Aanslae op mediavryheid: Dit kom van ver af ...

2010-08-28 18:31

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

In die huidige debat oor die beoogde wetgewing op die beskerming van inligting en die mediatribunaal is dit belangrik om die punt te maak dat die ANC se maatreëls veel verder sal strek as die sensuurbeperkings wat in die ou bedeling deur die NP ingestel is.

Daar was onder NP-bewind geen beperking op die openbaarmaking van die kwalifikasies, oortredings, wanbestuur of prestasies van regeringslede, parlementslede of staatsamptenare nie.

Kabinetslede, parlementslede en staatsamptenare wat aan korrupsie en bedrog skuldig bevind is, is tronkstraf opgelê.

In 1979 was daar wel ’n poging om ’n wet aanvaar te kry wat groot beperkinge op die media sou plaas, maar dié planne is na heftige teenkanting laat vaar.

Dié wetsontwerp is ter tafel gelê teen die agtergrond van die Soweto-opstande in 1976 en die Suid-Afrikaanse media se blootlegging van die inligtingskandaal wat in September 1978 gelei het tot die bedanking van adv. John Vorster as eerste minister.

Die inligtingskandaal was ook die einde van dr. Connie Mulder se hoop om eerste minister te word en hy is in die volksraadverkiesing deur mnr. P.W. Botha verslaan.

Vir maande na September 1978 het die media nuwe skokonthullings gepubliseer en week na week het nuwe bomme gebars.

In dié tyd het dr. Andries Treurnicht Transvaalse NP-leier geword. Hy en sy volgelinge het hulle mes ingehad vir die verligtes en die media wat Mulder se ondergang bewerkstellig het.

Die ongelukkigheid het direk aanleiding gegee tot die wetsontwerp op die advokaat-generaal in 1979 waarin sekere maatreëls vervat is wat die media sou muilband.

Reeds op 8 Desember 1978 het P.W. Botha die media gewaarsku dat hulle ná 30 Mei 1979 deur wetgewing verbied sou word om “skinderstories” te publiseer.

Opposisielede en die media het hulle stem dik gemaak oor die muilbandbepalings en die regering daarvan beskuldig dat hulle die media die stryd aansê bloot omdat hulle die inligtingskandaal blootgelê het en daar berig word oor ondersoeke na of onthulling oor korrupsie en wanadministrasie. Ook dat die regering daarop uit was om die media se mond te snoer en inligting oor bewerings van korrupsie van die land se mense te weerhou.

Die ooreenkomste tussen die stryd van destyds en die beperkinge op persvryheid wat die ANC-regering op die oomblik beoog is merkwaardig – soveel meer pynlik en selfs skokkend, omdat die ANC nog altyd vryheid van spraak hoog aangeskryf het en instrumenteel was in die aanvaarding van die nuwe grondwet wat ’n handves van fundamentele regte insluit en ’n onafhanklike konstitusionele hof insluit.

Op 16 Mei 1979 sou mnr. Lourens Muller (destyds die leier van die volksraad) die wetsontwerp op die advokaat-generaal deur die parlement loods.

Hy het by geleentheid oor die teenkanting wat van die media-kant ontlok is, gesê: “Die hoogheilige plig wat die pers dink hy teenoor die publiek het, laat my absoluut koud.”

Mnr. Fanie Herman, LV vir Potgietersrus, wou op sy beurt weet: “Dra ons in die parlement nog die broek in die land, of die pers?”

Die historikus, dr. At van Wyk, skryf in ’n brief gedateer 27 Mei 1979 aan dr. Daan van der Merwe, LV vir Rissik: “Wanneer mnr. Muller so ’n stelling maak, dan juig ek wanneer Beeld se rubriekskrywer Lood, 23 Mei 1979, hom tromp op loop en die onbillikheid van sy woorde met ’n effense wysiging so illiustreer: “Die hoogheilige plig wat die politici dink hulle teenoor die publiek het, laat my koud.

“Die politici het geen hoogheilige plig nie. Hulle wil die ondersoeker, aanklaer, getuie en regter wees. Hulle doen dit net om stemme te trek en geld te maak.”

Verskeie ambassadeurs van die lande wat ons belangrikste handelsvennote was, het my, as minister van buitelandse sake, kom waarsku dat die muilbandbepalings in die wetsontwerp vir Suid-Afrika uiters nadelige gevolge internasionaal inhou.

Die aandrang op verdere ekonomiese sanksies sou verskerp word, uitvoere vanaf Suid-Afrika na hulle lande sou onder skoot kom en beleggers sou afgeskrik word. Een van die ambassadeurs het vir my gesê: “Met hierdie wetsontwerp versterk julle die ANC.”

Ek het P.W. Botha gaan waarsku dat ons nie met die muilbandbepalings moes voortgaan nie.

Aanvanklik was hy hardnekkig. “Kollega, ek weet jy en ’n paar van jou kollegas is gekant teen die wetsontwerp, maar dit was ’n kabinetsbesluit.”

“Ja,” het ek geantwoord, “maar u het by meer as een geleentheid gesê dat ’n kabinetsbesluit ’n besluit van die eerste minister is. Vat die wetsontwerp terug kabinet toe en wysig dit.”

P.W. het nog gemor, maar ingesien dat voortsetting ons land onberekenbare skade binnelands en buitelands sou berokken.

Op 14 Junie het hy in die parlement aangekondig dat die regering dié bepalings wat ’n beperking sou plaas op die publisering van sekere inligting “vir die huidige” laat vaar het.

“Wat die res van die wetsontwerp betref, het die regering besluit om daarmee voort te gaan. Hierdie besluit bevestig die regering se doel met die wetgewing, naamlik om te verseker dat persone wat inligting het oor wanadministrasie, wanbestuur en wanbesteding, ’n toeganklike instelling moet hê waarheen daardie inligting vir ondersoek verwys kan word.

“Dit bevestig verder die regering se standpunt dat die wetgewing nie bedoel was of is om sensuur op die media te plaas nie.”

Kort voor die terugtrekking het Muller uit die kabinet bedank. Die vernedering was vir hom te veel, veral nadat hy die vorige jaar nie staatspresident geword het nie.

Hy was aanvanlik, na dr. Diederichs se heengaan, die aangewese kandidaat, maar P.W. Botha het besef dat hy nie kon bekostig om die senior poste met te veel Kapenaars te laai nie: Hoofsweep, speaker en staatspresident.

P.W. het van sy lojale volgelinge in die Kaapse NP gewerf om vir minister Marais Viljoen van Transvaal as staatspresident steun te werf. Tot sy dood toe het Lourens Muller vir P.W. gehaat met ’n verterende passie.

* Pik Botha was vir 17 jaar minister van buitelandse sake onder beide adv. John Vorster en P.W. Botha.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Call Centre Operations Manager

Cape Town, South Africa
Fusion Outsourcing Services (Pty) Ltd
Market Related

Call Centre Operations Manager

Johannesburg, South Africa
Fusion Outsourcing Services (Pty) Ltd
Market Related

Chief Safety Officer (Mining)

Mpumalanga Other
EOH Recruitment Solutions
R48000 - R55000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.