Dis so tipies...

2012-10-13 23:17

In die ontwikkelingspolitiek is daar ’n deurlopende debat oor die lewensduur van ’n bevrydingsparty.

Sulke partye is ’n spesiale soort politieke dier omdat hulle meestal die mag bekom het deur politieke druk te plaas op die status quo (in ’n sogenaamde bevrydingstryd) en die verdrukkende regering verplaas het deur ’n revolusie of demokratiese proses.

Deur die politieke mag te bekom word die bevrydingsparty die nuwe politieke establishment en sy politieke leiers die magselite.

Hul politieke prosesse word oorheers deur hoofsaaklik vier kragte: ­institusionele verandering (die beheer oor die magsentrums van die staat soos die weermag, wetgewing en howe), deelname en uiteindelike beheer oor die ekonomie, die bestuur van politieke en sosio-ekonomiese verwagtinge en die deurlopende voortsetting (selfs uitbouing) van die bevrydingsideologie wat gestalte vind in nuwe simbole, nuwe geskiedenis en die romantisering van die bevrydingstryd.

Die ANC en sy alliansie-vennote beleef ook hierdie prosesse, wat tans geaksentueer word in die aanloop tot die ANC se vyfjaarlikse kongres wat in Desember in Bloemfontein (oftewel Mangaung) plaasvind, dieselfde stad waar hy 100 jaar gelede gestig is.

Die kongres en sy aanloop gaan net so betekenisvol vir die ANC wees soos die Polokwane-kongres van 2007. Dit is ook in pas met ons politieke stelsel en die soort party wat die ANC is.

Die Suid-Afrikaanse politiek kan getipeer word as ’n eenparty-dominante partystelsel. Dit beteken dit voldoen aan al die minimum voorwaardes vir ’n volwaardige demokrasie, maar dat een party so oorheers dat ander partye weinig kans het om sukses by die stembus te behaal.

Dominante partye reg oor die wêreld ontwikkel mettertyd ’n politieke kultuur met baie van die volgende kenmerke in gemeen:

* Hulle is gewoonlik konsortiums van politieke belange eerder as ’n hegte politieke eenheid.

* Hul interne politieke debat is dikwels teenstrydig omdat hulle meervoudige politieke profete en uitkomste aanhang. Daar bestaan ook dikwels ernstige ideologiese verskille tussen die politieke vennote wat in teenstrydige sienings van beleid manifesteer.

* Hulle wil die samelewing gewoonlik herskep om hul ideologiese sienings te pas. In die ANC vervul die sogenaamde nasionale demokratiese revolusie daardie funksie.

* Hulle het ’n baie sterk sin vir politieke selfregverdiging wat in die dominante ideologie ingebou is. Hulle het baie sterk demokratiese (populistiese) verbintenisse, maar min verdraagsaamheid vir politieke opposisie.

* Hulle probeer opposisie internaliseer – daarom vind die veranderingsdebat in die koukus van die meerderheidsparty plaas en nie op openbare forums nie.

* Die bevrydingskultuur gaan maklik oor in misdaad, opportunisme en die reg op selftoeëiening (entitlement).

Bevrydingspartye soos die ANC kan egter ook baie konstruktief wees en het heelwat kapasiteit vir nuwe idees, wat ongelukkig verlam word deur ’n beleidsimplementeringskrisis. In die geval van die ANC het radikale en ondeurdagte transformasiestrategieë groot dele van die staatsburokrasie beroof van sy belangrikste bate: die institusionele geheue wat deur ervare staatsamptenare gedra word.

Die party word ook verlam deur die fokus op wie die party ná Mangaung gaan lei: pres. Jacob Zuma of adj.pres. Kgalema Motlanthe, die enigste twee kandidate wat werklik op ’n steunbasis in talle provinsies kan aanspraak maak.

Maar Mangaung se belangrikheid lê nie net in die verkiesing nie – die kongres is ook die finale besluitnemer oor ANC-beleidsposisies wat begin vorm aanneem het by die party se beleidskongres in Junie in Midrand.

Finale besluite by Mangaung oor ’n rits sleutelkwessies sal eindelik neerslag vind in regeringsbeleid.

Die kwessies sal insluit die manier waarop Julius Malema gedissiplineer is, asook potensieel bepalende debatte oor die nasionalisering van myne en grondhervorming en grondbesit.

Die politieke magspel tussen verskillende faksies sal egter beteken dat ander belangrike sake, soos onderwys en die toestand van ons hospitale, nie getakel word nie.

Die rol wat Zuma in die proses gaan speel behoort baie betekenisvol te wees. Zuma is nie die filosoof-koning-tipe leier soos sy voorganger, oudpres. Thabo Mbeki, wou wees nie.

Hy is eerder ’n opportunis-pragmatis – soos wat mens sou verwag van iemand wat amper sy hele lewe in die ANC se intelligensiestrukture deurgebring het. Dit is waarom ons nooit presies weet wat Zuma se eie beleidsposisie is nie. Hy skuil eerder agter die “kollektiewe besluitnemingsproses” wat die ANC so graag voorhou en probeer ’n soort versoenende rol tussen beleidsuiterstes speel.

So ’n versoenende rol het oudpres. Nelson Mandela goed te pas gekom, maar die land het nou ’n president nodig wat beleidsimplementering as ’n prioriteit sien. Dis te betwyfel of dit ooit onder ’n Zuma-presidentskap sal gebeur.

Theo Venter is verbonde aan die ­Noordwes-Universiteit.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-17°C Showers late. Afternoon clouds. Cool. Pta: 4-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-18°C Sunny. Mild. Bfn: 2-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-25°C Sunny. Mild. PE: 10-26°C Morning clouds. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!