Zuma wen

2012-12-01 23:58

pres. Jacob Zuma

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Pres. Jacob Zuma sal in Mangaung vir ’n tweede termyn herkies word as ANC-leier. 

Die benoemingsproses, wat gister sy hoogtepunt bereik het, wys Zuma is reeds verseker van meer stemme as wat hy gaan nodig hê by die regerende party se leiersberaad wat vandag oor twee weke in die Vrystaatse hoofstad begin. 

Zuma het sover die steun van 2 259 ANC-afgevaardigdes, ’n raps meer as die 2 250 wat hy nodig het om ’n tweede termyn as partyleier te verseker. 

Hierteenoor het adj.pres. Kgalema Motlanthe slegs 482 benoemings vir president. 

Drie provinsies waar die benoemingsproses ineengestort het, sal saam 986 afgevaardigdes na Mangaung stuur en kan nie juis die uitslag swaai nie. 

Zuma se voorlopige steunsyfer sluit nie die afgevaardigdes in van die ANC-vroueliga en die veteraneliga nie. 

Albei steun hom, maar Rapport het hul stemme uitgesluit, aangesien hul finale uitslae nog beslis word. 

Elk van die ANC se drie ligas stuur 45 lede na Mangaung. 

Provinsiale uitvoerende leiers het 180 stemme. 

Dit lyk of Motlanthe se doppie geklink is. Die 156 benoemings wat hy gekry het as adjunkpresident word verdwerg deur die 1 851 benoemings in dieselfde posisie vir die sakeman Cyril Ramaphosa, wat eers betreklik onlangs tot die leierstryd toegetree het. 

In Gauteng, waar Motlanthe as president benoem is, begin ondersteuners ’n nederlaag aanvaar. 

“Ons weet Kgalema gaan verloor, maar hy ding mee om ’n punt te maak,” sê ’n sleutelfiguur in Motlanthe se veldtog in Gauteng. 

Zuma se vroeë oorwinning is bittersoet. 

Drie provinsiale benoemingsprosesse het ineengestort te midde van geweld en daar was ’n sluipmoordaanval op ’n provinsiale sekretaris. Benoemings in Limpopo en Noordwes was teen gisteraand nog uitstaande en in die Wes-Kaap is dit vroegaand eers hervat. 

Die ANC se spertyd vir benoemings het om middernag gister verstryk. Hierdie provinsies verteenwoordig minder as ’n kwart van die afgevaardigdes wat in Mangaung byeenkom. 

In Limpopo is strydende faksies Vrydag met traangas en vuurwapens uitmekaargejaag. 

In Noordwes het gewapende mans Vrydagoggend op Kabelo Mataboge, die provinsiale sekretaris, voor sy huis in Mahikeng losgebrand. 

Die Oos-Kaap, Motlanthe se laaste hoop op ’n Mangaung-oorwinning, het Zuma gekies. 

Motlanthe se ondersteuners in Mpumalanga en die Oos-Kaap beplan om beswaar aan te teken teen die uitslae. 

’n Nasionale uitvoerende komiteevergadering is vir môre vasgestel om klagtes aan te hoor. 

“Die uitslag (hiervan) is ’n groot probleem,” het ’n Motlanthe-ondersteuner gesê. 

Motlanthe het Vrydag teen kiesbedrog voor Mangaung gemaan toe hy buitelandse korrespondente toegespreek het: “Ons is goed bewus van prosesse wat bedrieglik is en dit vertroebel die eindproduk.” 

Hy het gesê hy “wroeg” nog daaroor of hy ’n benoeming moet aanvaar. Kanniedood- Motlanthe-ondersteuners sê hy sal meer steun in Mangaung hê, want dit is daar makliker om stemme weg te steek wat afwyk van wat op tak-vlak besluit is. 
– Bykomende beriggewing: Suné Kitshoff, ­Sabelo Ndlangisa en Sipho ­Masondo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
52 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Dries Peschel sê... JY SUKKEL MET JOU TAAL. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.