'Alle rasse werk hier en só gaan dit bly'

2012-09-09 01:14

Gedurende die afgelope week is baie gesê oor Woolworths se aanstellingspraktyke, en meer spesifiek dat ons nie wit mense aanstel nie.

Die eerste ding om hieroor te sê is dat dit gewoon nie waar is nie.

Woolworths stel mense van alle rasse – wit, swart, bruin en Indiër – aan, asook mense met gestremd­hede. En belangriker: ons sal voortgaan om dit te doen.

Tweedens: As ’n passievol Suid-Afrikaanse maatskappy wat trots is op ons diversiteitsrekord, beskou ons dié bewerings baie ernstig. Ons verstaan dat sulke beskuldigings baie sterk reaksie kan ontlok.

Die gerugte het blykbaar sy oorsprong in sommige van ons werkadvertensies wat aandui dat sekere poste net vir sekere groepe is.

Dit word aangevuur deur ’n organisasie wat ’n beroep doen op hul lede om ons te boikot.

Ons wil sommige van die dinge wat jy kon gelees het hiermee regstel:

Soos ek reeds gesê het, stel Woolworths wél wit mense aan. Ons stel mans en vroue van alle rasse aan en sal voortgaan om dit te doen.

Diversiteit is belangrik vir ons. Dit gaan nie oor getalle nie, maar oor mense.

Daar is egter sommige areas binne ons onderneming waar sekere groepe ernstig onderverteenwoordig is. Dit is hierdie posisies waarvoor ons aktief soek na gekwalifiseerde kandidate van spesifieke groepe.

Ons glo die verantwoordelike ding om te doen is om openlik en deursigtig te wees in ons advertensies oor die soort persoon waarna ons soek. Integriteit is een van die waardes wat vir ons belangrik is.

Ons gelykheids- en transformasiebeleid is in pas met die huidige wetgewing in dié verband en ons is veral trots daarop dat ons ’n volle jaar voor skedule ons vlak 4-swartbemagtigingstatus bereik het.

Ons ondersteun nié kwotas nie en het nie ons advertensies en die verwysing na die ras van moontlike kandidate gebruik as ’n meganisme om kwotas te ondersteun nie.

Dit is belangrik om te verstaan dat in gevalle waar ons nie ’n kandidaat uit die “aangewese” groep kan kry nie, poste oopgestel kan word vir “onaangewese” persone.

As ’n eg Suid-Afrikaanse maatskappy is ons erg gesteld op die langtermyn-volhoubaarheid van ons land. Ons is trots op die vele maniere waarop ons ’n betekenisvolle en volhoubare verskil maak: Vir ons mense deur gelykheidsdeelname, deur die ontwikkeling van vaardighede, vir klein- en middelslagondernemings deur sakeontwikkeling, deur voorkeur-verkrygings­geleenthede, tot onderwys deur ons MySchool-programme en tot die lewe van armes deur ons maatskaplike ontwikkelingsinisiatiewe.

Ons sal aanhou om transformasie en sosio-ekonomiese ontwikkeling te steun omdat dit belangrik is vir die land en ons maatskappy se toekoms.

Ek sien uit na die dag wanneer alle Suid-Afrikaners op gelyke en regverdige basis kan meeding om al ons werkgeleenthede. Dit is ’n ideaal waarna ons sal bly strewe.

Sam Ngumene is Woolworths se operasionele hoof­bestuurder.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C a few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.