Vasvat: ADT tjoepstil oor klagtes

2012-12-02 00:26



ADT tjoepstil oor klagtes


Africian Musicians Against HIV/Aids
Op 13 November het Kenjara Lodge, ’n gastehuis in Muldersdrift, African Musicians against HIV/Aids (Amaha) gedagvaar vir R36?683 wat hy die gastehuis sedert Julie vir ’n sesdaagse spanbouweek saam met sy mediaborg, die SAUK, skuld.
My navraag by Mike Mavundla, Amaha se uitvoerende hoof, het ’n vlaag niksseggende e-posse na Kenjara se prokureurs, Ivan Pillay Attorneys, ontketen. Twee weke later het nóg betaling nóg enige verdere verduideliking of kommunikasie van Amaha gematerialiseer.

ADT

Johannes de Villiers het twee weke gelede sy verligting uitgespreek dat hy dit reggekry het om sy kontrak met ADT te kanselleer. In die boodskap wat hy aan die sekuriteitsmaatskappy se kliëntesorgafdeling gestuur en op ADT se Facebook-blad geplaas het, noem hy sy frustrasies, wat die spektrum dek van onbeholpe en onbelangstellende inbelsentrum-agente tot tegniese spanne wat herhaaldelik nie vir afsprake opdaag nie. ’n Week gelede het hy nog geen reaksie gekry nie en ADT het boonop sy Facebook-blad gesluit.
Verlede Vrydag het Sharon Bezuidenhout, die bemarkingsbestuurder, se persoonlike assistent onderneem om werk van die saak te maak. Woensdag het ek opgevolg, waarop sy verskoning gevra het vir die gebrek aan terugvoering.
Ek het spesifiek gevra vir reaksie teen Donderdag 10:00, maar Vrydagoggend is nog geen bestuursreaksie ontvang nie.

Cell C

Karin Fourie, kommunikasiebestuurder, en haar span het die afgelope week ’n verskeidenheid klagtes opgelos:
* Rassie Smit het gesukkel met bykomende betalings nadat hy sy kontrak gekanselleer het. Die saak is reggestel en hy verwag ’n terugbetaling.
* Liesl Molter was ontstoke oor die swak diens nadat haar selfoon gesteel is en sy moes wag dat haar simkaart geruil word. Die probleem is opgelos 24 uur nadat ek haar klagte aangestuur het.
* Rina Meyer het gesukkel om haar foon weer te laat aanskakel ná ’n agterstallige betaling. Fourie het die probleem reggestel.

MTN
Die volgende probleme word bekyk:
* Natalie Koen kon nie verstaan hoekom teksboodskappe uit Australië nie by haar uitkom nie. Willem Loots van die kliëntesorgafdeling is in beheer van die saak, wat klaarblyklik ingewikkeld en tydrowend is. Hy het laat weet dat Optus, MTN se operateur in Australië, steeds aan die probleem aandag gee, maar kan nog nie sê wanneer dit opgelos sal wees nie. Hy doen moeite om Koen op hoogte te hou en dit verdien ’n klop op die skouer.
V?Dries Potgieter se frustrasie met die bewoording van sy kontrak, spesifiek met betrekking tot die hernuwing daarvan, was skynbaar onoorkomelik. Lesers kan op www.ombudsman. co.za op die opskrif “Beware of misleading advertising on cellular phone contracts” klik om uit te vind wat hul regte is.

Kla hier


Elke nou en dan kom ’n klagte aan wat die rondes gedoen het: van inbelsentrum en diensbestuurder tot die topbestuur en uiteindelik die bedryf se ombudsman, wat die eis dan afkeur.
Vasvat probeer ondernemings oorreed om sake op grond van meriete in heroënskou te neem, maar ons is nie by magte om ’n ombudsman se “nee” in ’n “ja” te verander nie. ’n Ombudsman se beslissing is immers gelykstaande met die uitspraak van ’n regter.
As jou probleem bedryfspesifieke kennis en vernuf verg, is ’n ombudsman en sy span waarskynlik die ware jakob.
As jy regsadvies nodig het en dit nie kan bekostig nie, Google gerus “free legal advice”.
Hier is ’n paar ombudskantore wat gereed is om Jan en alleman te help met navrae of klagtes:

* Aanlyn
www.onlineombud.com
E-pos: info@onlineombud.com
Faksno.: 086 614 5231

* Finansiële dienste

www.faisombud.co.za
E-pos: info@faisombud.co.za
0860 FAISOM (0860 32 4766)
Faksno.: 012 348 3447

* Krediet
www.creditombud.org.za
E-pos: ombud@creditombud.org.za
0861 OMBUDS (0861 66 2837)
Faksno.: 086 683 4644

* Motorbedryf
www.miosa.co.za
E-pos: mi.ombudsman@netactive. co.za
012 841 2945
Faksno.: 012 841 2860/2842
Klagtes: 021 939 9440

* Bankdienste
www.obssa.co.za
E-pos: info@obssa.co.za
011 838 0035/0038/0039
Sharecall: 086 080 0900
Faksno.: 011 838 0043
0860 OMBUDS (0860 66 2837)

* Korttermynversekering
www.osti.co.za
E-pos: info@osti.co.za
011 726 8900
Faksno.: 011 726 5501
Tolvry: 086 072 6890

* Langtermynversekering

www.ombud.co.za
E-pos: info@ombud.co.za
021 657 5000
Faksno.: 021 674 0951

* Raad op Mediese Skemas
www.medicalschemes.com
E-pos (navrae): support@medicalschemes.com
E-pos (klagtes): complaints@medicalschemes.com
012 431 0500
Faksno. (navrae): 012 430 7644
Faksno. (klagtes): 012 431 0608

Ombudsman vir Johannesburgse Munisipaliteit
Uiteindelik ‘n lig aan die einde van die tonnel wat nie nog ‘n brandende rekeningkwessie is nie… Uitvoerende burgemeester Mpho Parks Tau het aangekondig dat Johannesburgers eersdaags hul munisipale probleme met ‘n ombudsman kan opneem.   Die aanstelling sal deel vorm van ‘n publieke-deelname proses met die oog op die bekendmaking van die verkose kandidaat 2013.  Die stap is verwelkom deur openbare beskermer, advokaat Thuli Madonsela.  Mmmm, ons hou die vordering met belangstelling dop.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 11-17°C High level clouds. Cool. Pta: 7-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.