‘Waarom is dwelms onwettig en kos nie?'

2011-02-05 22:58

Prof. J.P. van Niekerk, akademikus en die SA Mediese Joernaal ( SAMJ ) se besturende redakteur, sê dwelms moet gewettig word.

Dié voormalige dekaan van gesondheidswetenskap aan die Universiteit van Kaapstad glo dat om dwelmverslaafdes misdadigers te maak op sigself misdadig is.

Van Niekerk (74) meen die sogenaamde oorlog teen dwelms stoot net die pryse op en maak dwelmbase al hoe ryker.

In die nuutste SAMJ skryf hy die oorlog teen dwelms het nie geslaag nie.

Hy verwys na die voormalige polisie- en Interpol-hoof Jackie Selebi en skryf onwettige dwelms lei tot politieke en polisiekorrupsie.

“Selebi is skuldig bevind aan korrupsie en gevonnis omdat hy omkoopgeld van ’n dwelmbaas (Glenn Agliotti) ontvang het,” skryf hy.

Die Verenigde Nasies se kantoor oor dwelms en misdaad se wêreldverslag vir 2010 noem Suid-Afrika ook as van die grootste internasionale spelers in die invoer en uitvoer van dwelms.

Volgens die regering se nasionale dwelmmeesterplan van 2006-2011 het Suid-Afrika ongeveer 250 000 dwelmgebruikers wat die ekonomie meer as R10?miljard per jaar kos. Nagenoeg 9 000 dwelmgebruikers is in 2006 by 73 rehabilitasiesentrums behandel.

- In 2008 was 3% van die dwelmsmokkelaars in Pakistan Suid-Afrikaners, skryf die Wêreld- doeane-organisasie.
- Tussen 2007 en 2008 was 9% van heroïen waarop in Pakistan beslag gelê is, op pad na Suid-Afrika.
- In 2007 het 15% van die dwelms in Japan van Suid-Afrika gekom.
- In Suid-Afrika word hoofsaaklik metamfetamien (tik) vervaardig.
- In 2009 was tikverslawing die algemeenste dwelm waarvoor pa­siënte in die Kaap behandel is.
- Suid-Afrika het die hoogste persentasie kokaïengebruikers op die vasteland.

Van Niekerk het aan City Press, susterkoerant van Rapport, gesê hy vind die visie van die regering vir ’n dwelmvrye samelewing “onmoontlik”.

Hy het gesê mense wat oorgewig is, is ’n groot probleem, maar kos word nie gekriminaliseer nie.

Van Niekerk glo die geld wat in die oorlog teen dwelms “gemors” word, kan eerder gebruik word om die bedryf te reguleer, om gebruikers behoorlik in te lig en om verslaafdes te behandel.

Die Suid-Afrikaanse Raad insake Alkoholisme en Dwelmafhanklikheid (Sanca) sê om dwelms te wettig sal nie die misdaadsyfer verlaag nie.

“Net 10% van diegene wat alkohol drink, het probleme.

Maar 75% van dwelmgebruikers raak verslaaf,” sê Sanca se me. Shamim Garda.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-25°C Sunny. Mild. Pta: 5-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!