Botha se olifante het ’n stertjie van agter

2010-03-13 14:45

Andries Botha by twee baba-olifante wat tans in Stellenbosch uitgestal word. Foto: Leanne Stander

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

As die mensdom nie eers na iets so groot soos ’n olifant kan kyk en na sy welsyn kan omsien nie, hoe kan ons met klein dingetjies vertrou word?

Hierdie gedagte – so wonderlik logies in sy eenvoud, tog diepgaande in sy reikwydte – lê aan die hart van Andries Botha se olifantkuns.

Botha se kuns is die afgelope weke taamlik in die nuus nadat ’n politieke storm losgebars het oor ’n paar olifante wat hy in opdrag van die Durbanse stadsvaders vir dié stad gemaak het.

ANC-lede in dié provinsie meen die olifant is ’n simbool van hul groot politieke vyand, Inkatha, en dus nie welkom in ’n stad met ’n ANC-regering nie.

As Durban nie Botha se olifante wil hê nie, is hulle egter meer as welkom elders in die wêreld.

Sy lewensgrootte slurpdiere – soms van hout, soms van rubber en partykeer selfs van klip – is sedert 2005 al in Holland, België en ­Mexiko uitgestal. ’n Paar is nou juis op pad na Amerika terwyl Stellenbossers, anders as die Durbaniete, hulself kan verlustig in ’n reuse-uitstalling van Botha se werk wat op die oomblik in die Sasol-kunsmuseum in dié dorp uitgestal word.


Soos so dikwels gebeur as politici hulself as kunskritici voordoen, het die ANC in Durban Botha se olifante aan die verkeerde stertjie beet.

Botha sê hy probeer deur sy kuns soek na “ontsnappingsroetes uit die eksistensiële krisis”, ’n uitweg uit die “gevangenisskap van materialisme” en die “tragiek en hartseer van ons troebel verlede”.

Daar bestaan slegs ’n greintjie hoop dat ons dit sal regkry, maar aan dié hoop móét ons vasklou.

Die simbool van daardie hoop in Botha se werk is die olifant, ook vanweë die groter bewussyn van olifante se regmatige plek op ons planeet. Die olifant as metafoor is gelaai met betekenis en simboliek.

In die Afrika-mitologie is die olifant ’n reïnkarnasie, die draer van die siel van die vermoorde God. So gesien beliggaam die olifant die transmigrasie van siele. Ook is die olifant die metafoor van die wêreld se danigheid met Afrika as ’n eksotiese bestemming en dus ook ’n verteenwoordiger van die wêreld se romantiek met Afrika.

Hy raak sommer bewoë as hy oor hulle praat. “Vir my is die olifant ook ’n metafoor vir broosheid. Dit vra nie baie om te besef hoe broos olifante se posisie is in die infrastruktuur wat ons steeds in eie belang en uit selfsug uitbrei nie.”

Hy sê in dié konteks word olifante ook ’n oorlewingsmetafoor vir die wyse waarop hulle steeds poog probeer om binne ’n afgetakelde ekosisteem aan te pas. Olifante is ook tradisioneel die bewaarders van ons geheue – kollektief en individueel.


Sy olifante, wat reg oor die wêreld uitgestal is, is dan ook ambassadeurs vir ’n kreatiewe visie en natuurlik ’n debat rondom ekologiese broosheid en verval en ons as mense se plig om hul oorlewing te waarborg. “Dit vra individuele betrokkenheid. Ons durf nie langer ons verantwoordelikhede abdikeer aan magshebbers wat nie die politieke wil het om teen materialisme en tegnologiese selfsug standpunt in te neem nie.”

In die Suid-Afrikaanse konteks soek hy na ’n ontsnapruimte uit die politiek geografiese milieu – die mities vertroebelde landskap wat ons in ’n verlede gevangene hou.

Om dit te doen moet ons herbesin oor menslikheid en medemenslikheid. Die voorbeeld wat oorbruggingsfigure soos oudpres. Nelson Mandela vir ons hierin stel, kan help. Mandela het, ondanks die verwagtinge van die hoofstroom, gehoor gegee aan sy eie menslikheid wat hom dinge ánders laat doen het. Mandela se optrede staan lynreg teenoor die politiek materialistiese verwagtinge wat eerder om vergelding as versoening wou roep.

Botha sê dis ook die roeping van die kunstenaar: Om teen die verwagtinge van die hoofstroom medemenslik in op te tree.

Kuns is vir Botha die uitdrukkingsmedium van hierdie versugting na menslikheid. As jy medemenslik wil optree, moet jy jouself oopmaak vir die mitiese moontlikhede van jou optrede.

Of anders gestel: “As jy ’n gebaar van barmhartigheid teenoor iemand anders maak, peusel jy aan die mitiese oomblik.”


’n Ander tema in sy werk is die manier waarop hy die landskap gebruik om verval en aftakeling te illustreer. Hy verduidelik dat die landskap vergelyk kan word met die mens se vel. Net soos op die vel kan jy die kneusplekke, die are en die hare op die landskap sien. Dit word ’n lewende geskiedenis.

Maar net soos die vel, verander die landskap ook. Dit word afgetakel en soos die liggaam sorg nodig het, het die landskap ook liefdevolle sorg van die mens nodig.

“Die gevaar is dat die geografiese landskap ’n weerspieëling van menslike verval kan word.”

Dit is daarom nodig om te onthou wat die mens aan die landskap gedoen het en om die geografiese geskiedenis te dokumenteer. Ons moet ook menslik teenoor die landskap moet optree.

Wat hom kwel, is die mens se dikwelse onvermoë om sy eie menslikheid teenoor homself en ander in die geografiese landskap uit te leef.

“Kuns moet die kreatiewe energie verskaf om die mens te help om hom uit die moeras van onmoontlikhede te trek,” sê hy.

Dit beteken nie dat die kunstenaar ’n Christus-figuur is nie. Inteendeel, hy bly bloot mens. Dit gaan nie oor die bomenslike nie, maar oor die herontdekking en innerlike konfrontasie met die menslike wat in jou kan seëvier.

Amanda Botha is die kurator van ’n uitstalling van Botha se werk wat tans in die Sasol-kunsmuseum in Stellenbosch te sien is. Dit duur tot 9 April.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.