Die Malemas teer op die vergete dele van ons land

2010-03-06 16:21

Grafika: Anton Vermeulen

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die les is dat sommige dele van Suid-Afrika eenvoudig agtergelaat word. Daar is ’n geografiese ongelykheid in ons land wat nou moet aandag kry.

Daar is nege provinsies en tog weet ons almal dat politici net in twee van hulle op enige manier aanspreeklik gehou word.

Dit is soos volg: In Gauteng is daar ’n sterk onafhanklike media. As jy die hoof- sentrale sakegebied van Johannesburg afsper net om jou wetgewer te open sal mense dit agterkom en die plaaslike media sal ’n feestelike tyd hê met foto’s van die afgesperde strate, skattings van hoeveel die sakebedryf verloor het, ensovoorts.

Maar in Mpumalanga het die provinsiale regering ’n halfmiljoen rand bestee aan reuse-advertensies in koerante, waarvan sommige selfs buite die provinsie was, net om oor hul openingsplegtigheid te praat. Die hoofelement: ’n taamlike groot foto van die premier. Daar was foto’s van LUR’e in hul spoggerige klere.

Dit was ’n oefening in bling, in windmakerigheid, in ego. Tog weet ons almal dat – omdat dit in Mpumalanga is – niks sal gebeur nie. Dit is ’n storie wat nie deur die nasionale media opgeneem sal word nie en die plaaslike media is eenvoudig te klein. Dit bestaan feitlik nie of het toegemaak.

En vergeet die plaaslike politici, die regerende party beslaan 85% van die wetgewende liggaam daar. Op geen manier dus kan opposisiepartye juis veel doen nie.

Dit is presies hoe Malema, en baie ander, so vinnig so baie geld kon maak (as die geld ooit syne is). Niemand het dopgehou wat op hierdie plekke gebeur nie.

In die Wes-Kaap is daar baie mense wat ’n ogie hou. Ja, dit het ’n groot mediateenwoordigheid, maar wat regtig die politici op hul tone hou, is die vrees om te verloor. Wanneer hulle nie goeie werk gedoen het nie, is hulle uitgeskop.

Maar dis die enigste plek waar politici enigsins ’n vrees vir die mense het. Die mense het hulle goeie rede gegee, deur hulle uit te skop. Omdat die huidige regerende party in die Wes-Kaap ook bang is om te verloor maak hulle goeie regering ’n werklike prioriteit. As jy na die paaie kyk, is dit duidelik.

Maar Limpopo het geen kans nie. Sy hoofsentrum, Polokwane, is klein. Nie soseer wat betref geografie of bevolkingsgetalle nie, maar eenvoudig kontant. Sy ekonomie steun eenvoudig nie ’n winsgewende kommersiële media nie.

Dié provinsie het onlangs eers sy eie, onafhanklike radiostasie gekry en daar is nie werklik koerante nie. Ek wil nie die koerante wat daar is, afkraak nie; daar is sommige wat regtig goeie werk doen. Maar om ’n ondersoek vol te hou verg tyd en geld. En as die politici al die geld het – en dit is óns geld, nie hulle s’n nie – is dit moeilik om hulle teen te staan.

Dit maak politici inderdaad baie magtig. Hulle en hul familie en vriende kan letterlik die land deurkyk op soek na tenders en maniere om vinnig ryk te word. En hulle doen dit. En wanneer dinge skeefloop, wanneer iemand in hul pad staan, ’n fluitjie teen hul lippe druk en regtig hard blaas, is daar niemand om te luister nie.

Die hartseerste ding is dat die een organisasie wat dit kan keer, die ANC, stoei om dit alles te beheer.

Dink oor wat besig is om in Mpumalanga te gebeur, rondom die Wêreldbekerstadion Mbombela in Nelspruit. Daar hét iemand die fluitjie geblaas oor massiewe korrupsie rondom die konstruksie van die arena. Jimmy Mohlala is vermoor vir sy moeite.

Maar die ware gevaar lê in wat in die plaaslike ANC gebeur het.

Toe hy probeer het om sy tak sover te kry om te verstaan wat aangaan, is hy geskors. Dit blyk die hart te wees van een van die hoofprobleme waardeur ons as ’n land op die oomblik in die gesig gestaar word.

Op baie gebiede is die plaaslike ANC die gemeenskap. Dis goed, hulle verdien om dit te wees. Maar in sommige takke, sommige provinsies, word hulle deur slegte mense oorgeneem. In hierdie gebiede is daar geen keer aan hul mag nie. Hulle is die plaaslike regering; hulle besit die polisie; daar is niks wat ’n gewone mens teen hulle kan doen nie.

Dink só daaroor: In Gauteng het dit tyd en energie geverg om die sogenaamde Alex Mafia te keer. Sy leiers, mense wat skynbaar naby diegene is wat by tenders baat vind, en wat lewens leef wat net so moeilik is om te verduidelik soos Malema s’n, was baie magtig. Maar daar is baie aandag op hulle gevestig.

Die media het begin belangstel. En omdat Gauteng Gauteng is, het die nasionale ANC begin kennis neem. Paul Mashatile is gedemoveer na adjunkminister van kuns en kultuur en die mense wat naby hom gesien is, is ook teruggesit.

In Limpopo, Mpumalanga en Noordwes gaan dit eenvoudig nie gebeur nie. Hulle is te klein, polities te onbeduidend om die nasionale agenda te haal en, die belangrikste, te arm.

Die Oos-Kaap is soortgelyk, maar ten minste is daar plaaslike media-afsetgebiede. In Oos-Londen het die Daily Dispatch uitstekende werk gedoen om die dood van babas by die Frere-hospitaal oop te vlek. Omdat die koerant deur ’n nasionale groep besit word, het ander mense die storie opgetel. Uiteindelik het ’n adjunkminister van gesondheid gaan kyk wat aangaan, en dit het gedeeltelik daartoe gelei dat sy deur die destydse pres. Thabo Mbeki afgedank is. Maar die koerant het feitlik al sy hulpbronne in daardie ondersoek opgebruik. Dit is bekend dat feitlik elke werknemer in die een of ander stadium na die hospitaal toe gegaan het en die koerantkantoor leeg gelaat het.

In die Vrystaat het dit ’n kommerwekkende lang tyd geneem vir die storie oor die gebrek aan antiretrovirale medisyne (ARM) by die plaaslike hospitaal om enige publisiteit te kry.

KwaZulu-Natal is ook beter omdat hulle onafhanklike koerante het. Vir ’n rukkie het hulle ook ’n sterk politieke opposisieparty in die IVP gehad. Dit het beteken dat die provinsie vir ’n ruk in die weegskaal was, en dus moes politici hulself dophou.

Die Noord-Kaap is so klein dat die keuse daar miskien te klein is vir tenderpreneurs om betrokke te raak. Maar mense wat kommerwekkend korrup lyk, soos John Block, kraai steeds daar koning.

Daar is ’n ander manier om na al hierdie dinge te kyk. As ’n brug in Gauteng of in die Wes-Kaap of selfs in Durban sou inmekaarstort, sal die duiwel los wees. Plaaslike en daarna nasionale radiostasies sal elke uur regstreeks vanaf die toneel verslag doen; joernaliste sal met mekaar meeding om uit te vind wie die brug gebou het, hoe die tender toegeken is, wie uiteindelik verantwoordelik is, en so meer. Politici sal dan moet skuiling soek, hulle sal nie eens in die openbaar kan verskyn as hulle nie antwoorde gereed het nie.

Maar in Limpopo sal ’n brug wat inmekaarstort slegs die nuus haal as dit aan ’n nasionale politieke figuur gekoppel kan word.

Dit vertel jou alles wat jy moet weet oor hoe dele van ons land eenvoudig agtergelaat word.

* Stephen Grootes is ’n politieke verslaggewer vir Primedia Broadcasting se Eyewitness-nuusspan.


- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-25°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.