Zwelakhe Sisulu sterf op 61

2012-10-05 12:06

Zwelakhe Sisulu (61), seun van Walter en Albertina Sisulu, is gister oorlede.

Volgens Mathata Tsedu, sy vriend en eertydse kollega, was hy sieklik en het hy diabetes gehad.

“Ek was geskok toe ek van sy dood gehoor het. Ek het geweet hy was sieklik, maar nie dat hy só sieklik was nie,” het Tsedu, projekbestuurder van die persvryheidskommissie en oudredakteur van City Press, gister gesê.

Pres. Jacob Zuma het gistermiddag sy skok en hartseer oor Sisulu se dood uitgespreek.

Hy het sy meegevoel met die gesin oor die afsterwe van dié vryheidsvegter, joernalis en sakeman in ’n verklaring uitgespreek.

As redakteur van die New Nation is Sisulu verskeie kere in die 1970’s en 1980’s aangehou toe hy teen apartheid uitgevaar het.

Hy en sy ma is by tye in dieselfde huis in huisarres gehou en kon nie met mekaar praat sonder om die wet te oortree nie, het Tsedu vertel.

Sisulu was ook redakteur van die Sunday Post, wat ’n “Laat Mandela vry”-veldtog begin. Hy en die koerant is verskeie kere onderskeidelik ingeperk en verbied.

Luidens ’n verklaring deur die vakverbond Cosatu het Sisulu in 1980 ’n vonnis van nege maande tronkstraf uitgedien omdat hy geweier het om teen ’n verslaggewer van die Sunday Post te getuig.

Sisulu was die president van die Mediawerkersvereniging van Suid-Afrika en het gedien as groephoof van die SAUK met die omskakeling van die organisasie as spreekbuis van die vorige regering na openbare uitsaaier.

Nadat hy die joernalistiek verlaat het, het Sisulu as bedrewe sakeman naam gemaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Linda Barnard sê... Ai dis hoekom ek al 15 jaar terug opgehou het om Rrapport te koop. Glo ook ek sal nie meer moeite doen om dit op die internet te lees nie. Julle is erger as Die Son.. Wie wil nou van so opgeryde kommin tert se seks eskapades lees??? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 8-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 11-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.