Bram se lewe meer as ‘snot-en-trane’

2012-07-21 23:59

David Butler as Bram Fischer in Die Bram Fischer Wals | Foto: mariska ison

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hoe pak ’n mens ’n toneelstuk oor ’n historiese figuur aan as die vriende en familie van so iemand – mense wat hom baie goed geken het – nog leef?

Dit is ’n probleem waarmee ek gekonfronteer is toe ek begin werk het aan my toneelstuk oor die Afrikanerkommunis, Bram Fischer (Die Bram Fischer wals, wat onlangs in Bloemfontein opgevoer is).

Die Fischer-toneelstuk was nie die eerste keer dat ek my tot die geskiedenisboeke gewend het vir materiaal vir ’n drama nie.

In 1984 het ek ook ’n libretto geskryf vir ’n rockopera, Piet Joubert & The Boer War Show, wat losweg gegrond was op Piet Cronjé se Boereoorlogvertonings in St Louis in 1906. En dan was daar ook Frida Kahlo’s Eyes, oor ’n vrou se obsessie met dié Mexikaanse kunstenaar.

Kahlo en selfs Cronjé was egter vir my abstraksies, maar Bram Fischer se storie gaan oor ons tyd, ons politiek en die ontstaan van ’n demokratiese Suid-Afrika. Ek wou daarom die storie met die grootste sorg moontlik vertel.

Terwyl ek en die akteur David Butler gerepeteer het aan Die Bram Fischer wals is ek elke middag wéér aan dié voorneme herinner omdat my pad huis toe my telkens verby die huis van Ilse Wilson, Bram se jongste dogter, geneem het.

Haar huis en die herinnering aan my gesprekke met Ilse oor haar pa was telkens vir my ’n aanmaning. ’n Aanmaning dat die storie wat ek en David wil vertel nie net ’n storie was van iemand wat in geskiedenisboeke onthou word nie, maar iemand wat ook onthou word deur mense wat hom geken en liefgehad het en wat steeds leef.

Toe ek begin navorsing doen, het dit my opgeval hoe min insig baie van Fischer se biograwe in die Afrikaner-gemeenskap gehad het. Eers met die verskyning van Hannes Haasbroek se ’n Seun soos Bram vroeër vanjaar is hierdie wanbalans reggestel. Fischer se Afrikaner-bande en -herkoms (hy was die kleinseun van ’n voormalige Vrystaatse president) was net soveel deel van sy lewensverhaal as sy kommunistiese politieke ideale.

Ná jare se leeswerk, stapels aantekeninge, ’n titel en selfs ’n struktuur het ek genoeg moed bymekaargeskraap om met mense te gesels wat Fischer persoonlik geken het.
 
Elkeen van hulle het my dinge vertel wat ek nêrens anders gelees het nie. En die manier waarop almal op een of ander punt van die gesprek begin lag het, het my laat besef daar was meer aan Fischer as wat in boeke staan.

My eerste ontmoeting was met Hugh Lewin, skrywer en Fischer se mede­gevangene. Ek het ’n paar vrae gehad, meestal oor hul tyd in die tronk, maar die gesprek het gou ’n eie lewe gekry.

Baie van die stories was snaaks. Soos die storie oor “boep squash”, die speletjie wat die wit politieke gevangenes gespeel het met ’n tennisbal wat die Internasionale Rooikruis aan hulle geskenk het. Of die een oor die bewaar­der wat Fischer “beseringstyd” toegelaat het sodat hy ’n Unisa-eksamenvraestel kon voltooi. Lewin het telkemale geglimlag wanneer hy oor sy vriend praat.

Wilson het my aan huis ontvang en spontaan oor haar pa se liefde vir musiek en dans begin praat. Oor die partytjies by die Fischers se huis in Beaumontstraat in Oaklands, Johannesburg, en dat hy graag ’n glasie “dop-en-dam” geskink het wanneer hy tuisgekom het. Toe ek ry, het sy met ’n glimlag gesê daar was meer aan haar pa se lewe as “snot-en-trane”.

Bram het al hoe meer na ’n Afrikaner-oom as ’n terroris begin klink.

Denis Goldberg, wat saam met Nelson Mandela in die Rivonia-verhoor lewenslank tronk toe gestuur is en die terminale Bram Fischer in sy sel verpleeg het, het laggend vertel van Bram wat met sy vilthoed, vellies en kakiebroek sonder hemp in die tronktuin gewerk en dan soos ’n “Karoo-stasiemeester” gelyk het. Wanneer hy Fischer aangehaal het, het hy Afrikaans gepraat. Wrewel teenoor die owerhede oor die slegte behandeling wat die sterwende Fischer ontvang het, is heeltemal oorskadu deur die deernis waarmee hy van sy medebandiet gepraat het.

Die gesprekke met hierdie drie mense het my laat besef dat die toneelstuk ook moet gaan oor ’n man wat baie meer as ’n politieke aktivis was en werklik omgegee het vir sy medemens.

Tydens die repetisieproses het David Butler Fischer nagevors sonder om na oudiovisuele materiaal te kyk en sy karakter geskep uit dit wat hy oor Bram gelees het.

Hy het nie doelbewus probeer om soos Bram Fischer te lyk nie en het selfs besluit om nie sy effense mank stappie na te maak nie. Nogtans het ’n vrou wat Fischer geken het hom ná die eerste vertoning in Bloemfontein voorgekeer en gesê hy herinner haar sterk aan Bram.

Hopelik het die navorsing wat ek gedoen het oor Bram Fischer se lewe en sy denke my gehelp om woorde en gedagtes in Bram se mond te lê wat dié wat hom geken het ook aan hom sal herinner. En gehore ’n blik op Bram ­Fischer bied wat hulle nie voorheen gehad het nie.

Die Bram Fischer wals word later vanjaar op Aardklop in Potchefstroom opgevoer. Dit sal ook volgende jaar by die Stellenbosse Woordfees en by die KKNK te sien wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Flip Raath sê... Die stemkrag van die land leg daar waar die "grants" uitgedeel word en in sy plakkerskampe en in sy landelike, (ou tuisland) gebiede. Dis 'n demokrasie, 'n "one man one vote stelsel". Wat probeer julle seg? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.