Danie Theron, Davy Crockett ... volkshelde

2010-09-04 15:10

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Op pad na die lughawe tydens my eerste besoek aan Suid-Afrika in 2003 het ek ’n eksemplaar van Nelson Mandela se Long Walk to Freedom gekoop. Teen die tyd dat ek in Kaapstad geland het – 22 uur later – het ek die boek klaar gelees.

As ’n swart Amerikaner kon ek identifiseer met Suid-Afrika se stryd om gelyke regte en as ’n voormalige verslaggewer van The Washington Post was ek redelik bekend met Suid-Afrika se onlangse geskiedenis. Maar daar was ’n paar gapings in my kennis.

Nadat ek Mandela se boek gelees het, het ek besef dat ek nie veel weet van die sienswyse van Afrikaners nie.
So, terwyl ek in Kaapstad was tydens daardie eerste besoek het ek ook eksemplare gekoop van FW de Klerk se The Last Trek: A New Beginning en The Afrikaners deur Hermann Giliomee.

Albei dié boeke het my ’n mate van insig gegee. Maar omdat ek self ’n boek geskryf het oor militêre strategie aan die Middellandse See, wou ek meer weet van die Anglo-Boereoorlog, veral vanuit ’n Afrikaner-perspektief. Min het ek geweet waarheen my nuuskierigheid my sou lei en wat ek sou uitvind.

Gedurende my navorsing het die naam Danie Theron my aandag getrek en dit het nie lank geneem nie voordat ek begin dink het dat dié Danie Theron baie ooreenkomste toon met die Amerikaanse volksheld Davy Crockett.

Met die eerste oogopslag kan jy wel vra: Wat het Danie Theron en Davy Crockett gemeen?

Hulle het nooit ontmoet nie. Crockett is gedurende die Slag van die Alamo in 1836 dood, meer as drie dekades voor die geboorte van Theron in 1872. En dit is onwaarskynlik dat Theron, wat in 1900 oorlede is, ooit van Davy Crockett gehoor het.

Tog is daar baie elemente wat dié twee se lewe verbind.

Danie Theron was ’n prokureur. Davy Crockett was ’n magistraat en ’n wetmaker. Hy is verkies tot die Tennessee-wetgewer en later tot die Amerikaanse kongres.

Theron, ’n vurige Afrikaner-nasionalis, het sy bloeiende prokureursaak in Krugersdorp verlaat en by die Boere se stryd teen die Britte aangesluit. Davy Crockett het politiek en die gemaklike lewe in die 19de eeuse Washington opgegee om na die Amerikaanse suidweste te reis om in Texas teen Mexiko te gaan veg.

Die weermagte teen wie sowel Theron as Crockett te staan gekom het, was gesoute professionele soldate.

In teenstelling daarmee het albei burgermagte met burgerlikes gelei wat saamgekom het om te veg vir ’n spesifieke saak waarin hulle passievol geglo het. En albei se volgelinge was ongelooflik lojaal aan leiers wat hulle bewonder het vir hul charisma, dapperheid en toewyding.

En albei het gesneuwel terwyl hulle vir hierdie saak geveg het, en word onthou as legendariese helde.

Maar daar is meer wat The-ron en Crockett bind: Albei is van Hugenote-afkoms.

Jacques Therond (die naam is toe nog met ’n “d” gespel) is in Nîmes in die suide van Frankryk gebore in ’n streek wat eens deel was van die Romeinse Ryk.

Hy en sy familie het die vervolging deur die Katolieke ná die herroeping van die Edik van Nantes in 1685 ontsnap en op 5 Junie 1688 saam met die eerste klomp Hugenote-setlaars in die Kaap aangekom op die VOC-skip die Oosterland.

Die Crockett-familie (hul oorspronklike naam was De la Croquetagne) het ook van Frankryk gekom. Antoine de la Croque-tagne het ook voor Katolieke vervolging Ierland toe gevlug.

Toe hulle daar kom, is hul van na Crockett verengels. Later het Antoine se nasate na Amerika geëmmigreer en het hulle uiteindelik in Tennessee gevestig.

Maar daar hou die ooreenkomste op.

Ongelukkig is die kennis van Theron en sy heldedade beperk tot Afrikaners ouer as 30. Baie jong Afrikaners van sê jonger as 25 sou nooit van hom gehoor het nie of sou nog nooit een van die monumente ter ere van hom besoek het nie.

Die meeste Suid-Afrikaners van ander rasse- en kulturele groepe het heel moontlik nog nooit van Danie Theron gehoor nie.
Is dit nie ironies dat meer Suid-Afrikaners waarskynlik al van Davy Crockett gehoor het as van Danie Theron nie? Die meeste ken dalk selfs die liedjie “Davy… Davy Crockett… King of the wild frontier”. Noem sy naam en talle sien in hul geestesoog ’n man met ’n keps van wasbeervel.

Die populêre beeld van Crockett as ’n Amerikaanse volksheld verberg natuurlik ook sy ernstiger kant. Daar is baie legendes – en mites – oor hom.

Een daarvan wil dit selfs hê dat hy sy eerste beer doodgemaak het toe hy net drie jaar oud was!

Min mense besef byvoorbeeld dat Tennessee ’n staat was waar slawehandel wettig was en wat in die Amerikaanse burgeroorlog aan die kant van die konfederale magte geveg het. En hoewel Crockett 30 jaar vóór dié oorlog oorlede is, het hy waarskynlik slawerny ondersteun.

Maar dit behoort nie in die pad te staan – en is in elk geval nie relevant nie – tot sy nalatenskap as belangrike en kleurryke historiese figuur nie.

Dieselfde kan gesê word van Jesse James, nog ’n gewilde Amerikaanse volksheld. Jesse
James was ’n konfederale soldaat gedurende die burgeroorlog – maar dit beteken nie dat hy steeds in die 21ste eeu as held geëer word nie. Om die waarheid te sê is daar meer films gemaak oor Jesse James as oor Abraham Lincoln – die president onder wie se leiding slawerny beëindig is.

Op dieselfde wyse glo ek dat ’n vars evaluasie van die lewe van Danie Theron behoort te beteken dat hy deur alle Suid-Afrikaners as ’n held erken sal word – op dieselfde wyse as Davy Crockett.

Hoekom? Om dié vraag te beantwoord moet ons ook die vraag vra: Wie was Danie Theron?

Wel, Danie Theron was ’n soldaat wie se optrede teen die Britse kolonnes van veldmaarskalk lord Roberts en sy stafhoof lord Kitchener só effektief was dat hulle ’n prys van £1?000 op sy kop gesit het – “lewend of dood”.

As Afrikaner-ikoon is sy nalatenskap so belangrik geag dat twee konserwatiewe Afrikanerleiers seremonies gelei het om sy nagedagtenis te eer.

In 1968 het PW Botha, destyds minister van verdediging, die hoeksteen gelê van die Danie Theron-krygskool in Kimberley, terwyl John Vorster in 1980, ’n jaar nadat hy as eerste minister uitgetree het, ’n borsbeeld van Theron in Tulbagh onthul het.

In 2002 het Nelson Mandela by die Voortrekkermonument gepraat by die onthulling van die Theron-standbeeld nadat dit Pretoria toe verskuif is.

Bid jou dit aan – ’n Suid-Afrikaanse held wat ná 110 jaar steeds tot so ’n mate geëer word dat hy polities die grense van tradisionele rasse-foutlyne in Suid-Afrika kan deurbreek!

Tydens die seremonie by die Voortrekkermonument het Mandela Theron se nalatenskap baie goed opgesom.

“My hoop, terwyl ons almal saam vandag Danie Theron se nalatenskap eer, is dat ons toenemend mekaar se erfenis in die land sal deel. Ons is een groep met ’n gesamentlike bestemming.

Die voorspoed van een gemeenskap is onlosmaaklik gebind in al die ander. Die diversiteit van ons geskiedenis en van ons huidige sterkte bring ’n poel van menslike voorspoed.

“Laat ons uit ons verskillende geskiedenisse neem wat goed is; en laat ons daarop voortbou vir ons gesamentlike toekoms.”
My persoonlike reis om Suid-Afrika se geskiedenis te ontdek gaan voort. So byvoorbeeld het ek drie jaar gelede, ná breedvoerige navorsing, ’n artikel geskyf oor Suid-Afrika se eerste veearts, dr. Jotello Festiri Soga, ’n Xhosa-man wat in die ou Transkei gebore is. Nadat hy in 1886 aan die Universiteit van Edinburg gekwalifiseer het, het hy na Suid-Afrika teruggekeer en ’n leidende rol gespeel om die runderpes uit te roei – ’n hoogs aansteeklike siekte wat veestapels in die land vernietig het.

Vanweë my navorsing en artikels het die Universiteit van Pretoria se veeartsenyfakulteit by Onderstepoort in 2008 hul biblioteek na hom genoem.

Twee jaar gelede het ek besluit om ’n dokumentêre prent oor Danie Theron te maak. Sedertdien het ek Nîmes in Frank-ryk vier keer besoek – die laaste keer saam met dr. Hannes Theron, wat die Theron-familiegeskiedenis in Suid-Afrika geskryf het.

Ek het ook vele besoeke aan Tulbagh gebring waar Theron gebore is. Familielede het gedenkwaardighede, insluitende fassinerende stukkies mondelinge familiegeskiedenis, met my gedeel. En ek het die meeste plekke in Suid-Afrika besoek waar hy geveg en gelewe het – insluitende die plek waar hy dood is.

In sy boek Three Years War skryf genl. Christiaan de Wet oor Theron se antwoord aan hom toe hy gevra is om deur die Britse linies te sluip om Cronjé te waarsku.

“Die trotse en duidelike antwoord het onmiddellik gekom,” skryf De Wet, “die enigste antwoord wat ’n held soos Danie Theron kon gee: ‘Ja, generaal, ek sal gaan.’” Dis moontlik net ’n toevalligheid dat een van Davy Crockett se gunsteling-sêgoed was: “Always be sure you are right, then go ahead.”

Ek hoop die prent Danie The-ron: Valour and Sacrifice sal verseker dat die hele Suid-Afrikaanse reënboognasie Danie Theron se nalatenskap sal onthou en eer.

Jesse Lewis is ’n vryskut-joernalis met ’n besondere belangstelling in Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.