Atoombom is gebore in styl

2012-08-05 00:40

In die stadsentrum van die Hongaarse hoofstad, Boedapest, staan ’n imposante gebou, deesdae ’n luukse hotel, wat ’n baie spesiale restaurant huisves.

Sedert dié eetplek die einde van die 19de eeu die eerste keer sy deure geopen het totdat dit met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog gesluit is, was dit Boedapest se intellektuele spilpunt waar kunstenaars, skrywers, digters en wetenskaplikes vergader het.

Hier, in die New York Café (genoem na die New York Life Insurance Company, die oorspronklike eienaars van die gebou) kon hulle onverstoord sit en tob oor hul passies in die lewe, eet en drink van ’n spesiale “skrywers-spyskaart” terwyl kelners gratis potlode en papier aandra.

Teen die draai van die 19de eeu was die restaurant op meer as 400 joernale en koerante ingeteken vir gaste om te lees – meer as enige biblioteek in die stad.

Onder die New York Café se gereelde gaste was die rolprentmaker Michael Curtiz (gebore in 1886), wat vandag veral onthou word vir sy romantiese meesterstuk Casablanca.

’n Vriend wat dikwels ’n tafel met hom gedeel het, was Alexander Korda (gebore in 1893), wie se fliek The Third Man deur sommige gereken word as een van die 20 briljantste flieks nog.

Die fotojoernaliste André Kertész (gebore 1894) en Robert Capa (gebore 1913) was ook gereelde besoekers.

So ook Arthur Koestler (gebore 1905), wie se roman Darkness at Noon die gevolge van kommunisme op persoonlike vlak briljant beskryf.

Die gereelde besoekers aan die New York Café wat my egter die meeste interesseer, is nie kunstenaars of skrywers nie, maar ’n groep uiters talentvolle wiskundiges en wetenskaplikes wat gedurende die oorlog ’n onontbeerlike rol sou speel in die ontwikkeling van die atoombom.

Onder hulle was Janos (Johnny) von Neumann, ongetwyfeld een van die slimste wiskundiges van sy generasie.

Von Neumann is in 1903 in Boedapest gebore. Nog voor sy vyfde verjaardag het sy pa besef sy jongste spruit is nie ’n intellektuele hierjy nie.

Ouers is dikwels gretig om te verkondig hoe slim hul kinders is wanneer die driehoekblokkie se driehoekgaatjie in ’n japtrap uitgesnuffel word. Die klein Janos was egter nie net ougat nie, hy was wérklik briljant.
Op sesjarige ouderdom kon hy agtsyfer-getalle met mekaar maal en deel – sonder pen of papier.

Tydens sy hoërskooldae in die Lutherse Gimnasium het hy op aanbeveling van sy wiskunde-onderwyser, László Rátz, ’n parallelle kursus in wiskunde aan die Universiteit van Boedapest gevolg. Hy het uiteindelik sy graad in wiskunde cum laude geslaag nog voordat hy sy skoolopleiding voltooi het!

Ná die uitbreek van die oorlog het hy na Amerika uitgewyk. Aan die Universiteit van Princeton het kollegas dikwels sy gewilligheid om te help “misbruik” wanneer hul denkpatrone en navorsing ’n doodloopstraat bereik het.
 
Toe die wetenskaplikes verbonde aan die Manhattan Project, wat die atoombom gebou het, nie kon uitpluis hoe om die bom te laat ontplof nie, was Von Neumann die man vir wie hulle genader het.

Hy het die beginsel van implosion bedink en dit vir hulle wiskundig met ’n HB-potlood op ’n A4-bladsy neergeskribbel. Daarsonder kon die geskiedenis heel anders verloop het.

Onder die ander Hongare uit Boedapest wat ’n leidende rol in die Manhattan Project gespeel het, was Eugene Wigner (gebore 1902), dus een jaar ouer as Von Neumann.

Wigner het in 1963 ’n Nobelprys vir fisika ontvang (’n eer wat Von Neumann nooit te beurt geval het nie omdat hy betreklik jonk, op 53, dood is). Wigner het by geleentheid gesê alles wat hy van wiskunde weet, het hy by Von Neumann geleer.

Edward Teller (gebore 1905) en Leó Szilárd (gebore 1898) is twee ander Hongare wat wêreldroem vir hul deurbrake sou verwerf. Teller het onder meer die waterstofbom ontwikkel en dit was Szilárd wat die eerste keer energieryke kettingreaksies in elemente beskryf het, die basis van kernkrag en die atoombom.

In totaal was daar sewe Boedapest-Hongare betrokke by die Manhattan Project. Hulle was so ’n unieke groep wat in hul onverstaanbare taal, Hongaars, met mekaar gepraat het dat hulle onder ander wetenskaplikes bekend gestaan het as the men from Mars.

Die oorlog het hul geboortestad natuurlik onherroeplik verander. Ná die oorlog moes hul ou kuierplek noodgedwonge sy deure sluit. Onder die kommunistiese regime het dit ’n pakhuis vir ou gebreekte meubels en fietse geword.

Ná baie wik en weeg wat met die gebou moet gebeur, is die kafee ná die val van kommunisme gelukkig weer in 2001 tot sy volle glorie herstel.

Alles is vandag weer soos dit was – behalwe vir die afwesigheid van die intellektuele reuse.

Môre is dit presies 67 jaar sedert die eerste atoombom oor Hirosjima ontplof het. Die bom oor Nagasaki het twee dae later gevolg.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Sunny. Mild. Bfn: 7-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 17-24°C Rain late. Morning clouds. Mild. PE: 12-19°C Heavy rain. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!