Die groot (wit) projek

2012-10-13 23:17

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Elke Dinsdag en Donderdag is die roetine dieselfde: Op die lang, boomomsoomde pad wat Ruyterwacht met die buitewêreld verbind, sukkel die ou mense voort met hul leë inkopiesakke.

By Rita’s Tuck Shop (die “T” vervang deur ’n swak geskribbelde “F”) draai hulle regs en loop in die rigting van die skool na die bejaardesorg- sentrum.

By die hek van die bejaarde­sorgsentrum word hulle op die naam gegroet en om hul identifikasie gevra.

Een vir een grawe die ou mense in hul hand- of broek- of hempsakke om ’n vuil wit kaart te voorskyn te kan bring. In weinig gevalle lyk die foto na die een wat dit voorlê.

Die wag gaan elke kaart na.

Dit lui: “Ruyterwacht Senior Sentrum.”

As hulle eers deur is, groet hulle luidkeels hul vriende en kopknik eerbiedig na die matrone in beheer.

Namate die Afrikanervolk in die eerste helfte van die vorige eeu tot stand verbeel is en vinnig na die middelklas geklim het, het die arm wit mense uit die openbare diskoers verdwyn.

Diegene wat arm gebly het terwyl die volk ryker geword het, was “’n skande en lui”.

In die 1930’s, terwyl die Groot Depressie se uitwerking oor die land gekruip het, het dit nodig geword om iets daadwerkliks daaraan te doen en ’n aantal woonbuurte vir arm wittes is gevestig met die uitdruklike oogmerk om hulle op te hef.

Daar sou inwoners geleer word om “goeie” wit mense en respektabele lede van die volk te word.

Die eerste van hierdie woongebiede was Jan Hofmeyr, wat in 1936 in Sentraal-Johannesburg gevestig is.

Twee jaar later is Epping Garden Village – wat later Ruyterwacht sou word – deur die Citizens’ Housing League (CHL, ’n gesamentlike projek van die Afri­kaanse Christelike Vrouevereniging en Kaapse sakeleiers) in Kaapstad gevestig.

In haar merkwaardige verhandeling The Making of a Good White skryf die sosiaal-wetenskaplike Annika Teppo:

“Die eindproduk van die rehabilitasie was veronderstel om ’n suksesvolle en respektabele burger te wees wat uitgetrek het om in ’n middelklasgebied te gaan woon.”

Die idee agter die CHL se projekte was om behuising teen baie lae huur aan arm wittes te verskaf. Dit sou ’n deel van die gelddruk op hulle verlig; dit sou hulle in staat stel om te spaar, beter te eet en goed by die werk te vaar en eindelik hul eie huis te koop en weg te trek.

Maar, soos genl. Jan Smuts dit gestel het, jy het mense van die regte stoffasie nodig. Die CHL het ’n streng keuringsproses vir die toelating van mense as inwoners gevolg. Hy wou arm wittes hê, maar hy wou arm wittes hê wat die potensiaal het om te verbeter.

Die CHL was ook nie te kieskeurig oor ras nie. Teppo skryf: “Hoewel die eerste inwoners baie versigtig gekies is... was hul rassuiwerheid nie so belangrik nie as hul vermoë om goeie blankes te word, die potensiaal vir opheffing.

“’n Geskikte huurder wat hom gedra en sy geldsake reg bestuur het, wat netjies en beskaafd voorgekom het, kon ’n donker gelaatskleur hê, maar duidelike swartheid is natuurlik afgekeur.”

Die maatskappy se meer ontspanne houding jeens ras het nie gehou nie. Van die 1950’s, toe die paswette en ID-vereistes van krag geword het, mag die maatskappy geen kandidate op sy amptelike boeke gehad het wat nie as wit “gesertifiseer” is nie.

“Dit het tot ’n tekort aan geskikte huurkandidate gelei. Die maatskappy het geen ander keuse gehad as om daardie wittes te aanvaar wat hy nie voorheen sou huisves nie,” skryf Teppo.

Om te verseker dat hulle “wit” standaarde en lewensgewoontes handhaaf, is die inwoners deur maatskaplike werkers en predikante gemonitor wat die gesinne tuis sou besoek en uitvra oor hul vordering.

Natuurlik het dit gespruit uit ’n ware besorgdheid oor die heil van die inwoners, maar enige afwyking van die verwagte norme – mishandeling, bloedskande, huweliksprobleme en om dit te naby die kleurgrens te waag – is gou gesien en daar’s opgetree.

Die oorspronklike uitleg het selfs strategies geplaaste huise vir onderwysers, dominees en polisielede ingesluit wat van hul huis op die straathoek ’n wye uitsig op die voorstad sou hê.

Ondanks die eugenetiese konnotasies is bloedskande die voorkeur-verduideliking vir baie van die wit armoede in die moderne Ruyterwacht.

“Dit was nog altyd ’n baie geïsoleerde, geslote gemeenskap,” sê die matrone by die Ruyterwacht Senior Sentrum.

“Daar was baie ondertrouery en, wel, dit was ’n manier om die tyd te verwyl.”

Die sentrum word bestuur deur die NG Kerk, wat hom meer as 100 jaar nadat hy die eerste keer daaroor alarm gemaak het, steeds met die armoede van sy lede bemoei.
 
Die oumense kry een sak blaarslaai per gesin, ’n beker wortels en uie en, as dit ’n goeie week vir skenkings was, ’n klein hoeveelheid stowevleis.

Dit is reeds dekades sedert apartheid afgeskaf is en die sentrum maak nou voorsiening vir ál die bejaardes en verstandelik gestremdes in die gebied – ook dié wat nie wit is nie.

Die meeste van die sentrum se lede leef van hul staatspensioen, sê die matrone.

Een keer ’n maand staan hulle by die poskantoor tou om ’n bedrag van R1 140 te kry.

Daarvan word sowat R900 gebruik om ’n kamer by die CHL (nou bekend as Communicare) te huur.

Vir R400 kan hulle ’n kamer sonder elektrisiteit huur.

Hulle is die gelukkiges – dié wie die lewe goed behandel.

Hulle het ’n dak oor hul kop en ’n groot kamer wat hulle hul eie kan noem.

Ruyterwacht was aanvanklik suksesvol.

Die kandidate wat gekies is, het hul situasie verbeter en die middelklasbestaan betree.

Hul huise is leeggemaak en nuwe gesinne is gekies wat kon intrek. Tog, soos die jare verloop het, het al hoe minder gesinne besluit om dié voorstad te verlaat.

Ná die 1960’s het die voorstad gestagneer; die arm wittes weggesteek, beskerm en versorg. ’n Wêreld op sy eie; baie soos die talle ander plekke van arm witheid in die land.

Verandering het weer in 1994 gekom, met die ANC se oorwinning in die land se eerste demokratiese verkiesing.

Die nuwe regering het die uitgebreide staatsteun vir wit armes afgeskaf ten gunste van breër steun vir al die verarmdes in die land. Die maatskaplike werkers is weg en saam met hulle die laaste van die volk se stelsels waarmee die armes hulself kon ophef.

Die arm wittes is aan hul eie genade oorgelaat en het alleen verroes en verbleik.

Die CHL het baie van sy huise verkoop.

Vir die ander is die huurgeld opgestoot en jong, opkomende bruin gesinne het in dié voorheen uitsluitlik wit gebied ingetrek.

“Van my beste jare het ek hier deurgemaak,” sê Jane Jordaan, ’n pensioentrekker wat saam met haar man, Koos, gereeld die Ruyterwacht Senior Sentrum besoek. “Oom” Koos was voorman op die spoorweë.

Jane kyk met ’n duidelike, vurige trots om haar rond. “Ek sal vir jou sê, ek bly nou al van 1976 nog altyd in dieselfde huis.

“Al wen ek die Lotto, al wen ek R50 miljoen, hoewel ek nie Lotto speel nie, sal ek nêrens anders wou bly as hier nie.”

Hierdie is ’n geredigeerde uittreksel uit die boek Armblankes deur Edward-John Bottomley, gepubliseer deur Tafelberg. Die boek kos R195.

G’n geld en g’n manie

Daar word dikwels gesê die ANC kan baie leer by die manier waarop die “armblankevraagstuk” in die vorige eeu getakel is.

Dit is waar dat groot sukses destyds behaal is, maar die omstandighede wat dit moontlik gemaak het, verskil ingrypend van hoe sake deesdae staan.

Eerstens is die grootskaalse “reddingsdaad” moontlik gemaak deur die verdubbeling van die goudprys in 1933. Daarby het die oorlogse en na-oorlogse ekonomie van die 1940’s werkloosheid onder wit Afrikaners feitlik uitgewis.

Geen soortgelyke omstandighede bestaan vandag nie. Ook nie die gekoördineerde volksmanie waarin armoede as die ernstigste bedreiging vir die Afrikaner se oorlewing beskou is nie.

Nóg meer pertinent: Die wit Afrikaners het hulself opgehef ten koste van ander. Die besluite wat die Afrikanerregerings geneem het om wit armoede op te los, het armoede onder ander groepe vererger.

In die 1930’s was daar na raming sowat 300 000 arm wit mense (statistieke wat dikwels betwis word).

’n Soortgelyke hedendaagse opheffingsprojek sal miljoene armes van alle kleure behels.

Dit is dus ’n veel, veel moeiliker taak.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-17°C Showers late. Afternoon clouds. Cool. Pta: 3-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-18°C Sunny. Mild. Bfn: 1-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-25°C Sunny. Mild. PE: 10-26°C Morning clouds. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!