12 medaljes ’n droom

2012-07-29 11:41

* NUUSFLITS: Marizanne Kok berig uit Londen :

Dit is goud vir Cameron van der Burgh!

En dié 24-jarige swemmer van Pretoria bring ook Suid-Afrika se eerste medalje huis toe nadat hy gister net ná 21:00 die 100m vir mans by die Olimpiese Spele gewen het in ’n tyd van 58.46 sekondes.

Hy het ook die wêreldrekord van 58.58 verbeter.


** Nog een!

Chad le Clos het sy twee grootste drome Dinsdagaand bewaarheid toe hy Olimpiese goud in die 200 m-vlinderslag in ’n blitstyd van 1 minuut en 52.95 sekondes gewen het.

Met hierdie sege het hy ook sy held Michael Phelps geklop. -- Marizanne Kok in Londen



Alle sportoë is tans op die Olimpiese Spele gerig – die mededingendste sportarena wat die mensdom ken.

Suid-Afrikaners hou uiteraard duim vas vir ons eie deelnemers, veral in die lig van die SA Olimpiese Komitee se teiken van 12 medaljes.

Of dié teiken hoegenaamd realisties is, is debatteerbaar. Die realiteite van Olimpiese mededinging en die ongelooflike wedywering vir die drie top-plekke laat dit dalk ’n bietjie optimisties klink.






Sunette Viljoen:
Spiesgooi is onvoorspelbaar, maar Viljoen was tot dusver gereeld onder die beste ter wêreld. Haar beste gooi kan 'n medalje in Londen wen.



Burry Stander:
Dié bergfietsryer is iemand om mee rekening te hou. Hy is buitengewoon goed voorberei en het die vermoë en die selfvertroue.



Cameron van der Burgh:
Die enigste negatief is dat sy sterkste nommer, die 50 m-borsslag, nie 'n Olimpiese item is nie. Hy neem in die 100 m deel.


Amerika se Olimpiese Komitee het onlangs ’n insiggewende ontleding gepubliseer van die gemiddelde verskil tussen die wentyd en die tyd van die deelnemer wat vierde gekom het. Dertig jaar se Olimpiese rekords is nagegaan en daar is gevind in baannommers is die gemiddelde verskil tussen ’n goue medalje en ’n vierde plek slegs 0,5%.

Dink ’n bietjie hieroor na: In ’n 100 m-wedloop is 0,5% die ekwivalent van 0,05 sekonde. In ’n 800 m-wedloop is dit 0,72 sekonde.

Die verskil tussen ’n sportlegende en die anonimiteit van ’n deelnemer wat “slegs” vierde kon kom by ’n Olimpiese Spele is korter as ’n oogwink.

Vierde is vergete. Dít terwyl die kleinste van foutjies, een misstap of ’n splitsekonde se verlore konsentrasie die hele prentjie kon verander het. As ’n mens só oor die Olimpiese Spele begin dink, besef ons wat ’n enorme taak op die skouers van ons deelnemers rus.

As ons nie in ons voorbereiding op dié nano-sekondes fokus nie, begin ons die wedloop met ’n agterstand.

Die belangrike vraag is dus: Het ons genoeg gedoen om daardie voorsprong van ’n splitsekonde te kry?






LJ van Zyl:
Hy sou een van die gunstelinge gewees het in die 400 m-hekkies as dit nie vir 'n seisoen vol beserings was nie.



Caster Semenya:
Haar verlede dui daarop dat sy 'n medaljewenner in die 800m is, maar 2012 was tot dusver vol probleme.



Khotso Mokoena:
Olimpiese ondervinding, medaljes op die wêreldverhoog en die feit dat enigiets moontlik is in verspring, gee Mokoena 'n realistiese kans.



Richard Murray:
Dié driekampatleet is een van die beste hardlopers in die sport. As hy 'n taktiese goeie wedloop het, het hy 'n kans. 



Bridgette Hartley:
Dié Pretoriase kajakroeier vaar goed oor 500m, maar sal moet uithaal wanneer dit die nodigste is.



Roei:
Sowel die liggewig-vier mans en die vrouepaar is goed voorberei en kan die eindronde haal.



4x100m wisselslag:
Goeie diepte en 'n paar uitstekende individue beteken ons kan dalk net 'n medalje hier wen. 



4x400m-mansaflos:
Hulle het verlede jaar op die Wêreldbekerkampioenskap gewen, maar die Olimpiese kompetisie sal waarskynlik baie sterker wees. Hulle sal goed vaar om die eindronde te bereik.

In Beijing in 2008 het ons enkele silwermedalje ons tot die skokkende besef gebring dat ons ons deelnemers oorlog toe stuur sonder enige wapentoerusting – met ketties eerder as masjiengewere.

Ons ding mee teen deelnemers van lande wat staatmaak op professionele, heeltydse stelsels wat massiewe hoeveelhede geld belê in die soeke na daardie ontwykende 0,5%.

Ons kom te staan teen lande soos Kenia en Jamaika wat ongelooflike langafstand- en naellooptalent het en wat voordeel trek uit sterk skolestelsels, uitstekende afrigters en ’n kultuur van sukses.

Brittanje se roeispan het in die vier jaar vóór Beijing R315 miljoen uitgegee. Dit beteken één Britse sport het vyf keer meer aan voorbereiding bestee as die hele Suid-Afrikaanse span! (Wat net R59 miljoen gehad het.)

Ons weet geld belê in ’n formele, goed georganiseerde stelsel lei tot medaljes. Daarom moet ons verwagting van 12 medaljes getemper word deur dít wat ons belê het.

By die Olimpiese Spele kry jy waarvoor jy betaal.

Voor Beijing het die Olimpiese reuse soos Australië, Brittanje en Nederland meer as R1 miljard elk uitgegee. Dit beteken elkeen van hul medaljes het sowat R64 miljoen “gekos”. In vergelyking het ons dus heel goed gevaar met een silwermedalje met ’n begroting van R59 miljoen.

Die versoeking is dus groot om te sê meer geld sal al ons probleme oplos.

Die probleem is egter dat die netjiese verhouding tussen geld en medaljes nét werk as jy ’n formele en professionele sportstelsel het.

Ek vergelyk dit altyd met ’n supermark. As jy R100 het, weet jy jy kan sê 14 brode daarmee koop. Maar jy weet dit net omdat daar ’n formele stelsel is wat die prys van brood bepaal. As jy egter jou brood op die swartmark moes gaan koop het, het daardie sekerheid verdwyn.

Een dag kan jy 20 brode met R100 koop, ’n volgende dag sukkel jy om agt te kry.

Dis presies hoe sport in Suid-Afrika funksioneer. Soms is ons gelukkig om ongelooflike sportmanne en -vroue te ontdek soos Penny Heyns, Josia Thu­gwane of ons swemmers van 2004.

Ander tye is selfs die passie van ons beste deelnemers nie genoeg om daardie 0,5%-verskil te oorbrug nie – soos wat in Beijing gebeur het.

Die grondoorsaak bly ons onvermoë om doelgerig te belê in die administrasie van sport in ons land.

Ons s’n is steeds ’n vrywillige stelsel waar toegewyde (maar deeltydse) afrigters en bestuurders met beperkte hulpbronne moet klaarkom.

Hulle kom te staan teen mense van oor die wêreld heen wat die afgelope vier jaar net een ding geëet en geslaap het: Hoe kan hul deelnemers verder spring, vinniger fietsry, beter verdedig of sterker word?

Ons dring daarop aan dat net ons beste sportlui die groen-en-goud dra. Wat ons vergeet, is dat hul ondersteuningsnetwerk – die afrigters, bestuurders, medici en wetenskaplikes – óók van wêreldgehalte moet wees. Nie net moet hulle goed wees nie, dit moet ook hul heeltydse taak wees om maniere te bedink om die mededingers te klop.

In nie een van ons Olimpiese sportsoorte is dit al vermag nie. Ons bly ’n korttermyn-nasie wat in vierjaar-siklusse beplan met geen sekerheid of daar volgende jaar genoeg geld gaan wees om klaar te maak waarmee ons begin het nie. Met sulke beplanning gaan meer geld nie noodwendig meer medaljes beteken nie.

Wat ons nodig het, is ’n paradigma-skuif waar ons besef die ware deurbraak sal net kom as administrateurs, afrigters en deelnemers op één gemeenskaplike doel begin fokus.

Dr. Ross Tucker is ’n sport-fisioloog verbonde aan die Instituut vir Sportwetenskap in Kaapstad.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-21°C High level clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-17°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-24°C Morning clouds. Mild. PE: 10-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!