Antieke aap-smart galm in ieder

2012-10-13 23:17

Hesperiese neerslagtigheid: ’n psigologiese toestand wat by die hoër aapsoorte duidelik waarneembaar is en wat by die mens as ’n nuttelose oorblyfsel sy verskyning maak. Die inval geskied geleidelik met sonsondergang en hou vol so lank die skemer voortduur. – Eugène Marais in ’n Paradys van weleer.

Wie kan vergeet, as kind, daardie verskriklike Sondagaand-blues wat ’n mens oorweldig sodra die son begin sak? ’n Gevoel wat geen mens verlaat nie; dit bekruip jou later regdeur jou lewe.

Dis ’n onverdunde Welt­schmerz en bitter min mense kan dit ontsnap. In Karoo-dorp: Someraand, skryf N.P. van Wyk Louw van “die laat-middag het room geword”. Einste. Die lug raak dik soos melkvet, opgeklits met onheil. Vir die kind is dit dalk ’n mengsel van moordende vrees vir huiswerk wat nog nie klaar is nie en ’n titsel harteleed omdat die weelde van die naweek tot ’n einde kom. ’n Atmosfeer van afskeid en vertrek, want dis ook die blou uur vir studente om terug te gaan koshuis toe, gaste word gegroet, reisigers moet begin totsiens sê.

Klein kinders, wat nog nie eens aan die hardheid van die wêreld blootgestel is nie, raak ook sommer moeg en huilerig.

En daar kom Eugène Marais al in 1927 met sy navorsing oor die siel van die aap en skryf oor hierdie einste hesperiese neerslagtigheid in Die huisgenoot.

Vir hom egter, was dit veel meer as net ’n swaar Sondagaand-gevoel. Hy skryf teen sononder sal ’n trop bobbejane stil word en nader aan mekaar beweeg. So lank die skemer duur, maak hulle die geluid van smart en verdriet. “Daar is waarskynlik in ons hele natuur geen geluid meer hartroerend treurig nie,” skryf hy. Een van die redes is as die donker aanbreek skuif die dood ook nader. Die bergtier maak suutjies jag op hulle, môre as die son opkom is een van die trop dalk dood. “Onmiddellik ná so ’n moord,” skryf Marais, “word die geluid van weeklaag en rou waargeneem.”

Verder skryf hy “by die mens (meer bepaald by die mensekind, deur rekapitulasie), woeker dit nog voort, nutteloos en ondoeltreffend, as ’n verskriklike psigologiese spook”.

Erfgenaam van al die eeue, dra die mens “nietemin in liggaam en siel eienskappe van sy aaplike afkoms”.

Dus, as jy weer so sononder in ’n kring met jou familie en vriende om ’n braaivleisvuur sit en tuur na die vlamme en daai knus gevoel van heimwee vou oor jou, onthou: Dis ’n antieke smart wat déúr die eeue nou nog deur jou hart weergalm.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 6-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Credit Manager – Elandsfontein

Johannesburg
DAV Professional Placement Group
R1 - R480000

Senior Engineer

Gauteng
Datafin Recruitment
Market Related

Credit Auditor – JHB CBD

Johannesburg CBD
DAV Professional Placement Group
R1 - R500000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.