Die fout in Potch

2012-12-02 00:28

Faksiegevegte binne die party beteken dat die ANC in Tlokwe (Potchefstroom) nie dié verkiesingsbelofte kan nakom nie. | Foto: Linda de Beer

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die gebeure in die Potchefstroomse stadsraad die afgelope twee weke skep ’n situasie wat sedert 1994 nog nie in plaaslike regering voorgekom het nie.

Die manier waarop die ANC gaan probeer klim uit die gat wat hy hier vir homself gegrawe het, gaan ’n belangrike gevallestudie word en wetgewing tot die uiterste beproef.

In dieselfde week waarin die ANC dit reggekry het om ’n mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma in die parlement uitgestel te kry tot Februarie volgende jaar, het die die ANC in die Tlokwe-stadsraad in Potchefstroom daarin geslaag om ’n mosie van wantroue in sy eie burgemeester aanvaar te kry.

Die uiteinde daarvan is dat die ANC se uitvoerende burgemeester, Maphetle Maphetle, sy pos kwyt is nadat die DA (met die hulp van die VF+ en Cope) hul kandidaat, prof. Annette Combrink, as burgemeester verkies kon kry.

Dié sage is egter nie net ’n Potchefstroom-storie nie – dit lê ook die nasionale foutlyne in die ANC netjies bloot.

Dis politieke krake in Noordwes lê diep.

Sedert 1994 het elke ANC-leier in Noordwes gesukkel om die party bymekaar te hou. Almal, insluitende die huidige premier, Thandi Modise, het daarin gefaal.

Die ANC in Potchefstroom weerspieël dieselfde verdeling sedert die plaaslike verkiesing verlede jaar. Die onderlinge twis voor die verkiesing was so erg dat die party in ses wyke nie sy kandidate voor die bestemde tyd by die OVK kon registreer nie.

Dit het die DA en Cope die geleentheid gegee om hul steun aansienlik uit te brei.

Ná die verkiesing van die Tlokwe-stadsraad was 30 van die 52 stadsraadslede ANC-lede, die DA het 19 lede gehad, die VF+ twee en Cope een.

Hoewel die ANC stewig in die saal was, het die gesamentlike opposisie se 23 stemme skielik meer van ’n bedreiging ingehou, veral in ’n raad waar die ANC sélf verdeeld was.

Reeds op die eerste vergadering was dit duidelik dat die jong Sanco-aktivis David Kham, wat aangewys is as die ANC se hoofsweep, die lewe vir sy ontplooide kameraad Maphetle Maphetle, uitvoerende burgemeester, moeilik gaan maak.

Aanvanklik was Kham ’n baie sterk Julius Malema-man. Namate Malema se ster op nasionale vlak gekwyn het, het die anti-Maphetle-faksie al hoe meer sy voorkeur vir Kgalema Motlanthe as nasionale presidentskandidaat begin wys.

Op dié wyse het die ANC-politiek bínne die stadsraad dus ’n spieëlbeeld geword van die groter magspel op nasionale vlak: die Zuma-aanhangers (Maphetle) teen die Motlanthe-faksie (van Kham).

Aanvanklik is die verdeling redelik goed bestuur, maar nadat Kham se Motlanthe-faksie die oorhand gekry het, het hulle ’n rits klagtes teen die burgemeester geformuleer oor beweerde wanbestuur en korrupsie. Dit is dié dokument wat die mosie van wantroue ingelei het. Die mosie is op 16 November met 37 stemme teen 12 aanvaar. Nadat die 12 ANC-lede van die Maphetle-faksie die vergadering verlaat het, is Combrink tot burgemeester verkies.

Combrink se burgemeesterskap sal natuurlik van korte duur wees – net totdat die ANC hergroepeer en haar ontsetel.

Dié tydperk kan enigiets van twee weke tot ses maande duur, maar intussen hoop die DA om dié venster te gebruik om betekenisvolle stappe te doen om die stadsraad op ’n beter bestuurs–pad te plaas en dienslewering te verbeter.

Die uitslag van sy eie mosie het die ANC soos ’n skoot koue water getref – veral toe dit duidelik word dat die stadsraad se interne reëls dit nie moontlik maak om Combrink se verkiesing onmiddellik om te keer nie.

As die ANC-partybase die verdeeldheid in die stadsraad wil bestuur, het hulle twee opsies: Die eerste is om dissipline uit Luthuli-huis te probeer opdwing. Dit sal behels dat Kham, die drywer van die mosie van wantroue teen sy eie burgemeester, en al die ANC-raadslede wat vir die mosie gestem het, geskors word.

Dan moet “lojale” partylede in nuwe tussenverkiesings tot die raad verkies word.

Hierdie strategie is in pas met die ANC se nuwe benadering tot partydissipline en sal die ANC in staat stel om die burgemeesterskap op die vroegste teen einde Januarie 2013 weer oor te neem.

’n Tweede strategie sal wees om die Tlokwe-stadsraad te ontbind deur al 30 ANC-raadslede te dwing om te bedank.

Dié strategie lyk na die Midvaal-strategie in Gauteng, want ná ontbinding kan plekke soos Ventersdorp by Potchefstroom ingesluit word om die ANC sodoende van groter meerderhede te verseker.

Dié strategie is egter nie sonder probleme nie. Hoewel art.?139 van die Grondwet wel voorsiening maak dat ’n wanfunksionerende raad ontbind kan word, kan Tlokwe, met sy ongekwalifiseerde ouditverslag vir 2011-’12, beswaarlik as sulks gesien word.

Dit is dus duidelik dat die gebeure in Tlokwe besig is om in ’n reuse-verleentheid vir die ANC te ontwikkel.

Tlokwe is nou ’n simbool van gewone ANC-lede se ongelukkigheid en frustrasie met die party se beleid van kaderontplooiing en die gebruik om burgermeesterskandidate uit Luthuli-huis aan te wys, dikwels teen die wil van plaaslike lede.

Die kort periode wat die DA gegun word om die stadsraad te bestuur, gaan ’n betekenisvolle uitwerking op Potchefstroom, die breë gemeenskap en veral die ANC hê in die maande en jare wat volg.

Theo Venter is ’n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.