Aweregs: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool

2009-09-19 15:33

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Attie Koekemoer van Linden in Johannesburg het onlangs ’n skool vir sy vyfjarige begin soek. Die Laerskool Louw Geldenhuys, waar hy ook skoolgegaan het, is vir hom gerieflik geleë.

“Met groot verwagting het ek by die ope dag van die skool opgedaag. Ek was verbaas dat verrigtinge daar steeds met Skriflesing en gebed geopen word soos in die ‘ou Suid- Afrika’.”

Die godsdiensbeleid van die departement van onderwys (Wet op Nasionale Onderwysbeleid nr. 27 van 1996) wat in 2003 gepromulgeer is, is aan Attie bekend. Die hart van die beleid is om alle kinders tuis te laat voel in hul skool en respek vir ander se oortuigings te leer. Enige voorkeur aan ’n spesifieke godsdiensoortuiging in openbare skole is taboe. (www.info.gov.za/view/DownloadFileAction?id=70211.)

“Dit is teenstrydig met die riglyne van die nasionale beleid. Ek was geskok toe ’n personeellid die gehoor meedeel dat godsdiensaktiwiteite afgeskaal word wanneer die onderwysdepartement die skool besoek sodat slapende honde nie wakker gemaak word nie.”

Hierdie ingesteldheid is deur nog ’n skoolhoof (anoniem) van Pretoria beaam. Hier word alles “reg gedoen” wanneer hulle ’n besoek van die departement ontvang. Maar sodra die departement by die hek uit is, gaan die skool voort met Bybelstudie volgens die ou TOD-leerplan. Talle bekeringsaktiwiteite, soos CSV, gewyde sangperiodes, skriflesing en gebed vind in klastyd plaas.

Die nasionale beleid het reeds tydens die opstel daarvan opslae gemaak. Die stof ná die promulgering daarvan het nog nie gaan lê nie. Voorheen was die meeste kritiek vanuit godsdiensgeledere en téén die beleid. Maar dit word nou duidelik dat daar ouers en organisasies is wat die beleid geesdriftig ondersteun. Hulle is krities oor skole wat huiwer om die beleid te implementeer.

Mnr. Walter Mercuur, adjunk­direkteur van kurrikulum-ontwikkeling in die Wes-Kaap, sê die dae van window dressing is getel.

“Skole is verplig om die riglyne wat reeds daar is, na te volg.

“Skole mag nie adverteer dat hulle ’n spesifieke geloof voorstaan nie, al is die meerderheid van die kinders van daardie geloof. Dit druis in teen die wet wat sê dat daar in ­model C-skole aan geen godsdiens­tige oortuiging voorkeur gegee mag word nie.”

Hans Pietersen is ’n ouer wat gefrustreerd is omdat die Laerskool Stellenbosch hul eie godsdiensbeleid opgestel het, en dit eers nadat ouers verlede jaar gekla het.

Hy verwag dat skole kinders realisties moet voorberei vir die openbare lewe en hul toekomstige werkplek, waar mense moet saamwerk en godsdiens niemand beskerm nie. Elke leerling, watter geloof sy ouers ook al aanhang, moet welkom en gerespekteer voel. Demokrasie vereis dat alle godsdiensoortuigings ’n gelyke speelveld in die openbare ruimte moet hê en dat kinders onbevange onderrig moet word.

“Ek het ’n probleem daarmee wanneer tradisie nie bevraagteken mag word nie, veral wanneer ’n skool kwansuis kritiese denke bevorder. Geloof het nie ’n monopolie op waardes of waarheid nie. Die Christelik-Nasionale onderwys van ons verlede het juis ons Boetman-geslag soos sam­pioene hanteer; ons was in die duister gehou en perdevye gevoer.

“Kernaspekte van wetenskap en politiek word steeds op aandrang van konserwatiewes opsetlik verskraal of vermy. Darwin het byvoorbeeld ’n fantastiese deurbraak vir die wetenskap gemaak, maar hoeveel van ons skole herdenk vanjaar sy 200ste geboortejaar?”

Volgens Mercuur is dit skandalig dat ons kinders afgewaterde godsdiensonderrig ontvang. ’n Spesifieke kurrikulum vir godsdiensonderrig moet gevolg word en uitkomste moet soos enige ander leergebied gemeet word. Ouers het nie die reg om die inhoud van ’n leerplan te bepaal nie.

Prof. Chrissie Steyn, skrywer van Religion in Life Orientation, het bevestig dat selfs die bietjie godsdiens wat in die vak lewensoriëntering voorgeskryf word, deur baie skole geïgnoreer word. Volgens haar moet ’n kind reeds op ’n vroeë ouderdom aan die rykdom van verskillende godsdienste blootgestel word.

“Net deur kennis van die ander kan ’n kind geleer word om mense wat nie noodwendig soos hy glo nie, te respekteer.”

Dirk Koekemoer van Faerie Glen in Pretoria het verlede jaar sy tweeling by die Laerskool Tygerpoort ingeskryf. Hy was in ’n plaasskool en wou sy kinders ’n soortgelyke ervaring gee. Die skool se ope dag het hom egter onwelkom laat voel en hy het ’n brief aan die skoolhoof gerig om sy misnoeë te betuig.

Hy skryf: “Ons gesin volg ook Jesus, maar ek was verbaas om te sien hoe ’n skool in die ‘nuwe Suid-Afrika’ ’n spesifieke lering ondersteun en bemark, boonop ten koste van ander godsdienste. Ek wil nie eers dink wat ’n Katoliek, Jehovasgetuie, Hindoe of Moslem sou gevoel het as hulle Tygerpoort se ope dag bygewoon het nie. Ek het nêrens, voordat ek by die skool ingeloop het, ’n bord ‘Slegs Christene’ gesien nie.

“Ek het julle webblad besoek en was geskok dat Tygerpoort selfs hier ’n spesifieke godsdiens aanhang. My vrees is dat ek geen benul het wat hierdie sogenaamde Christelike ‘norme en waardes’ is wat bemark word nie. Is aborsie reg of nie, is Jesus ’n god of nie, moet ek tot Maria bid of nie, is Satan ’n werklikheid of nie, is Islam die Antichris, mag ’n man met meer as een vrou trou of nie? – en nog vele ander vrae – almal onoplosbare Christelike kwessies. Dit is duidelik dat die skool nie net ‘norme en waardes’ bemark nie, maar voorkeur aan ’n spesifieke lering gee.”

Volgens Koekemoer, ’n oud-teoloog, is daar nie ’n algemeen-aanvaarde “Christelike karakter” nie, want Christene kon nog nooit saamstem oor wat presies dit beteken om ’n Christen te wees nie. Soos ander pa’s wil Koekemoer nie godsdiens van kinders ontneem nie, “maar bid self vir jou kind in die motor voordat jy hom by die skool aflaai.

‘Dit is my verantwoordelikheid om my kind in sy religieuse ontwikkeling te begelei. Dit is nie die onderwyser se voorreg nie.

“Hoe word gekontroleer wat my kind vertel word? Christene verskil dramaties. Gaan my kind moet hoor dat hy in die hel gaan brand as hy ‘sondig’?

“Moet hy hoor dat gays en Moslems gedoem is en dat evolusie ’n duiwelse geloof is?” vra Koekemoer.

“Openbare skole is nie die plek vir geloofsinskerping nie – daar is ruim tyd buite die skool daarvoor. Dit is ouers se voorreg om hul geloof aan hul eie kinders oor te dra,” sê Pietersen.

“Maar daardie voorreg strek nie tot ander se kinders nie. Elkeen moet sy oortuigings op sy eie manier kan uitleef.

“Om skole aan dogma onderhewig te maak verleen ’n spesiale status aan godsdiens. Só word plaaslike groepwaardes bo staatswette verhef, wat polities baie gevaarlik is.

“Vergelyk maar wêreldwyd die lande waar godsdiens en politiek meng, selfs informeel, met lande waar staat en kerk goed geskei is. Dit is duidelik oorwegend eersgenoemdes wat deur geweld en armoede gekenmerk word en laasgenoemdes wat welvarend en veilig is.

“Bybelboere moet vrede maak met die beginsels van ’n oop, demokratiese gemeenskap. Beskerm ons skole teen fundamentalisme.”

’n Gesprekforum is gestig vir ­ouers wat die nasionale beleid ondersteun en gedagtes wil uitruil by http://groups.google.com/group/skoolbeleid.

Daar is ook ouers wat sou wou sien dat godsdiens in skole afgeskaal word, skryf ROTHEA KLEYNHANS.

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
113 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R500000

BI Developer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R15000 - R20000

Junior BI Developer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R144000 - R240000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.