1 swaeltjie in SA se somer

2012-12-22 23:58

Pres. Jacob Zuma wens Cyril Ramaphosa geluk met sy aanwysing as adjunkleier van die ANC by die konferensie in Mangaung. | Foto: Felix Dlangamandla

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Talle beskou Cyril Rama­phosa en die nasionale ontwikkelingsplan (NOP) as die hoogtepunte van die ANC se nasionale konferensie in Mangaung.

Selfs mense wat vóór die ANC se leiersverkiesing al hul energie daarop toegespits het om pres. Jacob Zuma as partyleier te ontsetel, het uit die staanspoor gesê as Rama­phosa inkom, het hulle nog hoop.

Hulle is mét hom, of hy nou in die Zuma-faksie is of nié.

Die kontras tussen Zuma en Ramaphosa, nuutverkose adjunkleier van die ANC, was Donderdagaand in die reuse-markiestent waar die topleiers die afgevaardigdes vir oulaas toegespreek het, opvallend.

Ramaphosa het die deklarasie voorgelees en Zuma het gesing, weliswaar nadat hy sy slotrede gelewer het, maar dis die sang wat mens sal bybly.

’n Regeringsamptenaar het nadat Zuma die skare seker ’n kwartier lank vurig in sang gelei het, opgemerk: “As hy maar net so goed kon regeer as wat hy sing.”

Die miljardêr-sakeman gee die ANC se nuwe leierskorps eindelik ’n mate van waardigheid en intellektuele gravitas.

Selfs ’n senior ANC-lid wat pro-Zuma is, het ná Ramaphosa se verkiesing erken: “Cyril bring vir die ANC wat Zuma nie het nie: die intellektuele ­edge en bestuursvernuf.”

Daar is dus die versugting van die einste mense wat ’n aandeel het aan Zuma se herkiesing dat Ramaphosa aanvanklik agter die skerms en later as adjunkpresident sterk leiding sal moet gee om die ANC-regering te laat wérk.

Om dinge ook ’n keer gedóén te kry en nie net te praat nie.

Wat die ANC-elite daar neffens die markiestent nie hard-op wou toegee nie, het voetsoolvlak-ANC-ondersteuners voor die hoofingang van die Universiteit van die Vrystaat kwytgeraak. Ook húlle het feesgevier oor Ramaphosa se terugkeer, maar om gans ander redes.

“Cyril het darem sy eie geld,” het ’n taklid van Malalane in Mpumalanga dit prontuit gestel.

Hy was nie die enigste een wat na Zuma se Nkandla-skandes verwys het nie. Mens het daar die gevoel gekry talle ANC-lede sal Zuma vir nog ­sewe jaar as staatshoof verduur net omdat Ramaphosa sy opvolger is (sou alles volgens plan verloop). “Ons gaan ná Zuma ’n wonderlike president hê,” het ’n ondersteuner gejubel.

Ander Suid-Afrikaners is ook verlig. Daar is gemoedsrus in die wete dat Ramaphosa help skryf het aan die Grondwet en dat mens in hom ’n senior ANC-leier het wat dié fundamentele dokument sal respekteer.

In die sakewêreld eggo soortgelyke sentimente.

Sakelui wat ontbyte van die ANC se Progressiewe Sakeforum in Bloemfontein bygewoon het, het gewys op Ramaphosa se onderhandelingsvermoë. As die medestigter en voormalige hoofsekretaris van die National Union of Mineworkers – die land se grootste vakbond – het Ramaphosa bewese ervaring in die vakbondbedryf.

Oor sy sakevernuf is daar geen twyfel nie. “Hy praat ons taal,” het ’n bankier daar gesê.

Verskeie sakelui het laat val hulle was tydens Zuma se eerste termyn as ANC-leier erg gefrustreerd met die beleids­onsekerheid. Hul verwagting is dat die ANC met Ramaphosa geen “ultra-linkse” sprong gaan maak wat gevestigde sakebelange sal bedreig nie.

En dit het toe ook só gebeur. Stephen Koseff, uitvoerende hoof van Investec, se wekroep verlede Maandag dat die ANC Trevor Manuel se NOP in Mangaung moet aanvaar en die nasionaliseringspraatjies vir goed van die tafel vee, is gehoor.

Daar gaan weliswaar mynboubelasting en groter staatsbeheer in strategiese sektore van die ekonomie wees, maar die myne gaan nié genasionaliseer word nie.

En nou dat die NOP amptelik “die ANC se Bybel” is, moet alle regeringsdepartemente hul beleid daarop skoei. Die NOP, of “Visie 2030”, is ’n lywige dokument van 484 bladsye, opgestel deur van die beste breine in die land. Dit sê wat fout is; wat ons moet doen om armoede en werkloosheid en ongelykheid uit te wis en dit stel ambisieuse doelwitte.

Maar die NOP gaan eindelik niks meer as ’n mooi droom wees as dit nie weerklank vind in regeringsbeleid en toegepas word nie.

En dit is waar die knoop lê. Die ANC is briljant met planne, maar swak met toepassing.

Daar is ’n gebrek aan dringendheid en erns.

Ons sit met ’n onprofessionele staatsdiens wat nie die vermoë het om behoorlike dienste te lewer nie.

Daar is boonop ’n skrale hoop dat die dienslewering sal verbeter so lank die ANC by kaderontplooiing vassteek en korrupsie in eie geledere duld.

Daar word hoë verwagtinge van Ramaphosa gekoester.

Talle vestig hul hoop op hom: van die sakesektor tot die ANC en gewone Suid-Afrikaners wat vir ander partye stem.

Maar Ramaphosa kan nie alles vir almal wees nie. Hy gaan eindelik beperkte beweegruimte hê, want hy word deur ANC-besluite gebind. Zuma sal hom ook nie net laat begaan nie.

Een swaeltjie maak nie ’n somer nie, net so maak een man nie die ANC nie.

Pres. Jacob Zuma wens Cyril Ramaphosa geluk met sy aanwysing as adjunkleier van die ANC by die konferensie in Mangaung. | Foto: felix dlangamandla

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 10-18°C High level clouds. Mild. Pta: 2-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 7-22°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Good Morning, Mr Mandela van Zelda la Grange

Good Morning, Mr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe ’n jong vrou se lewe, oortuiginge, vooroordele en alles waarin sy eens geglo het verander is deur die grootste man van haar tyd. Nou R221. Plaas jou voorafbestelling nou!

Bespaar 25% op die gewildste 25 boeke!

Kry 25% afslag op die topverkoperboeke, wat insluit Low-Carb Living for Families, The Book Thief, How to Train Your Dragon en nog baie meer. Koop nou!

Tot 60% afslag met die opruimingsverkoping!

Bespaar tot 60% op toestelle, boeke, elektroniese ware, speelgoed, flieks en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe Afrikaanse uitreikings

Sien jy uit na die nuutse Afikaanse titels? ’n Vuurwarm verskeidenheid boeke is beskikbaar by kalahari.com. Bestel nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!