Fondasie-‘mixture’ geen vals identiteit

2012-01-28 13:37

Moet ’n mens iemand soos Dawid Kruiper (voor), wat daarop aandring dat hy ’n “Boesman” genoem wil word eerder as ’n “San”, maar net ignoreer, wonder die skrywer.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die laaste paar jaar duik debatte oor die “bruin identiteit” gereeld op.

Mense wat aan dié debatte deelneem, gooi gereeld woorde en begrippe rond, maar sonder om regtig na te dink oor wat dit beteken.

So herinner ek my aan ’n “Nasionale Khoisan Raadplegende Konferensie”, wat meer as ’n dekade gelede in my tuisdorp, Oudtshoorn, aangebied is en wat ek as ’n belangstellende waarnemer bygewoon het.

Spreker op spreker het daar geworstel deur die verskillende vorme van die benaming Khoisan/Khoesan, Khoi/San en KHOI-SAN, maar sonder dat enigeen ooit werklik die betekenisse van die begrippe bevraagteken het.

Elkeen van dié benamings en skryfwyses het tog ’n verskillende betekenis en ’n mens sou verwag dat die begrippe juis daarom ’n belangrike besprekingspunt op ’n konferensie soos dié sou wees. Tog was dit nie.

As jy jouself ’n “khoi” wil noem, hetsy jy ’n man (khoib) of ’n vrou (khois) is, is dit tog jou verantwoordelik om vas te stel wat die woord beteken voordat jy dit so klakkeloos gebruik, nie waar nie?

Soveel te meer as jy so vrypostig is om die twee benamings – Khoi en San – saam te gooi in ’n konkoksie of jy na een en dieselfde groep verwys. Jy sal tog nie waag om iemand as ’n “Xhosazoeloe” of ’n “Zoeloesotho” te beskryf nie, sal jy? Tog is dit presies wat met “Khoisan” gedoen word.

Dié wanbenaming het ons grootliks te danke aan die Duitser Leonhard Schultze, wat in 1928 die term voorgestel het as ’n soort versamelnaam wat die Khoi- en die San-mense insluit.
Schultze se konkoksie is uiteindelik verder gepopulariseer deur I. Schapera in sy boek The Khoisan Peoples of South Africa; Bushmen and Hottentots, wat in 1930 verskyn het. Sedertdien aanvaar al wat leef en beef hierdie nuwe “identiteit”, so of die mense wat hernoem is nooit geweet het wie hulle is of was nie.

Dis ’n ernstige aanval van terminologiese verwarring – kom ons noem dit sommer “terminoligitis” – wat vandag nog voortduur.

So erg het dit geword dat dit moeilik is om vandag vas te stel of die voortdurende gewildheid van dié terme te wyte is aan ’n ideologies gedrewe agenda, ’n gebrek aan begrip van basiese antropologiese, historiese en linguistiese feite of bloot ’n gebrek aan common sense.

Om dinge te kompliseer is daar al hoe meer stemme uit die “San”-geledere wat sê hulle wil nie “San” genoem word nie, maar “Boesmans”. Wat gaan die politiekkorrektes hiervan maak?

Moet ons nou liewer praat van “Khoiboesmans”? Of moet ons liewer die San, wat daarop aandring dat hy “Boesmans” is, ignoreer en nie ernstig opvat nie?

As ’n mens argumenteer die gebruik is om die oudste groepering eerste te noem in sulke dubbeldoor-benamings, is dit nie meer korrek om te praat van die “Sankhoi” nie? Die San was immers eerste hier, dan nie?

Maar belangriker nog: Is “Khoisan” die somtotaal van die genetiese samestelling van bruin mense?

Soos elders in die land is daar in die Klein-Karoo baie bruin mense wat hulle in die vorige bedeling “blank” kon laat verklaar. Hollandse bloed, so sê hulle.

’n Plaasboer hier het eendag ’n goeie vriend van my, wat met sy gladde hare, ligte vel en blou oë baie “wit” gelyk het, ingenooi vir koffie en met groot smaak vertel dat die hond wat my vriend by hom (die boer) gekoop het, sal seker maak dat geen “hotnot” ooit sy voet op sy werf sit nie.

Moet my vriend, onder druk van die politiek korrekte “Khoisan”-brigade, nou sy Hollandse voorvaders ontken?

Dis tog duidelik dat baie bruin mense se Europese herkoms ’n groter deel van hul genetiese samestelling uitmaak as hul Afrika-komponent. Tog sien ’n mens dikwels bruin mense wat opsigtelik meer Europees is van gelaatstrek wat in die voorste gestoeltes sit daar waar “inheemse, tradisionele leiers” vergadering hou.

Dieselfde geld bruin mense wat meer donker van gelaatstrek is en in die ou dae as “African in particular” sou deurgaan. Moet hulle onder die vaandel van die “Khoisan”-konkoksie nou hul Xhosa- en Tswana-voorouers verwerp?

Ek is moeg daarvoor dat sekere komponente van ons herkoms uitgesonder word as die alfa en die omega van ons genetiese herkoms. Enigeen met ’n bietjie common sense sal vir jou kan sê die bruin mense van vandag is van ware gemengde herkoms (“Otentottu”) en die mixture is truly onomkeerbaar. Om anders te beweer is om aan ernstige “kronologitis” – of kronologiese verwarring – te ly.

Die meeste wat ek van myself kan sê is dat ek in my óók die gene dra van die land se fondasie-nasie.

En dieselfde geld die meeste van ons bruin mense in ’n mindere of meerdere mate.

Met die meeste aksies wat daarop gemik is dat die nasate van hierdie fondasie-nasie amptelik erken en geken moet word, stel ek heelhartig saam.

Moet net nie vir my in die proses ’n vals identiteit probeer skep nie.

Miskien is dit tyd dat ons hierdie verwarring om die “bruin” identiteit in die komende jaar eens en vir altyd op die spits dryf en dit uit die weg ruim.

Eers as ons dit gedoen het sal ons gedeelde bestemming en visie vir ons duidelik wees.

Sydney Opperman is ’n voormalige DA-parlementslid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.