Apoloog van Sofie en Mabel

2012-09-09 01:14

apoloog s.nw. Vertelsel waarin dikwels diere optree, soos in dié van Aesopus of La Fontaine; dierfabel. oudfrans: apologue; Latyn: apologus; Grieks: apologos, van apo [terug, wat was)] + logos [verhaal]. – Elektroniese WAT: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (A tot R). Hoofredakteur W.F. Botha.

Die kerkspreeu het die boodskap self gebring. Ook die flapflappie. Die nuus was sleg. Mabel Sonnenberg, ’n deftige Joodse kat van Groenpunt, moes gou maak. Haar suster Sofie lê op sterwe in die Waterfront. Daar naby die dolosse by die see. Dit skok Mabel, dit stem haar tot droefheid.

Haar suster was al die jare ’n rondloperkat, ’n straatkat. Sy wou nooit huis kry nie, nee, vir haar kon jy nooit “kietsiemiaau-miaau” sê nie.

As babakatjies was hulle baie lief vir mekaar, daar waar hulle in ’n donker laan gebore is. Maar hulle het erg baklei.

So lelik was die straatgeveg een nag tussen die twee dat hulle nooit ooit weer met mekaar gepraat het nie. Mabel het in ’n onbesonne en bitsige oomblik haar eie suster ’n katterjoolse flerrie genoem, iemand wat altyd gedink het sy is kaatjie van die baan.

Sofie het haar gewip en vir Mabel geskree: “Jy lyk soos ’n proefbuisbaba met jou ou platgedrukte gevreet, so hou jou bek van my af.”

Kru, soos altyd, is sy daar weg, stert in die lug, nooit weer is daar van haar gehoor nie. Mabel wou ook nie van haar hoor nie (hubris, nou met nawete), en sy is deur goeie mense aangeneem.

Eendag het sy skrams by ’n naaldekoker in die tuin gehoor haar suster hang met skollies en kokette uit.

Die jare het verbygevlieg. Nou het die einde aangebreek, die dag wat sy gevrees het.

’n Rukwind het reën gebring. Dit was donker, ’n bende vuurvliegies wys die pad see se kant toe, daar verby die kolossale Kaapstad-stadion.

“Ek sal vir jou suster bid,” prewel die bidsprinkaan. Aangedaan. Almal in die tuin wens haar voorspoed toe: verkleurmannetjies, krieke, nagakkedisse. Die huidjiehu maak ’n rollende fluitgeluid, soos ’n eensame trompetgeskal.

Mabel begin draf, met die lampies van die vuurvliegies voor haar. Die ysige wind waai teen haar gesig, die hemelwater deurdrenk haar pels.

Papnat, uitasem kom sy by die dolosse aan.

Sofie is maer, uitgeteer, haar oë mat. Mabel lek haar suster op haar koppie en haar pels, haar suster begin spin.

“Ek is jammer, Mabel, ons het die jare van liefde laat verbyglip, ek was kinderagtig.”

“Nee, my ou skotteljonsie,” sê Mabel, “dit was my skuld. Ek is baie jammer, sussie.

“Dit moes nooit so uitgewerk het nie, ek het dit nooit so beplan nie, ek het jou al die jare in my hart gedra.”

Sofie is in warmte langs haar suster dood. En ’n triestige windvlaag het weer van die see af opgekom en die gehuil van al die katte in die omtrek het weerklink teen die nag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Emiel Stapelberg sê... Afrika sou werklik 'n wonderlike plek wees as dit nie vir sy mense was nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.