Belasting hersien? Nee, JZ soek meer geld!

2013-02-23 23:05

Dawie Roodt

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dawie Roodt, hoofekonoom by die Efficient-groep, praat met Waldimar Pelser.

Waldimar Pelser: Net ’n paar miljoen Suid-Afrikaners betaal belasting. Stuur ons nie op ’n ramp af nie?
Dawie Roodt: Daar is eintlik 50 miljoen belastingbetalers. Maatskappyebelasting word afgewentel na verbruikers en eintlik deur almal betaal. Dit ís waar dat daar net sowat vier miljoen mense is wat persoonlike inkomstebelasting betaal, maar hulle is nie die enigste belastingbetalers nie.

WP: So, is alles piekfyn?
DR: Nee, ons is in ons moer omdat ’n fiskale tekort groter as ekonomiese groei nie gehandhaaf kan word nie. Die gevolg is jou skuldvlak neem toe en toe en die ding bou momentum op en ruk in ’n stadium handuit.

WP: Het ons reeds te veel skuld?
DR: Die rooi ligte begin aankom as skuldvlakke op 50% kom. Ons is op 40%, so ons is nog nie daar nie. As ons aanhou skuld maak in hierdie tempo, gaan ons ons gat sien.

WP: Was ons al daar?
DR: Ons was daar gewees toe Trevor Manuel oorgeneem het as minister van finansies. Dit was nie sy skuld nie, maar ’n gevolg van die momentum wat in die verlede aan die gang gesit is. Onthou, daar’s ’n sloerende effek – Manuel het begin privatiseer; nie uitgawes verhoog nie; belasting opgeskuif; en intussen het skuldvlakke gedaal van 50% tot 20%. Presies dieselfde gebeur wanneer jy skuld verminder.

WP: Nou maar hoekom verminder ons nie ons skuld nie?
DR: As jy skuldvlakke verminder, het jy serious politieke ondersteuning nodig. Ons agbare ­Zuma het nie naastenby ’n benul wat aangaan nie en gaan Pravin (Gordhan, minister van finansies) nie die ondersteuning gee wat hy nodig het nie.

WP: Waaraan bestee die regering te veel geld?
DR: Die rede waarom ’n mens ’n staat het, is primêr om verdediging, reg en orde en ’n regstelsel daar te stel – hy het nie ander jobs nie. In Suid-Afrika en baie ander lande het die regerings besluit hulle wil meer goeters doen: onderwys, gesondheid, huise, maatskaplike beskerming ensovoorts. Maar daardie behoeftes is basies onbeperk – daar is nie ’n beperking aan maatskaplike bystand nie. Dis nie soos die army wat groot genoeg is nie. Ons maatskaplike besteding is 60% van die geheel.
Die enkele grootste vermorsing vandag is onderwys met 20% van staatsbesteding. Die waarde wat ons terugkry, is van die swakste ter wêreld. Dís die issue. Ons kry nie waarde vir geld nie. Ons gee geld uit of ons ’n ryk land is. Ons kan nie en ek dink nie Zuma besef dit nie.
Dis soos die Grieke, wat deel van die Eurogebied geraak en begin leef het soos die Duitsers; geld bestee het soos die Duitsers; strandhuise gekoop het soos die Duitsers, maar vergeet het om te wérk soos die Duitsers en toe sien hulle hul gat.

WP: Waaraan moet ons meer ­bestee?
DR: Kapitaal en infrastruktuur.

WP: Word die middelklas oorbelas?
DR: Wie is die middelklas? Die minister van finansies sê die rykste mense in die land verdien R400 000 tot R450 000 per jaar.
Dit is die topklas (die hoogste belastingkerf). Die gelykbreek-groep verdien R200 000 per jaar as gesin. Dis iemand wat dieselfde waarde terugkry as die hoeveelheid belasting wat hy betaal. Die middelklas verdien, sê maar, R200 000 tot R250 000.
Hulle is nie te erg belas nie.
Die ouens wat te erg belas is, is die ouens bo hulle wat meer as R300 000 verdien. Die belasting wat hulle betaal, is baie en wat hulle terugkry, raak al hoe minder en minder. Baie belastinggeld word vermors.

WP: Gaan dit nie veroorsaak dat al hoe meer mense belasting probeer ontduik nie?
DR: Ek dink so. Die protes teen tolpaaie was eintlik ’n belastingopstand. Dit het niks te doen met tolpaaie nie. Dis niks anders as ’n belastingrevolusie nie – mense is gatvol betaal. Die ouditeur-generaal het bewys die effektiwiteit van die staat laat veel te wense oor.

WP: Vloei baie geld net weg?
DR: Pravin weet dit en het dit al gesê. Maar dit gaan oor politiek en niks anders. Nou wil Zuma die belastingstruktuur hersien. Dit is kodetaal vir “ek wil meer geld hê”. En hy wil die vergoedingstruktuur van staatsamptenare ondersoek. Dit is ’n kode vir “ek wil húlle nog meer betaal”. Die staatsdiens word eintlik gebruik as dramatiese herverdelings­instrument in die land en as ’n werkskepper – maar dis nie eintlik werk nie. Staatsamptenare wat oorbetaal maar onderwerk is, is maklike stemme. En ons gaan nie van die ANC ontslae kan raak nie, want daar is te veel staatsamptenare en hul gemiddelde salaris is 30% tot 40% meer as in ander beroepe.

WP: Moet Pravin Gordhan nog skuld aangaan?
DR: Die probleem lê nie by te min staatsbesteding nie, maar die sóórt staatsbesteding. As ek nou vir Pravin sê om staatsbesteding in te kort, hoe gaan hy dit polities regkry? Cosatu gaan dit nie toelaat nie.

WP: Gordhan weet tog ’n verkiesing lê volgende jaar voor...
DR: Hy gaan dit in gedagte hê. Ons moet BTW verhoog, maar daar’s nie ’n manier jy kry dit polities reg nie. Daar’s so baie ideologie.
Hulle het dit in hul kop om die bourgeoisie op te foeter – dís wat hulle wil doen. Hulle het ’n ideologiese vendetta. Luister in die parlement: Toe gesê is die beginsel van “gewillige koper, gewillige verkoper” word bekyk, toe cheer hulle. Dis nie in die Grondwet nie. Niks het verander nie. Dié wat hét, gaan opgedonder word.

Dawie Roodt is hoofekonoom van die Efficient-groep.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 10-18°C High level clouds. Mild. Pta: 2-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 7-22°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Good Morning, Mr Mandela van Zelda la Grange

Good Morning, Mr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe ’n jong vrou se lewe, oortuiginge, vooroordele en alles waarin sy eens geglo het verander is deur die grootste man van haar tyd. Nou R221. Plaas jou voorafbestelling nou!

Bespaar 25% op die gewildste 25 boeke!

Kry 25% afslag op die topverkoperboeke, wat insluit Low-Carb Living for Families, The Book Thief, How to Train Your Dragon en nog baie meer. Koop nou!

Tot 60% afslag met die opruimingsverkoping!

Bespaar tot 60% op toestelle, boeke, elektroniese ware, speelgoed, flieks en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe Afrikaanse uitreikings

Sien jy uit na die nuutse Afikaanse titels? ’n Vuurwarm verskeidenheid boeke is beskikbaar by kalahari.com. Bestel nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!