Dag van brute mag

2012-10-28 00:01

Lede van die kommissie kyk na 'n video-opname van die gebeure by Marikana.| Foto: Felix Dlangamandla

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die taak van die kommissie van regter Ian Farlam, wat die afgelope week met sy werksaamhede begin het, is om vas te stel presies wat op 16 Augustus gebeur het toe die polisie 34 stakende mynwerkers op Marikana doodgeskiet het.

Die hoe en die wat van daardie dag is egter net een deel van die prentjie. Die belangrikste vraag, en een wat nog glad nie beantwoord is in mediaberigte oor die gebeure tot dusver nie, is: Hoekom is die polisie toegelaat om so op te tree?

Ek glo die antwoord op dié vraag lê in die wyse waarop ’n doktrine van “maksimum mag” die laaste paar jaar onder politici en senior polisiebestuurders inslag gevind het.
Eerstens is dit duidelik dat daar op die vooraand van die skietery doelbewus besluit is op drastiese optrede.

Hoe weet ons dit? Omdat die polisie dit self gesê het: Polisiewoordvoerder Dennis Adriao het op die oggend van die skietery verklaar: “Vandag is ongelukkig D-dag. Ons het probeer om te onderhandel en ons sal weer probeer, maar as dit faal, gaan ons oor in ’n taktiese fase.”

Dit is belangrik om te besef dat daar geen rede was waarom die onderhandelinge nie kon voortgaan en waarom die “taktiese fase” juis op daardie dag moes begin nie – behalwe dat die polisie besluit het dit was “D-dag”.

Dis ook belangrik om te weet dat daar sedert 13 Augustus reeds spesiale polisie-eenhede in die gebied ontplooi is wat opgelei is om in hoërisiko-omgewings met gewapende misdadigers soos transitorowers af te reken – situasies waar dit nodig is om vuur met vuur te beveg.

Die polisie se plan, soos Adriao dit aan die media verduidelik het, was om die skare “te ontwapen en om hulle sover te kry om vreedsaam uiteen te gaan”. Dit was dus van meet af aan nie ’n konvensionele skarebeheeroefening nie, maar ’n hoërisiko-plan waar die gevaar dat die geweld kan eskaleer altyd teenwoordig was.

Uit die video-beelde van die aanvanklike sarsie skote kan ’n mens seker ’n saak uitmaak dat die polisie eerlik gedink het hulle word aangeval.

As jy dít aanvaar, kan jy ook argumenteer dat hulle uit selfverdediging opgetree het. Ons howe was nog altyd simpatiek teenoor mense wat gedink het hul lewe word bedreig en dan geskiet het, selfs al het dit later geblyk dat hulle die situasie verkeerd opgesom het.

Ons weet egter ook reeds, ná verskeie mediaberigte hieroor, dat daardie aanvanklike sarsie skote wat deur televisiekameras vasgevang is, nie al skote is wat geskiet is nie. Die eerste sarsie het sowat 10 sekondes geduur. In vroeë televisieberigte al is gemeld dat die polisie daarna sommige stakers agtervolg het en dat geweervuur vir “nog ’n halfuur” gehoor kon word.

Sedertdien het verskeie joernaliste getuies opgespoor wat vertel het dat mynwerkers geskiet is terwyl hulle probeer ontsnap het. The Star het een man aangehaal wat vertel van makkers wat geskiet is “vir die pret terwyl hulle op hul knieë was met hul hande in die lug”.

Ek glo die polisieoptrede in Marikana moet saamgelees word met die toenemende klem wat die afgelope dekade op aggressiewe polisiëring gelê is, veral in politieke kringe.

Sedert 1999 het opeenvolgende polisieministers hardhandige polisieoptrede bepleit of goedgepraat.

’n Goeie voorbeeld is Susan Shabangu, destyds die adjunk-minister van polisie, wat in April 2008 verklaar het dat die polisie toestemming het om misdadigers dood te maak. “Julle het wapens, gebruik hulle.”

Onder polisieminister Nathi Mthethwa is daar ook vir die eerste keer ’n verandering te bespeur in die manier waarop eenhede soos die spesiale taakmag, openbare-orde-polisiëring, almal deel van die “Operasionale Reaksiemagte, begin optree.

Sedert 2011 is baie van dié eenhede met voorvalle van polisiebrutaliteit verbind – die klopjag op die Johannesburgse kroeg Catz Pajamas en die moord op Andries Tatane in Ficks­burg is seker die bekendste. Baie van die eenhede was ook by Marikana teenwoordig.

Terselfdertyd gee Mthethwa ook magtiging aan die polisie om, soos hy dit noem, “maksimum mag” te gebruik.

Enkele dae voor Marikana, op 8 Augustus, verduidelik hy dit soos volg: “Daar moet ’n onderskeid wees tussen die behoefte om maksimum mag teen gewelddadige misdadigers te gebruik en minimum mag in ons optrede met mede-burgers.”

Die probleem hiermee is dat die idee dat die polisie “maksimum mag” in sekere omstandighede mag gebruik, in geen handboek van polisiepraktyk – ten minste in Westerse samelewings – bestaan nie. Ook nie in die polisiewet nie, wat dit duidelik stel dat ’n polisielid “slegs die minimum mag mag gebruik as wat redelik geag sou wees in die omstandighede”.

Die wet sê die polisie moet minimum mag gebruik, maar die polisie sê openlik maksimum mag was nodig by Marikana.

Hoe wyd hierdie doktrine van “maksimum mag” reeds binne die polisie inslag gevind het, is moeilik om vas te stel. Dit lyk tog asof die polisieminister se gebruik van die term minstens by sommige lede verstaan word as ’n aanmoediging om dood te maak.

In enige nabetragting van die Marikana-gebeure sal dié feit in gedagte gehou moet word.

David Bruce is ’n onafhanklike navorser. Hierdie is ’n verkorte weergawe van sy ­artikel Marikana and the doctrine of ­Maximum Force op www.mampoer.co.za

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-21°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-23°C Morning clouds. Mild. PE: 11-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!