Leë beloftes oor betaling

2012-11-17 23:53



Karen en Jack Hewitt, eienaars van Kenjara Lodge in Muldersdrift, sukkel sedert 11 Julie om die R36 683 te kry wat African Musicians Against HIV/Aids (Amaha) hulle skuld vir ’n sesdaagse spanbousessie saam met die SAUK, hul mediaborg.

Hier is hul storie: In Junie is Kenjara deur die SAUK gevra vir ’n kwotasie vir ’n bosberaad, volle verblyf, drie etes per dag en wildritte ingesluit. Karen Hewitt het ’n spesiale prys vir die groep uitgewerk en die kwotasie is aanvaar. Toe sy ’n 50%-deposito vra, laat weet die finansiële direkteur die beleid is om finale fakture twee weke ná vertrek te betaal om bedrog te voorkom.

Gerusgestel deur omvattende dokumente en ondernemings van die SAUK en Amaha, het Hewitt haar toe nou nie uitermate oor die saak bekommer nie.

Dié klein kwelpunt was egter die oortjies van die seekoei.

Op dag een van die spanbouweek laat weet die groep hulle moet asseblief by die SAUK opgelaai word, want hulle het nie vervoer nie, en die koste moet by die ekstras ingewerk word. En Hewitt moet ook asseblief reël dat daar elke aand ’n bottel Johnny Walker Black Label gereed staan – teen kosprys. Hewitt het hierteen geskop en daar is uiteindelik ooreengekom op R650 per bottel. Dié bedrag moes egter onder die “ekstras” verdoesel word, want die gaste “wou net ontspan en hulself geniet”, maar kon nie self daarvoor betaal nie.

’n Paar dae later het hulle haar gevra vir brandstofgeld sodat hulle Pretoria toe kon ry vir ’n vergadering met ’n minister en op dag ses is nog R400 gevra vir vervoer huis toe, want hulle mag – weer eens weens bedrog – nie meer petrolgeld eis nie. Dit sou glo makliker wees as Hewitt vir hulle kontant gee en dan eis hulle teen haar faktuur terug.

Op 11 Julie het sy die finale faktuur uitgewerk en vir ses weke is sy van bakboord na stuurboord gestuur.

Op 6 September het sy kontak gemaak met my en George Mazarakis, uitvoerende vervaardiger van die aktualiteitsprogram Carte Blanche. Toe skielik kry sy ’n oproep van ’n finansiële bestuurder wat vra dat sy asseblief nie media toe gaan nie – die betaling sal op 29 September gedoen word.

Dit is nie gedoen nie, en op 2 Oktober het ek ingegryp met ’n oproep na Mike Mavundla, Amaha se bestuurshoof. Mavundla het verduidelik hy is besig met ’n ander oproep, maar ek moet hom asseblief oor vyf minute weer bel. In dié vyf minute het hy Hewitt gebel en belowe dat die geld dieselfde dag nog betaal sou word. ’n Halfuur later het hy haar egter per e-pos laat weet dat hy bereid is om by ’n polisiekantoor ’n beëdigde verklaring af te lê dat die geld op 29 Oktober betaal sou word.

Hoewel daar gestipuleer is dat betalings via elektroniese oordrag plaasvind, is die Hewitts aangesê om op 29 Oktober ’n tjek te gaan afhaal. Wat hulle gekry het, was twee tjeks – vooruitgedateer vir onderskeidelik 17 en 30 November. Hewitt het onmiddellik vir Mavundla gebel. Mavundla het haar deurgeskakel na die finan­siële afdeling, waar ’n senior werknemer vir haar gesê het die uitreiking van die tjek(s) was vir 5 November geskeduleer.

Daarna het Mavundla beweer Kenjara Lodge se faktuur was eintlik verkeerd – Amaha se registrasienommer en straatadres moet daarop verskyn. Hewitt het die nodige veranderinge aangebring en die hersiene faktuur vir Mavundla gestuur. Toe sy steeds met ’n dawerende stilte begroet is, het sy tot regsaksie oorgegaan.

Op Maandag 12 November het Sven Pillay Attorneys namens Kenjara Lodge ’n dagvaarding aan Amaha beteken ingevolge waarvan die volle bedrag binne tien dae vereffen moet word.

Toe ek Woensdag ’n e-pos aan Mavundla stuur, kry ek ’n e-pos van hul finansiële hoof, ’n mnr. K. Bareng, wat gerig is aan Za­nele Sibiya van Sven Pillay Attorneys. Dit lui onder meer: “Hierdie brief bevestig dat Amaha daartoe verbind is om die uitstaande bedrag aan Kenjara Lodge­ te betaal.” Bareng sluit die brief af met “Yours in social re­sponsibility”.

Vasvat hou die vordering met dié saak dop.




Amper klap vuiste

Absa

Theuns du Plooy het by Vasvat kom aanklop nadat Absa sy ­eiendom op ’n veiling verkoop het. Hy beweer dokumente wat in ’n pakhuisbrand vernietig is, sou bewys het dat dié optrede onregmatig was.
Absa het laat weet dat alle stappe in ’n lang en korrekte proses gevolg is en dat Du Plooy die nodige geskrewe ­dokumente ontvang het.

Hulle kon nie afskrifte van die dokumente aan my as ’n derde party gee nie en Du Plooy beweer hy het nie die dokumente nie. Ek het vir hom die skakel na die bankombudsman se webwerf gestuur.

GWM, Lydenburg


Estian Steyn se Steed 5-bakkie staan al twee weke by GWM in Lydenburg.

Dag ná dag het hy navraag gedoen oor die aflewering van die onderdele wat nodig is vir die herstelwerk, en telkens het hy swak diens en/of power verskonings gekry.

Woensdag het hy ten einde raad na die werkwinkel toe gegaan.

Wat begin het as ’n woordewisseling met ’n senior personeellid het egter lelik skeefgeloop toe laasgenoemde hom te lyf probeer gaan en boonop dreig: “Jy weet nie wie ek is en waartoe ek in staat is nie.”

Om alles te kroon, laat weet Steyn, het die administrasie­bestuurder mense wat hulle uitmekaar wou hou, aangehits om hulle te los sodat haar ­kollega hom behoorlik kon ­bydam.

Steyn het die voorval Donderdagmiddag per e-pos by Leon­ Ellis, GWM se kliëntesorgbestuurder, aangemeld, maar hy het nog geen reaksie gekry nie.

MTN

Swak seinontvangs van MTN-intekenare is die afgelope paar maande gereeld in die nuus.

Ek sit steeds met e-posse van ’n klompie gefrustreerde lesers wat onbehoorlik lank wag vir die installasie van versterkers. Teen dié agtergrond het ek in die afgelope week vir MTN gevra watter stappe gedoen word om die probleem op te los.

Die hoofpunte in die e-pos wat ek van Kanagaratnam Lambotharan, tegnologiehoof, ontvang het, is:

* MTN se 2G-netwerk­dekking is onlangs uitgebrei na 98,6% van Suid-Afrika. Sy Edge­- en 3G-netwerk dek onderskeidelik 92% en 65% van die land.
* R5 miljard word vanjaar bestee om 204 nuwe 2G- en 696 nuwe 3G-liggings te skep.
* Terselfdertyd word meer as 1 000 3G-grondvlakstasies ontwikkel.
* R6 miljard word begroot vir verdere infrastruktuur­ontwikkeling volgende jaar.

Reslinck

Ná vele verbreekte beloftes en etlike berigte in Verbruikersvasvat het Reslinck Wilma Strauss nog nie die R5 400 betaal wat hy haar al maande skuld nie. Toe Strauss Dinsdag Lance Talberg, besturende ­direkteur, bel en hom daarop wys, beweer hy hy was nie daarvan bewus nie.

Donderdag laat weet sy: “Reslinck se webwerf werk skielik nie meer nie. Ek het toe gebel om weer met Lance te praat (om hom) ’n laaste kans te gee. (Soos gewoonlik) was hy nie beskikbaar nie.”

Sy het vir die persoon wat die foon geantwoord het, gevra wat Reslinck se straatadres is. Die adres wat hy vir haar gegee het, bestaan volgens Google Maps nie.

Root-X


Aadila Morris was ongelukkig met die manier waarop Dirk Pienaar, uitvoerende hoof van die veilingsmaatskappy Root-X, die verkoop van haar en haar gewese man se eiendom ge­hanteer het.

Pienaar het dokumente verskaf wat daarop dui dat Root-X die korrekte prosedure gevolg en moeite gedoen het om die betrokke transaksie onder ­buitengewone omstandighede glad te laat verloop.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-22°C Sunny. Mild. Pta: 4-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-15°C Sunny. Cool. Bfn: 0-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-26°C Sunny. Mild. PE: 9-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!