Zuma het ‘unieke behoeftes’

2012-10-07 00:17

Thulas Nxesi, minister van openbare werke

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Pres. Jacob Zuma het weens sy landelike agtergrond en kultuur unieke veiligheidsbehoeftes en die staat moet daaraan voldoen, of Suid-Afrikaners nou daarvan hou of nie.

Voorts is die volle omvang van die peperduur verbeterings aan Zuma se Nkandla-tuiste in Zoeloeland ’n staatsgeheim.

Thulas Nxesi, minister van openbare werke, het Vrydag gesê die Grondwet waarborg kulturele diversiteit en Zuma se kultuur en groot gesin moet gerespekteer word. “Die president kom van ’n landelike gebied met ’n unieke omgewing en klimaat.

“Of julle sy familie aanvaar of nie, hulle woon daar (Nkandla) en ons moet hulle beskerm. Daar is groot verskille tussen ’n wit stedelike familie en ’n landelike swart familie,” het Nxesi gesê toe hy gepeper is met vrae oor hoe staatsbesteding van meer as R200 miljoen aan Zuma se private Nkan­dla-tuiste geregverdig kan word.

Volgens Nxesi is soortgelyke veiligheidsverbeterings aan oudpress. Nelson Mandela en FW de Klerk se wonings aangebring gedurende hul ampstermyne.

“Dieselfde is gedoen by die plekke waar hulle verkies het om te woon. Die bedrae en skaal sal verskil, want die omstandighede (van waar hul wonings geleë was) verskil.”

Nxesi voer aan die R203 miljoen wat genoem word in dokumente wat aan City Press, susterkoerant van Rapport, uitgelek is, is “verkeerd” en “onbevestig”.

Hy wou nie die regte bedrag gee nie, want die openbaarmaking van besonderhede van die verbeterings en koste sal Zuma se veiligheid bedreig. “Niemand sal ooit weet hoeveel aan die huidige president, of vorige presidente, bestee word nie. Dis geklassifiseerde inligting.”

Nxesi het vrae oor hoeveel dae Zuma by Nkandla deurbring en of dít die kostes regverdig, as “onregverdig” afgemaak.

Hy het gewaarsku die amptenaar wat die dokumente uitgelek het, sal uitgesnuffel word. “Ek kan nie sulke mense in my departement duld nie.”

* Anchen Dreyer, DA-LP en woordvoerder oor openbare werke, sê sy gaan alle moontlike meganismes in die parlement inspan om by die volle waarheid van die Nkandla-verbeterings uit te kom.

“Suid-Afrika het skole, hospitale en huise nodig, nie paleise vir sy presidente nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.