Feeste voedsel vir gemeenskap

2012-10-07 00:24

Suid-Afrikaners sou waarskynlik nooit groepe soos die Nederlandse straatteatergroep Close Act te sien gekry het, was dit nie vir feeste soos Aardklop en die KKNK nie.| Foto: Jaco Marais

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Toe ek in 1994 begin het om die eerste Afrikaanse kunstefees in Oudtshoorn te organiseer, was daar op dié dorp die Kango-grotte, ’n skoolsaal of vyf, een borg en ’n paar gewillige geesdriftiges uit die plaaslike gemeenskap.

Dít, tesame met ’n wavrag passie, nog meer deursettingsvermoë en veral ’n goeie rede, is al wat ’n mens nodig het om ’n fees te begin.

Die Karoofees was aanvanklik die geesteskind van ’n plaaslike sakeman, Nick Barrow. Die Nasionale Kunstefees in Grahamstad het hom laat besef watter impak en inspuiting ’n fees op ’n dorp kan hê.

Die politieke klimaat van destyds was onseker. Die streekrade was aan die ontbind, Afrikaans was onder skoot. Maar Afrikaners is plesierig, omwentelinge ten spyt.

Naspers gee die saadgeld vir die ontwikkeling van die eerste fees. Gewapen met my eie faksmasjien en my persoonlike rekenaar begin ek en Pieter Fourie in November die eerste fees reël. Hy as feesdirekteur, ek as organiseerder.

Alles moes binne ses maande gebeur. Ons moes dringend nog borge kry en ook ’n verdeelde gemeenskap mobiliseer om heelhartig in te koop in die visie van die fees.

Want ’n fees reël homself nie en dit behels baie meer as die aanbied van ’n program. Dis nie of Oudts­hoorn – of enige dorp in Suid-Afrika – ontwikkel en uitgelê is om ’n radikale inval van feesgangers met al hul behoeftes te huisves nie.

Ons het gereël dat dit bars.

En gehoop die mense kom.

Hulle kom toe, baie van hulle.

Ons verkoop 38 000 teaterkaartjies en almal se stoutste verwagtinge word oortref. Baie van die sukses het te doen gehad met ’n ervaring. Die skilderagtige Klein-Karoo-landskappe en die dorp se landelikheid en sjarme was uiteindelik ook bepalend of mense weer sou kom. Die Karoofees het aanvanklik jaarliks verdubbel in grootte.
Dit was onafwendbaar dat die suksesresep ook in ander dele van die land toegepas word.

’n Stigtingskomitee het in 1996 begin voelers uitsteek om ook ’n kunstefees in die noorde aan te bied. Rustenburg, Heidelberg en Potchefstroom is geïdentifiseer as dorpe met die infrastruktuur om ’n fees te kan hanteer. Die keuse het uiteindelik op Potchefstroom geval, veral danksy die uitstekende fasiliteite van die universiteit: ’n konservatorium, talle sale na aan mekaar, bekostigbare verblyf in koshuise en genoeg parkering, asook die natuurlike feesterrein op die Bult.

In September 1998 kom die hele KKNK-personeel vir Giep van Zyl en sy span help om die eerste Aardklop die lig te laat sien. Watter gesig was dit nie.
Selfs Stellenbosch se eikebome hou nie kers vas by Potchefstroom se groen lanings in die lente nie.

Sedertdien het feeste soos paddastoele opgeskiet en word daar selfs na ’n feesroete verwys, met die KKNK en Aardklop as die twee sterkste bene wat die bedryf dien en dra.

Die Afrikaanse feeste het die landskap van die kunste in Suid-Afrika onherroeplik verander, ook die gemeenskappe waarin dit aangebied word. Die ekonomiese inspuiting maak enorme verskille in die feesdorpe: van die opgradering van fasiliteite tot die skep van ’n hele paar beheerliggaamposte danksy inkomste wat skole deur feeste genereer. Die impak van feeste op die integrasie in gemeenskappe kan nie onderskat word nie. Die fees word uiteindelik deel van ’n dorp se kultuur en identiteit met wortels wat veel dieper as blote sigwaarde lê. En ’n ryke oes kan dra, as dit gekoester en versorg word.

Karen Meiring was die feesorganiseerder van die KKNK (1994-1999) en daarna feesdirekteur tot 2007. Sy is nou kanaalhoof van Afrikaanse kanale by M-Net.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Rain showers. Decreasing cloudiness. Cool. Pta: 10-27°C High level clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 9-21°C High level clouds. Mild. Bfn: 4-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 18-22°C Passing showers. Mostly cloudy. Mild. PE: 11-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!