Zuma skuldig bevind aan pligsversuim

2010-04-25 00:15

jjoubert@rapport.co.za

Pres. Jacob Zuma is skuldig aan pligsversuim deur die oortreding van die etiese gedragskode van die kabinet, het die openbare beskermer bevind.

Die openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, kan hom egter nie straf nie, want daar is geen straf voorgeskryf nie.

Sy stel voor dat die parlement die kode dringend herskryf sodat strawwe voortaan aan oortreders opgelê kan word.

Rapport kan vandag eksklusief onthul dat Zuma art. 5 van die kode oortree het deurdat hy nie sy finansiële belange, bates en laste verklaar het binne 60 dae nadat hy staatshoof geword het nie.

Hy het dit eers op 10 Maart vanjaar gedoen, enkele dae nadat mnr. Athol Trollip, parlementêre leier van die DA, die klag by die openbare beskermer ingedien het.

Madonsela het in ’n verslag wat Woensdag aan die presidensie en die DA verskaf is, bevind Zuma is wel skuldig daaraan dat hy die etiese kode verbreek het.

Sy bevind voorts daar is ’n “sistemiese patroon van nie-voldoening aan die tydlyne en vereistes van die kode deur verskeie lede van die kabinet” waaraan die kabinet dringend aandag moet gee.

Madonsela beveel onder meer aan dat:
* Die kabinet formeel kennis neem van die bevindinge in die verslag oor Zuma se gedrag, asook van Zuma se verskonings oor hoekom sy voldoening aan die kode vertraag is en formeel daaroor aan die parlement verslag doen;

* Die parlement strafmaatreëls moet aanvaar om van Junie vanjaar te geld vir alle parlementslede wat tersaaklike gedragskodes nie nakom nie;

* Die parlement dit oorweeg om die Wet op die Etiese Kode van die Kabinet te wysig om alle onsekerhede of teenstrydighede uit te skakel, spesifiek aan wie die president geskenke ter waarde van meer as R1 000 moet verklaar en of daardie persoon of instansie enige toestemming vir die aanvaarding van sulke geskenke moet gee;

* Die kabinet die verslag van die openbare beskermer moet bespreek, besluit of enige stappe nodig is, en dan aan die parlement moet voorlê; en

* Die parlement die openbare beskermer teen 1 Julie moet laat weet watter strawwe vir oortreders voorgestel word.

Madonsela sal die volgende ses maande monitor hoe die bevindings uitgevoer word, want vorige aanbevelings oor die versterking van die kode deur haar voorgangers is nie uitgevoer nie.

Mnr. Vincent Magwenya, presidensiële woordvoerder, het gister gesê ­Zuma het die bevindings nog nie gesien nie, maar sal dit aanvaar en daaruit leer uit respek vir die grondwetlike instelling van die openbare beskermer.

Trollip het die bevindings verwelkom, hoewel hy glad nie meen die enkele belange wat Zuma op 10 Maart verklaar het, is genoegsaam nie.

“Dit is verdere bewys dat hierdie ’n president is wat meer toesig en noukeurige aandag nodig het as sy voorgangers.

“Sowat ’n derde van die kabinet het ook nog nie hul belange verklaar nie. Dit beteken strenger parlementêre toesig is noodsaaklik, onder meer deur die skep van ’n veelparty-portefeuljekomitee wat die presidensie aanspreeklik kan hou.” 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.