Dis ’n reg wat jy moet opeis

2013-01-13 00:06

Waarom by Akademia inskryf vir verdere studies? Word die keuse vir my maklik gemaak deur die voordeel dat ek daar kan studeer terwyl ek werk, siende dat al hul klasse na-uurs aangebied word? Beslis. Maar ek weet dit is nie al nie.

Die debakel in die pers die afgelope week oor Akademia, wat net in Afrikaans klasgee, het my genoop om my gedagtes op papier te sit.

As oud-Puk het ek die voorreg gehad om my voorgraadse studentelewe op ’n Afrikaanse kampus te beleef. Weliswaar was die meerderheid handboeke wat ons gehad het in Engels, maar al ons studiehandleidings en klasaanbiedings was in Afrikaans.

Hoe sou dit anders gewees het as dit in Engels was? Alles neig tog na die wêreldtaal in die sakewêreld, so waarom nie verder swot in Engels nie?

My herinneringe hieroor is velerlei. Eerstens was my studentejare seker die tyd in my lewe toe my menings en redenasievermoë (my menswees) die meeste gevorm is. Ek kon harts­argumente in my taal met my klasmaats, koshuismaats en dosente voer, sonder om bang te wees dat ek verkeerde verstaan sou word.

Selfs in ons Afrikaanssprekende groep het ons denkwyse en agtergrond geweldig verskil. Meningsverskille was daar baie, maar ’n gedeelde agtergrond het tog ’n samehorigheid van begrip gebied. Dit was nie nodig om grondbeginsels eers te verduidelik voor ’n debat nie.

Ek kon sosialiseer met wie ek wou – hoe ek wou – sonder om aanstoot te gee. Moenie verkeerd verstaan nie: Ek het vriende van baie kultuurgroepe gehad, deur wie ek baie respek gekry het vir elkeen se unieke agtergrond, en met wie ek baie aangename ervarings gedeel het.

Die verskil was, dit was my en hul keuse. Ek was nie gedwing om in te val by aktiwiteite van ’n meerderheid waarby ek by tye ongemaklik was nie.

Ons het gesonde ou tradisies gehad wat eie was aan ons Afrikaanse geskiedenis, wat ons saam kon vier as groep. Ons het die vryheid gehad om Afrikaans, en trots Afrikaner, te wees en dit uit te kon leef, los van die bagasie van politiek en die wroeging van die “grootmenslewe”.

Waarom is dit vir my belangrik dat ’n instelling soos Akademia bestaan? Anders as die aantygings wat gemaak is oor ras en uitsluiting van groepe, gaan dit vir my oor insluiting van groepe, en gelyke regte vir almal.

Ek is trots om Afrikaans te wees, en ek wil graag hê dat my taal ’n hoëvlak-universiteitsonderrigtaal moet bly – ’n taal waarin ons kan lag, sing, praat, vry, dig, harte oorplant en atoomsplitsing kan doen.

Terselfdertyd skep Akademia ook die geleentheid dat ander groepe in Suid-Afrika vir die eerste keer hul eie taal tot universiteitstaal kan uitbrei en toeganklik maak in selfs die mees afgeleë gebiede. Met Zoeloe, Xhosa en Afrikaans wat die drie grootste tale in ons land is, is dit opmerklik dat geen van die meer as 157 tegniese kolleges en universiteite van tegnologie moedertaalonderrig in een van hierdie drie tale gee nie.

Dieselfde geld die openbare universiteite, waar slegs een kampus van een universiteit amptelik Afrikaans as voertaal het.

Ek sal graag wil sien dat my seuntjie, nou vier jaar oud, ook die ervaring moet kan hê wat ek gehad het om te leef en te leer in Afrikaans, sonder om dit ten koste van ander te doen, of verdruk te word.

Die Grondwet beskerm tog hierdie reg.

Dit is elkeen van ons se keuse om dit op te eis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.