj het gesê die kabinet moet nog besluit of Zuma en die ministers dit moet doen.

Dit kom nadat Clem Sunter, toekomsstrateeg en ekonomiese scenariobeplanner, Donderdag gesê het Zuma moet die eerste een wees wat finansiële opofferings maak.

“Dis nie iets wat net opgedwing kan word nie. Daar moet eers onderhandel word,” het Maharaj gesê. “Sprake van kommentators dat die Inkomstediens R5 miljard sal verloor as uitvoerende hoofde in die sakesektor hul verhogings en bonusse bevries, wys net weer die ongelykheid omdat dié mense saam meer as R70 miljard per jaar verdien.”

Maharaj het gesê die regering verstaan die pakket gaan nie onmiddellik Suid-Afrika se probleme oplos nie, maar erken egter dat iets drasties gedoen moet word.

Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van die AHI, het in reaksie gesê die regering het “?’n groot skroef los wat betref sy ekonomiese denkwyse”.

“Suid-Afrika is ’n markgedrewe ekonomie. ’n Mens kan nie uitvoerende hoofde hul aansporingsbonusse óf verhogings ontneem nie omdat maatskappye wat presteer juis bydra tot ekonomiese groei.

“Dít beteken meer geld vir die staatskas om basiese dienste te kan lewer.”

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, het gesê Zuma en politici het nie ’n benul wat die werklike probleme in Suid-Afrika is nie óf hoe om die land in ’n krisistydperk te bestuur nie. Hy meen skaars vaardighede moet eerder met groot salarisse na Suid-Afrika teruggelok word.

“Staatsamptenare verdien gemiddeld tussen 35% en 45% meer as diegene in die private sektor. Dit is van die hoogste ter wêreld, maar die ironie is dat ons werkloosheidsyfer ook van die hoogste is.”

Alistair Smith, uitvoerende direkteur van Nedlac, het gesê Zuma se oproep vir drastiese stappe vir die ekonomie, moet verwelkom word. Oor die bevriesing van salarisverhogings en bonusse meen hy dit is meer ’n simboliese en vrywillige gebaar “omdat ons moet aanvaar dat Suid-Afrika ’n hoogs ongelyke samelewing is”.

Zuma het Vrydag by die presidensiële infrastruktuur-konferensie in Sandton teruggekap na kritici wat net op die finansiële opofferings van topverdieners fokus.

Volgens hom sluit die pakket ook infrastruktuurprojekte in, die verbetering van myngemeenskappe en maatreëls om die uitdagings van die ekonomie te pak.

Pravin Gordhan, minister van finansies, maak Donderdag meer besonderhede oor dié R4?triljoen-infrastruktuurprojek in sy me­diumtermyn-begrotingsrede bekend.

Zuma se versoek kom kort nadat pres. Joyce Banda van Malawi en pres. François Hollande van Frank­ryk ook vroeër vanjaar om ekonomiese redes hul salarisse met 30% gesny het.

Intussen lui ’n verslag wat die ekonoom Mike Schüssler vroeër vir die vakbond Uasa opgestel het dat hoewel salarisse van senior bestuurders in Suid-Afrika hoog is, is dit laer as dié in ontwikkelde lande, terwyl werkers met min of geen vaardighede hier oorbetaal word.

’n Vergelykende studie van die Internasionale Instituut vir Arbeidstudie wys ook dat topverdieners van Amerikaanse maatskappye gemiddeld agt keer meer as hul Suid-Afrikaanse eweknieë verdien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Maka Drama sê... Die gemiddelde huis in Toronto kos R5 miljoen (halfmiljoen Kanadese dollars). Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-21°C More sun than clouds. Mild. Pta: 6-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-13°C Sunny. Cool. Bfn: -1-16°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 10-22°C Sunny. Cool. PE: 10-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Lagoon Beach Hotel - Milnerton

Spend 3 nights and pay for 2 nights per person sharing for R2 863 at the Lagoon Beach Hotel - Milnerton. The special includes accommodation, return flights, car rental and local travel insurance.


Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U

Moenie hierdie ongelooflike aanbod mis van tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U. Aanbod geldig vir solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Superslim, fantastiese kombuisware + ’n GRATIS kookboek!

Spandeer R200 of meer op Progressive-kombuisware en kry ’n GRATIS kopie van Masterchef South Africa se kookboek. Koop nou!

DVD’s van Top Gear – 2 vir R99

Kry 2 DVD’s van Top Gear vir R99 en versnel die toekoms in (of gaan terug in tyd) van die opwindende motorwêreld. Koop nou!

Tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com

Kry tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com. Buitelewe-produkte, gereedskap, bagasie, DVD’s en nog meer. Koop nou!

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.