'Dít lok ons na SA'

2012-07-21 23:59

Prof. Loren Landau van Amerika, nou verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand.| Foto: Herman Verwey

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Almal ken iemand of het sélf familielede wat oorsee bly.

Baie van hulle het die land permanent verlaat en sê reguit hulle kom nooit weer terug nie. Hul redes is oorbekend: misdaad, min werkgeleenthede, regstellende aksie, noem maar op.

Immigrante van elders wat Suid-Afrika hul tuiste gemaak het, kan egter dikwels nie verstaan hoekom baie Suid-Afrikaners nie hier wil bly nie. Suid-Afrika is ’n land van geleenthede, hier is soveel wat gedoen moet word.

Dié wat van die Eerste Wêreld kom sê hul eie lande is oorontwikkel en oorgereguleer. Werkloses kan hier by verkeersligte koeksisters of toiletrolle verkoop. In die meeste ontwikkelde lande het jy skaars jou staan gekry of jy word in hegtenis geneem.

Die resessie is nog ’n rede vir die omgekeerde breinkwyn: In baie ryker lande het werksekerheid afgeneem. Baie mense is keelvol vir hul landgenote wat wag vir hul regering om hul geldelike probleme op te los pleks daarvan dat hulle self iets aan hul verknorsing doen.

Andy en Ann Bytheway, ’n middeljarige egpaar, het in die laat 1990’s uit Brittanje hierheen geïmmigreer. Andy is adjunk-professor in inligtingsbestuur by die Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie. Ann verdien ’n inkomste deur tesisse taalkundig te versorg.

“My vaardighede word hier meer waardeer as in Brittanje,” sê Andy. “In Suid-Afrika weet almal daar is probleme wat getakel moet word en dat almal ’n rol het om te speel. Ek veralgemeen, maar Brittanje is ’n ‘grys’ land met ‘grys’ mense sonder ’n benul wat hul land se behoeftes is. Daar is geen nasionale doelwit nie.

“Ek verdien hier dieselfde as in Brittanje, maar die lewenskoste hier is heelwat laer. In my geboorteland sou ek ook nie so ’n hoë pos kon kry nie.

“Uit ’n persoonlike oogpunt het die besef, ná Nelson Mandela se vrylating, dat Suid-Afrika aan die vooraand van ongekende transformasie staan, ’n groot rol gespeel. Dis ’n voorreg om so iets van naby te beleef.”

Maria Wil­liams (39) sê: “Ons bly net meer as drie jaar lank in Suid-Afrika.” Sy is in Brittanje gebore en haar man, Readewahn (41), in Suid-Afrika. Hulle het lank saam in Brittanje gewoon.

Hul kinders (10 en 16) het dubbele burgerskap. Maria studeer tans en beplan ’n loopbaan as voorskoolse en gr. R-onderwyseres. Haar man is ’n senior netwerkingenieur.

“Ons het verhuis omdat my man na Suid-Afrika verlang het. En ons was lus vir ’n verandering. Met die resessie was die moreel in Brittanje laag. Die lewe was stresvol en die skolestelsel het baie druk op ons kinders geplaas.

“Ons was geldelik beter daaraan toe in Brittanje. Aan die ander kant het die lewenskoste maar oral gestyg. En die lewe is hier minder stresvol. Skole plaas minder druk op leerlinge en kinders kan buite speel, boomklim en hul kindwees geniet.

“Maar die toekoms is onseker. Hier ís geleenthede, maar nie almal vind baat daarby nie. My kinders is bewus van hul Britse herkoms en dat hulle daar kan studeer en werk.

“Maar die moontlikheid dat hulle in Suid-Afrika sal wil bly, selfs al sou ek en my man later terugkeer na Brittanje, maak my senuagtig.”

Volgens Marussia van der Merwe van Stepping South, ’n maatskappy wat sedert 2003 buitelanders help om hulle hier te vestig, is daar beslis ’n styging in die aantal professionele mense uit ontwikkelde lande wat hier kom bly.

“Bouwerk aan Eskom se Kusile- en Medupi-kragaanleg en ander konstruksieprojekte skep baie werkgeleenthede. Suid-Afrika het ’n tekort aan ingenieurs, algemene bestuursvaardighede en inligtingstegnoloë in die bankwese. Oorsese burgers wat hierheen verhuis, kom veral van die VSA, Duitsland, Indië en Brittanje.”

Volgens Van der Merwe word immigrasie hierheen nie deur regstellende aksie gekniehalter nie. “Groot internasionale maatskappye bied opleidingsprogramme aan waarin Suid-Afrikaners ’n verskeidenheid vaardighede geleer word. In ruil kan sulke maatskappye aansoek doen vir buitelandse spesialiste om hier te kom werk.”

Professionele mense van elders op die kontinent vestig hulle ook toenemend in Suid-Afrika.

Danmore Wande (31), ’n Zimbabwiër, het as kredietontleder by ’n internasionale bank gewerk. Hy het vroeër ingenieurswese gestudeer, maar is verhinder om sy studie te voltooi omdat hy ’n nie-gewelddadige beto-ging teen wanadministrasie by die universiteit gereël het.

In 2008 het die ver­woeste ekonomie en politieke situasie hom laat besluit om sy tuisland te verlaat.

“Suid-Afrika was sinoniem met hoop en die geleentheid vir ’n beter lewe.”

Hy bied deesdae onder meer private lesse in veral wiskunde vir hoërskoolleerlinge en kollege- en universiteitstudente aan.

Volgens Wande is dit onbillik om te sê vreemdelingehaat kom algemeen voor.

“Daar is wel individue, veral politici en ander invloedryke mense, wat ‘vreemdelinge’ verkwalik vir Suid-Afrika se probleme.

“Dit lei die aandag weg van die ware uitdagings.”

’n Ander tendens is dat die Afrika-diaspora blykbaar besig is om om te keer. Afrika se mees bekwame inwoners word al dekades lank na ander wêrelddele weggelok, maar swak ekonomiese omstandighede in veral Europa bring mee dat Afrikane op groot skaal terugkeer. Boonop het werkgeleenthede en die lewensomstandighede in lande soos Nigerië verbeter.

Prof. Loren Landau (40), ’n Amerikaner van geboorte en direkteur van die Afrika-sentrum vir migrasie en samelewing by die Universiteit van die Witwatersrand, se indruk is dat geskoolde immigrante veral van Kenia, Zimbabwe en in ’n mindere mate Nigerië en Uganda kom. Dié groep is meer divers as ’n mens eienaars van kleinsake-ondernemings insluit.

“In Suid-Afrika word sake op nasionale vlak, streekvlak én internasionale vlak bedryf.

“Hier is baie geleenthede vir professionele immigrante om uit te styg. Vir internasionale maatskappye is Suid-Afrika die ideale plek om uitblinker-werknemers van elders in Afrika te plaas.”

Hy bevestig Suid-Afrika se akute tekort aan kundigheid in die openbare en private sektor. “Suid-Afrika lewer nie gegradueerdes op die gebiede waarin ons moet presteer om globaal mededingend te wees nie. Immigrasie uit ander wêrelddele kan die tekorte aanvul, maar ons immigrasiewette en druk op maatskappye om aan die vereistes van swart ekonomiese bemagtiging te voldoen, bemoeilik sake, selfs wat voornemende immigrante elders in Afrika betref.”

Professionele mense word deur verskeie faktore gemotiveer om na Suid-Afrika te verhuis (Landau het hom tien jaar gelede hier gevestig). “Suid-Afrika bied unieke geleenthede. Die wyn en weer is uitstekend, behuising is bekostigbaar en Suid-Afrika bied ’n dinamiese sosio-politiese omgewing: ’n uitstekende platform wat toegang tot Afrika, Asië, Europa en Noord- Amerika bied.”

Daar is nie onlangse statistieke oor professionele mense wat die land binnegekom of verlaat het nie, maar volgens ingeligtes vergoed die breinwins nie naastenby vir die breinkwyn nie. Dit word vererger deur burokratiese rompslomp wat verhuising hierheen bemoeilik.

Die oplossing is om vas te stel waar die tekorte is, te sorg dat daar genoeg opgeleide Suid-Afrikaners is én om kundigheid “in te voer”.

Daar is egter nie samewerking tussen die departemente van binnelandse sake en arbeid nie en geen definitiewe beleid om die uittog van kundiges om te keer nie. Afrika-immigrante en -asielsoekers met bewese kundigheid vind dit moeilik om burgerskap te kry.

Suid-Afrika gaan nie sy ekonomiese en maatskaplike probleme sonder buitelandse kundigheid oplos nie. Ongelukkig lyk dit nie of dit al tot die regering deurgedring het nie.

J.B. Roux is ’n vryskutjoernalis. 

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 17-24°C High level clouds. Mild. Pta: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 10-21°C Sunny. Mild. Bfn: 10-24°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 17-28°C Afternoon clouds. Warm. PE: 16-23°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!