Armoedekloof al wyer

2012-12-16 00:05

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Verlede week het die Instituut vir Geregtigheid en Versoening sy jaarlikse versoeningsbarometer uitgereik.

Hiervolgens maak slegs een derde van Suid-Afrikaners gereeld oor rasselyne heen met mekaar kontak en amper die helfte praat selde of ooit met iemand van ’n ander ras. Daar is ook gevind dat huwelike tussen mense van verskillende rasse en veelrassige skole toenemend afgekeur word.

Dit is nie goeie nuus nie, maar alles is darem nie verlore nie. Meer as 60% van Suid-Afrikaners meen nasionale eenheid is wenslik. Ons het ten minste die wil om na mekaar uit te reik oor die kloof van historiese verdeeldheid. Dit is iets waarop ons kan voortbou.

Daar is ’n ander insig uit die barometer waarvan ons kennis moet neem. ’n Kwart van die mense wat aan die studie deelgeneem het, het ekonomiese ongelykheid uitgewys as die grootste rede vir verdeeldheid.

Vroeër vanjaar het die Nasionale Beplanningskommissie sy nasionale ontwikkelingsplan bekend gestel. Die kommissie het gesê: “Suid-Afrika se grootste uitdaging is om armoede en ongelykheid te verminder.”

Hoe sleg is die situasie? Die internasionale bestaansminimum is $2 per dag. Dit is gelykstaande aan R524 per maand. Die na­sionale ontwikkelingsplan sê in 2008 het 48% van Suid-Afrikaners minder as dit per maand verdien. Hoe oorleef ’n mens op R524 per maand?

Interessant genoeg noem die nasionale ontwikkelingsplan dat die strategie vir die bekamping van armoede en ongelykheid geanker moet wees in “maatskaplike kohesie”. Die kloof tussen dié wat het en dié wat nie het nie, is toenemend klasseskeiding wat nie noodwendig met die konsep genaamd “ras” saamval nie. Wat sake vererger, is dat baie mense – leiers asook volgelinge – klaarblyklik hul eie belang voor die algemene welstand plaas. Dit is waarom ons selfverryking deur korrupsie, nepotisme en tenderbedrog sien.

Die proteste teen swak dienslewering, die stakings, die tragiese slagting by Marikana – al hierdie dinge is waarskuwingstekens. Dit vertel ons mense voel hul menswaardigheid word nie gerespekteer nie; dat hul menseregte vertrap word. Dit lei tot toenemende maatskaplike woede waarvan ons kennis moet neem.

Versoening vereis dat ons die kloof wat ons skei, oorbrug. Ras en klas is welbekende foutlyne in ons samelewing.

Daar is egter ’n nuwe, ontluikende foutlyn waaroor ek baie bekommerd is – en dit is die lyn van etiek en moraliteit.

Aan die een kant het ons die goeie mense van ons land, en aan die ander kant die mense wat nie vir ander omgee nie. Hulle sê dalk hulle gee om – van die verhoë af waar hulle as ons leiers praat – maar hul optrede wys vir ons die teenoorgestelde.

Wat dit so gevaarlik maak, is dat mense begin hoop verloor. Armoede is een ding, maar as dit aan wanhoop gekoppel word, is dit baie gevaarlik.

Wat kan ons hieraan doen? Ons moet armoede beveg deur mense hoop op maatskaplik-ekonomiese verbetering te bied. As ons ernstig is oor versoening, kom ons toon leierskap deur verantwoordelik op te tree. Laat ons optree in die belang van die verarmdes en die vertraptes. Laat ons versoening bevorder deur armoede te bekamp.

Dit sal vir die volgende 100 jaar ’n stewige grondslag lê as ’n nasie wat verenig staan om die beginsel van geregtigheid vir almal.

Prof. Russel Botman is die rektor van die Universiteit van Stellenbosch. Hierdie is ’n verkorte weergawe van ’n toespraak wat hy vandag in die Msunduzi-museum in Pietermaritzburg lewer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.