Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Betaal en wys só toewyding tot land se ontwikkeling

2010-03-13 14:45

Vuyelwa Vika

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

As jy in die Suid-Afrika van vandag woon, veral in die histories “bevoorregte” gebiede, of op die land se paaie ry, voordeel trek uit die straat- en verkeersligte, jy ’n goeie rioolstelsel het, kan jy jouself as geseënd beskou.

In dieselfde land kan jy ook ’n inwoner van Slovopark of Mdantsane wees en nie eens toegang hê tot die basiese padnetwerk nie – dan praat ek nie eens van skoon drinkwater of ordentlike toiletgeriewe nie!

Sal dit dan die weerhouding van jou belasting regverdig as die regering nie al hierdie dienste aan jou lewer nie?

Natuurlik nie! Dit sou ’n algeheel bysiende manier wees vir ’n toegewyde inwoner van ’n ontwikkelen-de land.

Stel jou voor elke Suid-Afrikaner begin om sy belasting of dienstegeld te weerhou as hulle nie gelukkig is met die een of ander aspek van dienslewering wat hulle van die regering kry nie.

Die gevolg? Chaos en agteruitgang sou afmetings aanneem wat geen mens wat by sy verstand is sou wou sien nie. As jy ’n slag oor die grense van ons land na ander lande in Afrika of buite die vasteland gaan, sal jy terugkom met ’n heel ander sienswyse van dié land wat ek “huis” noem.

Elke inwoner van die land verdien en wil graag doeltreffende diens­lewering hê wat deur ’n deursigtige en verantwoordelike munisipaliteit gelewer word. Dit is die hart van die toepassing van plaaslike regerings se omdraaistrategie (Local Government Turn Around Strategy, of LGTAS). Dit is wat gemeenskappe daartoe dryf om beswaar te maak nadat alle ander pogings om gehoor te word langer as tien jaar geen resultate gelewer het nie.

Maar daar is geen kwessie hieroor nie: Dit is die verantwoordelikheid van elke burger om hul belasting te betaal as deel van ’n gedeelde verantwoordelikheid en toe­wyding tot die ontwikkeling van die land, veral een wat skree weens die ongelykheid van die verlede. Dit is ’n kollektiewe verantwoordelikheid tot voordeel van die hele volk.

Vandag is altesame 15 munisipaliteite onder administrasie kragtens afdeling 139 van die Grondwet.

Binne enkele dae gaan dié getal tot 18 styg. Hulle is in die provinsies Noordwes, die Vrystaat, die Noord-Kaap, die Oos-Kaap en elders. Daar is geen duideliker aanduiding van dié kant van die regering om teenoor Suid-Afrikaners te erken dat die uitdagings op plaaslikeregeringsvlak ernstig is nie. Diegene wat betrokke was in onwettige aksies, of teen wie daar klagtes is, moet ondersoek word sodat ’n regverdige proses verseker kan word.

Die doelwit van die huidige wetgewende hersieningsproses wat tans gedoen word, is juis om die regsproses te verfyn om gapings van die verlede te sluit en voornemende oortreders die skrik op die lyf te jaag.

Die regering, saam met die land se burgers, stem saam dat ons plaaslike regerings gesond moet word.

As jy tot nou ’n perfekte padnetwerk, rioleringstelsel en vullisverwyderingstelsel ervaar het en ’n oorvloed van elektrisiteit geniet het, kan jy jouself as ’n baie geseënde mens beskou.

Munisipaliteite staan voor die uitdaging van krimpende begrotings en groeiende bevolkings.

Dit was maklik voor 1994 omdat die hulpbronne bedoel was vir ’n klein deeltjie van die gemeenskap. Dit het beteken dat alle infrastruktuur bedoel was vir net meer as 3 miljoen Suid-Afrikaners.

Ek ontken nie die bestaan van swak munisipale bestuur, finan­siële wanbestuur, korrupsie en swak reaksie op dié vlak nie. Dit is deel van die nalatenskap van die verlede.

Maar om jou belasting te weerhou is onwettig. Jy oortree die wet. Dit is waarom mense wat dit doen altyd tweede gaan kom in ’n hofgeding.

Die regering wil sulke kwessies sáám met sy inwoners oplos, eerder as om deur regsprosesse te gaan.

Dit is waarom min. Sicelo Shiceka die roete van betrokkenheid by die burgers van die land verkies. Samewerking, dus om saam oplossings te vind, is sy benadering.

Dié wat verkies om die wet te oortree deur hul belasting te weerhou, moet weet dat die minister met hulle in gesprek wil tree.

Suid-Afrikaners het ’n trotse geskiedenis van weerstand en protesaksies teen enige vorm van onreg en diskriminasie. Die regering moedig Suid-Afrikaners aan om hul stem te laat hoor en hul griewe te lug. Maar protesaksie beteken nie geweld, die vernietiging van eien­dom of selfs die weerhouding van munisipale belasting nie. Waar sulke dade gepleeg word, moet die reg sy gang gaan wanneer dialoog en onderhandeling misluk het.

Vuyelwa Vika is kommunikasiehoof van die departement van koöperatiewe regering en tradisionele sake.


- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Paul 3/13/2010 7:57:13 PM
Die mens se storie is so onvanpas dat geen intelligente mens enige aandag daaraan kan gee nie. Die dag wat die klomp onbevoegde skelms ophou om die beursie leeg te steel en ophou afbreek en begin werk, kan ons dalk weer begin praat en julle leer hoe dinge werk want uit julle eie gaan daardie liggie nooit vir julle skyn nie.
Wim Kotze 3/13/2010 9:44:47 PM
"Dit is deel van die nalatenskap van die verlede." Hierdie kommunikasiehoof verkeer skynbaar onder die wanindruk dat sy met die inwoners van Matata of Toyandou kommunikeer. Die munisipaliteite wat ter sprake is het behoorlik gekwalifiseerde en opgeleide amptenare in diens gehad voordat die ANC regime hulle kleptokratiese 'cadres' ontplooi het. Die maklikste manier om belastingbetalers te oortuig dat die owerhede erens maak met die saak is om die skelm 'cadres' te 'ontplooi' waar hulle hoort: agter tralies. Maar almal weet dat dit nooit sal gebeur nie.
Bankrot geteel, ryk gesteel 3/13/2010 11:09:57 PM
Lyk of die ouens alles wil aftrek tot op hulle vlak en dit dan met ons geld en kundigheid wil opgebou hê. Intussentyd leef die koning se manne rojaal. Sal nie uit eie sakke 'n sent spandeer om broers op te hef nie. Nee hulle skuld die mos niks. Armoede=Wittes se skuld.
Leendert van Oostrum 3/14/2010 12:06:33 AM
Dis reg, Me Vika, laat die reg sy gang gaan. Ek dink jy en jou minister gaan op jul neuse kyk.

Sê intussen maar vir jou minister die mense glo nie meer in sy gepraat nie. Hy kan maar praat tot hy blou word, maar totdat hy begin DOEN gaan niks gebeur nie.
lulu 3/14/2010 12:16:01 AM
My vraag is, die persone wat hulle belastings oorbetaal aan 'n organisasie (nie die munisipaliteit en wat 'n munisipale diens lewer) in vergelyking met die persone wat hulle belastings betaal aan die munisipaliteit (en dus geregtig is op dienslewering) en in vergelyking met die wat glad nie betaal nie. (in my nederige opinie nie geregtig op enige dienselwering nie). Wie is geregtig op wat??? Wat een voel hy is geregtig op, moet 'n ander voor betaal. Ek betaal my rekening, wat redelik baie is as ek in ag neem wat ek betaal in persoonlike belasting en dan nog in brandstof heffings, Vat etc. Ek voel ek betaal vir absoluut niks. Werk 6 maande van die jaar vir 'n "government" wat my, my kinders en my mand will doodmaak. In my opinie, go to hell.
Pieter Reyneke 3/14/2010 3:25:36 AM

Beste Vuyelwa Vika,

Die weerhouding van belasting is die suiwerste vorm van demokratiese protes. Om geweld te plaag, soos deur die ANC gepleeg, is die uiterste vorm van ondemokratiese protes en optrede. Hierdie, in terme van die wet, weerhoude fondse word gebruik om aan almal, wit en swart, behoorlike dienste te lewer. Die enigste mense wat benadeel voel is amptenare wat nou nie meer geld het om te misbruik en te steel nie. Dit is protes op 'n wyse manier. Jy skryf:Maar om jou belasting te weerhou is onwettig. Jy oortree die wet. Dit is waarom mense wat dit doen altyd tweede gaan kom in ’n hofgeding." Dit is nie onwettig nie, en diegene wat dit weerhou het die voorgeskrewe wetlike prosedures gevolg.

Die grootste bydraende faktor vir die uiters barbaarse en geweldadige misdaad in die Suid-Afrika kan voor Mnr Mandela se deur gelê word, omdat hy die vader is van die geweldadige revolusie wat Suid-Afrika beleef het. Die revolusie het kinders van onderwys weerhou, hulle later verarm omdat hulle nie kon werk nie. Dit het 'n algemene kultuur van wetteloosheid en geweld gekweek. Dit is ook die oorsaak vir die hoë vlak van korrupsie, algemene wetteloosheid, swak onderwys en die feit dat Suid-Afrika meer en meer agteruit gaan. Belasting weerhouding is die wyse waarop Ghandi en Maartin Luther King Jnr sou protesteer, aangesien dit wettig is en lydelike verset is teen 'n boser regering.

Korrupsie is ook nie 'n nalatenskap van apartheid nie, maar deel van die revolusionêre nalatenskap van die ANC se revolusie en spruit uit ANC lede wat nie tydens die revolusie geleer is om gehoorsame burgers te wees nie, asook die swart man se gees van "entitlement". Korrupsie is vervolmaak post 1994. Suid-Afrika word sekerlik deesdae gegradeer as een van die mees korrupte lande in die wêreld. Suid-Afrika was op die 43 ste op die Transparency International Corruption Perceptions Index in 2006. Dit is uiters korrup. So 'n persepsie voorkom dat buitelandse kapitaal in Suid-Afrika belê word. Korrupsie skrik beleggers af. Korrupsie is so deel van die Ubuntu kultuur as pap.

Jou argumente in die stuk is ongegrond en ek dink jy weet dit.

Die koning (ANC)- Jacob Zuma is letterlik en figuurlik - kaal.

Groete.
Paul.v.H. 3/14/2010 9:21:15 AM
Vuyelwa Vika,gaan praat eerder met jou "Kaders"hulle is die "Incompetent Bigots"!
hahaha 3/14/2010 2:44:34 PM
Snaaks, haha. As 'n paar duisend wit belasting betalers hulle geld weerhou dan spring die ape om te se dit is verkeerd en mense moet betaal maar vir jare en jare word daar anderpad gekyk met die derduisende nie betalers en mense wat elektrisiteit steel. (Om nie eens van die vandaliste te praat nie)
Danie gerber 3/14/2010 3:23:25 PM
Nalatenskap van die verlede? So die res van die land moet maar betaal vir die wat nie kan of wil betaal nie....dit is mos onlogies en ondenkbaar en van alle waarheid en werklikheid versin! Munisipaliteite word reeds bankrot verklaar oor wanadministrasie en korrupsie en nou word van ons gehoorsame landsburgers verwag om die een oog blind te draai en verder die wanpraktyke te finansier tot nadeel van onsself! Dit is mos nou absoluut absurd en verdien algehele minagting! Sake van die aard wat tot dusver in die hof beslis is, was beslis nie in die guns van die regering of die plaaslike owerhede nie, inteendeel het dit die standpunt van swak dienslewering beklemtoon. Dit is beslis ook nie 'n voorreg om van basiese diens voorsien te wees nie! DIT IS 'N BASIESE REG! Jy betaal immers ten duurste vir daardie basiese reg! Dit is nie die landsburger se skuld indien julle onbekwame mense aanstel net om jul syfers te laat klop nie. Nou gaan die res van die land gebuk as gevolg van onkunde net omdat julle te egosentries en halsstarrig is om die werklikheid in die gesig te staar!? geniet nou maar die lekker vet jare, die maer jare wag vir ons almal...en dit gaan nie goed gaan met julle nie! Julle gee nuwe betekenis aan 'n ruspe en 'n parasiet!!!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Learning Delivery Specialis

KwaZulu Natal - Durban
MultiChoice Africa

Lead Architect

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Intermediate to Senior J2EE Developers needed

Gauteng - Johannesburg
E-Merge IT Recruitment
R350,000-550,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2009
R 169,000.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Plus 5-dr
2008
R 125,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 5-dr AC
2008
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...