Dié plan is nou al nodig

2012-08-09 14:17

Die DA se ekonomiese planne is uitvoerbaar en word nie gekniehalter deur binnegevegte nie, skryf Wilmot James.

Baie mense vra waarom die DA belangrike beleidsvoorstelle oor die ekonomie reeds twee jaar vóór die volgende verkiesing bekendmaak.

Hulle wonder ook waarom ons werkverskaffing gekies het as fokus vir ons veldtog.

Die DA se planne vir werkgeleenthede en groei kom op ’n tyd van ernstige beleidsverlamming in die regering. Die ANC produseer eindelose planne teen reuse- koste, van Hop tot Gear, van die NGP tot die NDP. Daar is min samehang daartussen en selfs minder politieke wil om dit in werking te stel.

Hierdie soort verlamming skrik beleggers – die presiese bestanddeel wat nodig is vir vinnige groei – af. Daarsonder kan armoede, ongelykheid en werkloosheid nie opgelos word nie.

Met alle oë op Mangaung in Desember wil niemand in die ANC groot besluite neem nie. Maar groot besluite is wat nodig is om werk te skep en mense uit armoede te lig.
In die Wes-Kaap en munisipaliteite soos Midvaal in Gauteng het ons ekonomiese groei en werkskepping bo-aan die beleidsagenda geplaas.

Dit is waarom ekonomiese groei in die Wes-Kaap hoër as die nasionale gemiddelde is. Dit is ook waarom Midvaal ’n beleggings­nodus in Gauteng geword het.

Ons wil hierdie suksesse elders herhaal.

Die DA se plan vir groei en werk begin deur te erken dat apartheid ’n stelsel van “binnekringers” en “buitestanders” geskep het en dat die buitestanders ekonomiese geleenthede ontsê word weens hul velkleur. Ons kan egter nie vir ewig aanhou om apartheid die skuld te gee nie.

Arm mense – wit én swart – kry geen geleentheid om aan hul omstandighede te ontsnap nie.

In plaas daarvan het die ANC arm mense afhanklik gemaak van staatsaalmoese. Armoede behoort nie ’n lewenslange vloek te wees nie.

Die DA se plan vir groei en werk diagnoseer die strukturele probleme in ons ekonomie en doen praktiese oplossings aan die hand.

Sentraal tot ons visie is ’n staat wat ’n bemagtigende omgewing skep vir werkverskaffing deur toegang tot die arbeidsmark makliker te maak. ’n Integrerende deel van ons plan is om dit makliker te maak om werk te kry.

Spesifieke voorstelle sluit in:

* Die bekendstelling van ’n jeugloonsubsidie om werkgewers aan te moedig om jongmense in diens te neem.
* ’n Uitvoerige indiensopleidings- en vakleerlingprogram wat die tekort aan vaardighede takel.
* Die hervorming van Nedlac sodat dit nie deur ekonomiese binnekringers gedomineer word nie, maar op werkskepping en armoedeverligting fokus.
* Die uitbreiding van die na­sionale finansiële hulpskema vir studente om meer jongmense toegang te gee tot naskoolse opleiding.
* Die hervorming van die arbeidsmag om groter buigbaarheid vir permanente en tydelike werkers te verseker.
* Die instelling van ’n “geleentheidskoepon” vir skoolverlaters om hulle te help om hul opvoeding te subsidieer, ’n lening te kry of kapitaal bymekaar te maak om ’n onderneming te begin.

Dié laaste voorstel is belangrik: Ons erken dat ’n groeiende kleinsakesektor noodsaaklik is om ’n ware inklusiewe en arbeidsintensiewe ekonomie te skep. Ons stel dus belastingverligting voor om inklusiewe eienaarskap en die ontwikkeling van kleinsake aan te moedig.

In die laaste plek stel ons finansiële aansporing voor om breedgegronde swart bemagtiging moontlik te maak en wetswysigings om dit makliker te maak vir mense om hul eie huis te besit.

Hierdie beleidsvoorstelle is nie net haalbaar nie, ons het ook die politieke wil om dit in werking te stel. Ons word nie gekniehalter deur Mangaung-konferensies en binnegevegte nie.

Die DA se plan vir werk en groei sal die soort inklusiewe ekonomie skep wat hoop sal gee aan die 40% van Suid-Afrikaners wat in armoede leef en die 6,7?miljoen Suid-Afrikaners wat wil werk, maar geen geleenthede het nie.

Dr. Wilmot James is die DA se skaduminister van handel en nywerheid.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 4-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-17°C Sunny. Mild. Bfn: 3-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 14-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!