Galery vier die Franse en meer

2012-10-13 23:17

Street Bonhomie van Gerard Sekoto

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die laaste tyd het die Johannesburgse Kunsgalery gereeld die nuus gehaal om die verkeerde redes – soos in Januarie, toe dit aan die lig gekom het dat meer as ’n halfmiljoen se beeldhouwerk uit die museum gesteel en moontlik as skroot verkoop is.

Dit is dus heerlik om die draer van goeie nuus te wees: Aan die einde van die maand open ’n uitstalling waarin baie van die belangrike historiese werke in die museum se versameling weer ’n slag te sien sal wees.

Die uitstalling, French Connections, wat in samewerking met l’Institut Français d’Afrique du Sud (IFAS) gehou word, sal fokus op Franse kunstenaars of dié met Franse konneksies.

Werke van wêreldbekende name soos Eugene Dela­croix, Claude Monet, die beeldhouer Auguste Rodin en Edouard Manet sal te sien wees.

Die impressioniste is besonder goed verteenwoordig met name soos Paul ­Cézanne, Edgar Hilaire Degas, Jean-Baptiste Armand Guillaumin, Berthe Morisot, Camille Pissaro, Pierre-Auguste Renoir terwyl post-impressioniste soos Paul Gauguin, Paul Cézanne, Vincent Van Gogh, Henri Matisse and Andre Derain ook te sien sal wees.

Die galery besit ook ’n lieflike ver­sameling van die post-impressionis ­Henri de ­Toulouse-Lautrec en hierdie versameling sal almal sáám in ’n aparte galery te sien wees.

Die Spaanse kunstenaar Picasso het natuurlik ook ’n paar jaar in Parys deurgebring – ’n goeie verskoning om 13 van sy werke in die museum se versameling uit te stal.

Gerard Sekoto, wat in 1947 Parys toe is, sal ook goed verteenwoordig wees.

Die uitstalling open op 28 Oktober en sal tot Maart volgende jaar te sien wees. Toegang is gratis.

So is dit nie tyd dat jy weer ’n draai in Joubertpark gaan maak nie?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.