2de lewe van ’n dodo

2012-01-21 14:11

’n Klassieke 17de-eeuse uitbeelding van die dodo – plomp en met ’n dom uitdrukking op sy gesig. Nuwe navorsing wat in Suid-Afrika gedoen word, kan dié opvatting op sy kop keer.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 In 1598 het ’n groep Nederlandse seevaarders in die vloot van ene admiraal Jacob van Neck op die eiland Mauritius aangekom en in hul dagboeke en skeepsverslae geskryf dat hulle daar ’n voël ontdek het wat ’n bietjie soos ’n kruis tussen ’n duif en ’n pikkewyn lyk.

Die “walghvogels” (walgvoëls), soos daaropvolgende geslagte Nederlandse besoekers dié spesie genoem het, was ’n vaalbruin en, na wat berig word, plomp wese wat eiers op die grond gelê het omdat hulle nie kon vlieg nie.

Die naam walgvoël was toe te skryf aan sy besonder taai (en glo slegte) vleis, maar kort voor lank het die voël ook ’n tweede naam bygekry: die dodo.

Dodo’s het nie lank die Nederlanders se aankoms op Mauritius oorleef nie. Waar hulle voorheen rustig kon rondwaggel sonder natuurlike vyande, het die varke, honde en rotte wat met Nederlandse skepe aangeland het gou die eiland se bevolking dodo’s (wat op geen ander plek ter wêreld voorgekom het nie) uitgewis, en binne ’n eeu ná Van Neck se aankoms het die laaste dodo vlerkloos na voëlhemel verkas.

In die 18de en 19de eeu het min mense geglo dit is moontlik dat die mensdom ’n hele spesie tot uitwissing kon dryf. Dit was ondenkbaar dat God ’n diersoort sou skep net sodat dit kan verdwyn, en gevolglik het die geloof ontstaan dat dodo’s – nes seemonsters en meerminne – nooit buite die ooraktiewe verbeelding van seevaarders bestaan het nie.

Die afgelope maand, meer as vier eeue ná die Nederlanders se rampspoedige kennismaking met dodo’s, het ’n Nederlands gebore professor in Suid-Afrika aangekom om ’n nuwe hoofstuk oor die wêreld se bekendste uitgestorwe voël te help skryf.

Prof. Leon Claessens, tans professor in biologie aan die Holy Cross College in Worcester naby Boston, Amerika, is in Durban om met ’n 3D-skandeerder studies van ’n voëlgeraamte te doen wat volgens hom een van net twee volledig bewaarde dodo-skelette in die wêreld is.

In die eeu vanaf die middel 1700’s het mense geglo dodo’s is kriptowesens wat in matroosstories tuishoort, sê Claessens. Die enkele opgestopte dodo’s wat in die 1600’s Europa toe verskeep is, het mettertyd gevrot en behalwe ’n kop en poot in ’n museum in Oxford, Engeland, was daar weinig bewyse van dié voëls.

“Eers in 1865 is daar in ’n moeras op Mauritius ’n klomp dodo-beendere opgespoor. Hulle is na Brittanje geneem waar wetenskaplikes hulle soos stukkies van ’n legkaart aanmekaargesit het, en vandag is daar sowat 20 van dié saamgeflansde dodo-geraamtes in die wêreld. Die meeste van ons kennis oor dodo’s se fisiologie en gedrag is op dié spesimens gegrond”.

Dié destydse vlaag navorsing het in Europa tot ’n dodo-gier gelei, met een wat selfs in Alice in Wonderland opgeduik het. Maar dit het ook daartoe gelei dat mense die eerste keer besef het ons spesie beskik oor die angswekkende vermoë om ’n hele ander spesie tot uitwissing te dryf (soseer dat dodo’s vandag die embleem van mensgemaakte uitwissing geword het – in Engels sê mens steeds iets “went the way of the dodo” as dit vir goed van die aardbol verdwyn).

Saamgeflanste geraamtes bring boonop probleme mee. As jy ’n dier aanmekaarsit uit ’n hoop beentjies wat jy in ’n moeras gekry het, weet jy nooit watter poot, vlerk, nek en rug regtig bymekaar hoort nie. ’n Ou haan se vlerk en ’n jong hen se rugstring kan gesamentlik vir jou ’n heel verwronge beeld van die dodo se proporsies gee.

Gevolglik moes die mensdom steeds baie van hul idees oor die dodo grond op beskrywings van 17de-eeuse matrose. Die idee het voortbestaan dat die dodo bowenal ’n vet en lui dier was wat te dom was om eens vir sy jagters weg te hardloop en as’t ware hul eie uitwissing op hulself gebring het.

’n Teorie het selfs posgevat dat die naam “dodo” afgelei is van ’n ou Nederlandse woord, “dodaerse”, ruweg vertaalbaar as “vetgat”. In die betreklik onlangse boek A Short History of Everything verwys Bill Bryson nog na die dodo as “the famously flightless bird whose dim but trusting nature and lack of leggy zip made it a rather irresistible target for ­bored young tars on shore leave”.

Een toevallige ontdekking 100 jaar gelede kan ons nou help om dié misverstand reg te stel.

In 1899 het ’n Franse gentleman-barbier en amateur-naturalis, Etienne Thirioux, op ’n wandeling op Mauritius in ’n grot die volledige geraamtes van twee dodo’s gevind. Thirioux het die een in Mauritius laat bewaar, maar om die een of ander rede is die tweede geraamte kort ná sy dood in 1919 aan die Natuurwetenskaplike Museum in Durban verkoop.

Die kurator het ’n aantekening oor die aankopie in die annale van die museum gemaak en die beendere het in die museum ’n waardige uitstalhoekie gekry, maar van daar af het dié geraamte uit die wetenskaplike oog verdwyn en het sy akademiese spoor doodgeloop.

Claessens bestudeer al jare die beendere van uitgestorwe diere – eers dinosourusse en prehistoriese krokodilspesies, maar die laaste jare veral dodo’s. Verlede Augustus was hy in Mauritius om een van Thirioux se geraamtes te bekyk toe hy op ’n verwysing na die Durban-skelet afkom, iets waarvan hy en sy vakgenote niks geweet het nie.

’n Paar weke gelede het hy dus in Suid-Afrika aangeland om die wetenskaplike soeklig die eerste keer te laat val op een van Suid-Afrika se mees onderskatte natuurwetenskaplike skatte.

Hoekom is sy werk so belangrik? Want, sê Claessens, hy kan nou die eerste keer ’n 3D-skandeerder gebruik om ’n volledige dodo-skelet te ontleed. Daarmee kan hy dan bereken hoe die spierweefsel op die voël se bene gelyk het, en dan kan hy vasstel wat elk van dié spiere se kragvermoë was, oftewel hoe die dier sou beweeg het.

“Die belangrikste ding wat ons nou begin vasstel, is dat ons prentjie van die dodo as ’n lomp en sukkelende dier verkeerd is. Ja, hulle kon nie vlieg nie, maar hulle was veel ratser as wat ons gedink het.

“Hulle was perfek aangepas in hul omgewing, ’n eiland waar daar geen natuurlike roofdiere was en hulle dus nie hul neste in die bome hoef weg te gesteek het nie.”

Die ou idee dat dodo’s gedwee rondgesit het terwyl Nederlandse matrose hulle voor die voet doodslaan, is dus waarskynlik onverdiend. “Hulle was groot voëls met indrukwekkende snawels en kloue wat sou leer om mense te vermy. Maar die rotte en varke wat saam met mense op Mau­ri­tius aangekom het, sou gedink het die eiland is die paradys en het die dodo’s se neste met kuikens en eiers geplunder.

Natuurlike seleksie neem eeue (en soms millennia) om dierspesies by veranderende omstandighede te laat aanpas. Die veranderings in die dodo se wêreld was net te vinnig.

Ook hierin is ’n oorweging wat die studie van die Durban-dodo en sy spesie nou tydig maak.

Die dodo verskaf aan ons ’n gevallestudie van hoe ’n spesie deur snel veranderende omstandighede uitgewis kan word, sê Claessens. Dit is iets wat in ’n tyd van klimaatverandering en ongekende verandering in ekostelsels ál meer relevant word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.