kykNET maak stilletjies planne vir nóg kanale

2012-08-18 23:49

As jy Afrikaans is, hoef jy nou nie net kykNET te kyk nie.

MultiChoice se enigste Afrikaanse kanaal maak stilletjies planne vir nóg kanale in die taal. Die inhoud, getal kanale en begindatum is egter nog ’n groot geheim.

Nico Nel, kykNET-woordvoerder, het bevestig hulle het planne om nuwe Afrikaanse kanale by te kry. “Maar in hierdie stadium is dit nog net dít: planne.”

Dinge moet nog gefinaliseer word, het hy by navraag gesê.

Rapport verneem daar word al met vervaardigers gepraat oor inhoud. Daar is sprake in kyk­NET se gange dat een van die kanale dalk ’n 24-uur-musiekkanaal is en ook dat daar planne is om die beoogde Afrikaanse kykstof aan te bied op goedkoper DStv-pakkette.

Die koms van nog Afrikaans sal na verwagting die satellietdiens DStv sterk in sy mededinging met SABC2, wat steeds die tuiste is van gewilde Afrikaanse programme soos Noot vir noot, 7de Laan, Fokus en die Afrikaanse nuus. ’n Geraamde 2,3 miljoen mense kyk 7de Laan.

Johan Stemmet se Noot vir noot word volgens die maatskappy TVSA deur 2,1 miljoen mense gekyk en sowat 1,8 miljoen mense kyk graag na Riaan Cruywagen se nuus.

Die enigste ander rolspeler in die Afrikaanse mark is TopTV, wat in Mei 2010 die Afrikaanse kanaal ASTV bekendgestel het.

Rapport verneem egter ASTV sukkel met kykertalle.

Nel wou nie kykNET se kykertalle bekend maak nie, maar het gesê die sepies Villa Rosa en Binneland is die kanaal se gewildste programme. “eNuus en Getroud met rugby neem so nou en dan die voortou.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Suzette Vosloo Lambrechts sê... O genade hoeveel het sy op haar kerfstok, met daardie paar 'dairies sal hy beslis nou nog 'happy' wees, maar vir hoe lank sy borsvoed hom seker nog elke aand, totdat hy moeg raak vir daardie tiete, want hoeveel ander manne het al daarmee gespeel? Nee, siesa man jy kan beslis beter doen, sy's oud en al voos gery. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PR Eng Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R850000 - R900000

PR Eng Civil

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R600000 - R800000

Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R450000 - R550000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.