Fundamentalisme? Nee, vrysinnigheid!

2011-03-19 15:57

Dr. Frits Gaum se uitlatings op die Woordfees oor die NG Kerk (soos berig in verlede week se Rapport) is om verskeie redes ’n teleurstelling.

In ’n boek wat hy binnekort publiseer, stel hy die vraag: “Fluit-fluit, is die NG Kerk dalk uit?” Hy meen dat die NG Kerk drasties sal moet verander, anders gaan hy nie die wederkoms beleef nie! Hy wys daarop hoe die kerk in Europa gekwyn het en vra of die kerk onder Afrikaanse mense dieselfde pad gaan stap. Dit is veral die kerk se fundamentalisme wat tot sy ondergang gaan lei.

Gaum speel die fundamentalisme-kaart op dieselfde wyse as wat die regering deesdae die raskaart speel. Hy sê nie na watter van die minstens drie verskillende vorms van fundamentalisme hy verwys nie. In elk geval het die kerk waarna hy verwys deur die seisoen van luister en die diversiteitsforum die ruimte geskep om na mekaar te luister sonder om van etikette gebruik te maak.

Die beskuldiging van fundamentalisme hoort werklik nie in die kerklike diskoers nie.

Die willekeurigheid waarmee hierdie soort kritiek teen die kerk bedryf word, is elke keer opsigtelik. Sekere Skrifgedeeltes wat nie vir iemand aanvaarbaar is nie, moet metafories, simbolies of figuurlik interpreteer word.

Maar ander Skrifgedeeltes wat weer in die paradigma van die persoon pas, word dan letterlik aangehaal.

So ’n willekeurige Skrifgebruik kan eenvoudig nie aanvaar word nie. Wie bepaal watter Skrifgedeeltes letterlik en watter metafories verklaar word en volgens watter maatstawwe? In die verlede het die onderskeie genres van die Bybel hierdie onderskeid help tref. Psalms is digterlik; apokaliptiese geskrifte verwys na die werklikheid op ’n metaforiese wyse; ensovoorts. Maar deesdae bepaal elke individu sélf wat metafories is. Wie dit nie só verstaan nie, is dan sonder meer fundamentalisties.

Terloops, dit is nie fundamentalisme wat die kerk bedreig nie, maar vrysinnigheid. Dit word gewoon bewys daardeur dat denominasies met ’n “fundamentalistiese” verstaan van die Skrif in getalle toeneem. Talle lidmate gaan juis na sulke kerke; weg van ’n kerk wat nie meer vaste geloofsoortuigings verkondig nie.

Daarom gaan Gaum se verwysing na kerke in Europa se agteruitgang ook nie op nie. Dit is nie “fundamentalisme” wat tot hierdie kerke se stryd om voortbestaan aanleiding gegee het nie, maar vrysinnigheid! Die moderne teologie wat so hoog aangeskrewe is, was 35 jaar gelede die rede waarom kerke in Europa gesluit en vir sekulêre doeleindes verkoop is. Wie wil nou deel van ’n kerk wees wat van niks meer seker is nie?

Gaum meen die NG Kerk sal moet leer om minder seker te wees. Die kerk moet meer erns met twyfel en onsekerheid maak, beweer hy. As voorbeeld van ’n onaanvaarbare sekerheid verwys hy na dr. Isak Burger se boek oor die eerste vyf minute ná die dood. Maar dr. Burger is mos nie ’n lidmaat van die NG Kerk nie! In elk geval sal Gaum hopelik in sy boek verduidelik waarvan ons wél seker kan wees.

Of is daar niks waaroor ons meer seker kan wees nie?

Is Jesus die enigste Verlosser?

Gaum sê dat hy dit aanvaar, maar verklaar dan dat ons nie kan sê dat ander verlore gaan nie. Nee, niemand mag dit sê nie.

Die feit is egter dat die Skrif dit sê. Natuurlik sal die aanhaal van Bybeltekste juis as fundamentalisme verwerp word. Op grond waarvan aanvaar Gaum dan dat Jesus wél die enigste Verlosser is? Op grond van tekste wat hy self “fundamentalisties” hanteer!

In my boek met die titel ’n Ander Jesus; ’n ander evangelie, wat min of meer dieselfde tyd as Gaum se boek sal verskyn, weerlê ek die leuen van ’n relativisme wat ons alle sekerheid in Christus wil ontneem. Hierdie populistiese beskouing groei uit die vernietigende ideologie van die postmodernisme, die New Age en die Emerging Church. Ironies genoeg kritiseer Gaum met groot sekerheid die sekerheid waarmee die kerk getuig. Hy mag dus seker wees, maar die kerk nie? Dit herinner aan die ironie van die postmodernisme wat met absolute sekerheid verklaar dat daar geen absolute sekerheid is nie!

Gaum verwys natuurlik ook na die kerk se besluite oor homoseksualiteit. ’n Mens kan dit begryp. Die vraag is net of sy persoonlike worsteling met die kerk se veroordeling van homoseksualiteit nie juis die leitmotief vir sy aanval op die NG Kerk is nie? Hy sê in die onderhoud immers dat daar eers goed in sy lewe moes gebeur het wat hom tot ander insigte gebring het. Dit word dan ’n soort ervaringsteologie wanneer jou eie ervarings jou persepsies vorm en nie die Bybel as Woord van God nie.

Sou, volgens hierdie norm, die hartseerverhale van verkragters en molesteerders nie dan ook ’n verandering van Skrif-verstaan teweeg bring nie?

Gaum se kritiek teen die NG Kerk staan ongelukkig op losse skroewe. Dit is jammer dat hy nie sy standpunte deur middel van ’n gravamen na die komende algemene sinode gestuur het nie.

Waarom deur middel van openbare kommunikasie kritiek teen die kerk uitspreek? As die NG Kerk, wat hy as skriba van die algemene sinode en as redakteur van Kerkbode gedien het, nog werklik vir hom belangrik is, waarom dan die golf ry van ’n populêre tendens om die NG Kerk uit te sonder en veroordeel

* Prof. Johan Janse van Rensburg is buitengewone professor aan die Noord-Wes Universiteit.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,000.00

NISSAN

Navara 4.0i V6 D-Cab PU MY07
2006
R 235,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.