Gedoem tot nabootsing

2013-01-05 23:23

’n Honde-eienaar in Nkandla in KwaZulu-Natal. Die boodskap op die muur lui: Pasop vir die honde.| Foto: Khaya Ngwenya

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit het al roetine geword dat die arme Mac Maharaj die president se stommiteite semanties probeer herdink om dié meer respektabel te laat lyk. Die jongste is Zuma se honde­debakel. Dié keer beduie Maharaj die man van Nkandla had dit bloot oor die dekolonisering van die swart man se gees.

Dié teorie is natuurlik nie te wyte aan Maharaj se skielike diep insig nie. Dis die intellektuele eiendom van die Martinikaan Frantz Fanon. Steve Biko het dit later oorgeneem en deel van sy swartbewussynsfilosofie gemaak.

Fanon is al in 1961 dood, maar die filosoof, psigiater, humanis, aktivis en vryheidsvegter leef ná meer as 50 jaar nog tersaaklik voort.

Frantz Fanon was die voorste revolusionêre denker van sy tyd. Sy impak strek oor dekades heen. Al het hy vroeg, op 36, gesterf, bly sy aanklagte geldig. Aanklagte teen kolonialisme. Aanklagte teen vandag se bevryde Afrika. Hy het van Biko tot Guevara en van die Black Panthers tot die Palestynse Bevrydingsorganisasie geïnspireer. Hy verskyn in die bladsye van skrywers soos Philip Roth en Salman Rushdie.

Wat Fanon se anti-kolonialisme anders maak, is dat hy uit ’n psigologies-patologiese hoek kyk en oordeel.

As Franssprekende Martinikaan uit ’n gekleurde middelklasfamilie is Fanon diep ontnugter deur sy ervaring van rassisme, eers in sy geboorteland en toe in Frank­ryk, waar hy in die medisyne en sielkunde studeer het.

Hy begin sy aanklag met ’n taalwetenskaplike diskoers. Om ’n taal (soos Frans) te praat, beteken vir hom as swart man “om ’n (ander) kultuur jou eie te maak, om die gewig van (daardie) beskawing op jou skouers te neem...”

Via dié taal aanvaar jy teen wil en dank die Franse se kollektiewe bewussyn, een wat swartheid gelykstel aan kwaad.

Die wit man dra as’t ware sy eie skuldgevoelens as sondaar oor op die swart man as simbool van sonde. Om aan dié ontmensende “etikettering” te probeer ontsnap, sit die swart man vir hom ’n wit masker op en maak asof hy op gelyke voet meedoen aan ’n gemeenskap wat ’n gelykheid sogenaamd sonder persoonlike voorkoms verkondig. Wit kultuurwaardes word dan geïnternaliseer en verhef tot bewussyn.

Kolonialisme/rassisme versteur die swart man se psigologiese opset deur hom sy kulturele oorspronklikheid te ontneem, sy onderwerping aan ’n wit norm te vermom en sy bewussyn te vervreem. Die swart man sukkel van kleins af om in te pas by die maatstawwe van ’n wit wêreld.

Fanon se eerste werk, in 1952, noem hy gepas Peau Noire, Masques Blancs (“Swart vel, wit maskers”). Sy sleutelteks, Les Damne’s de la Terre (“Die gedoemdes van die aarde”), wat hy kort voor sy dood klaar geskryf het, het sy revolusionêre denke nog dringender verwoord.

Om klaar te speel met die tweeheid van wit/swart – wit synde goed en swart kwaad – en met die wit beskawing se kleinerende mites en met die uiterstes van meerder- en minderwaardigheid, vra Fanon vir ’n hele nuwe wêreld, ’n totale revolusie, oftewel “absolute geweld”.

Hy het geglo dekolonisasie is ’n gewelddadige verskynsel: Geweld is psigologies bevrydend omdat kolonisasie (gewelddadig) verslawend is.

Net so redeneer hy dat solank ’n swart mens nie gestry het vir sy vrywording nie, hy gedoem is om sy baas na te boots. Maar omdat Fanon die middel- en hoër klasse wantrou en hom by die Algerynse model van gewapende verset hou, kan sy revolusie net deur agtergeblewe plattelandse swart mense gedryf word, dié wat niks het om te verloor nie. (Dalk het Zuma dié massas in gedagte gehad toe hy sy honde-uitspraak gemaak het.)

Fanon het hom as psigiater in Algerië gaan vestig, hom met dié kolonie se onafhanklikheidstryd teen Frankryk vereenselwig en baie van sy radikalisme in dié tyd aangekweek.

Ondanks sy haat vir kolonialisme, laat Fanon die nuwe Afrika-elites ewe onverbiddelik in die beskuldigdebank aantree vir hul eie vergrype.

Volgens hom floreer die nouveaux riche, met hul politiekery en grypsug, op die ekonomiese strukture wat imperialisme nagelaat het. ’n Klas van opgevoedes met boekgeleerdheid en min verder is nie in staat om te regeer nie, is sy aanklag. Hiervoor moet nasionalisme ook die skuld kry, besluit hy, want dit kom neer op die intellektuele luiheid van ’n onderontwikkelde middelklas wat die koloniale regime vervang.

Nasionalisme sit net koloniale oorheersing voort, ten koste van die massa swart bevrydes, deur neo-koloniale maskers te dra en “Weg met die uitlander!” te skreeu.

Nasionalisme verkies ras bo staat en stam bo nasie, en dit beteken afguns, hebsug en rassisme. Dit sou ’n bonus wees as Zuma-hulle van dié aanklag kennis neem.

Hoe psigologies gekoloniseer die swart mens is, wys selfs sy onderbewuste, volgens Fanon: Die swart man leef sy idealisme uit in drome van aksie en aggressie, en dit slaan tot op seksuele en kriminele vlakke deur. Dit is ’n vorm van wraak op die koloniale baas wat van hom ’n “wit ­Neger” en ’n verbruiksproduk gemaak het. Hy begeer die baas se goed, ’n wit vrou.

Trek dié Fanon-uitspraak dalk ’n onbewuste koppelteken na die ongekende geweld wat soveel plaasmoorde kenmerk? In die ou idioom sou dit nog ’n uiting wees van swart “emosie” teen wit “rede”.

In praktiese taal beteken Fanon se formidabele diskoers vir Suid-Afrika dat vandag se nuwe stinkrykes so vervreemd geraak het van hulself en hul Afrikaniteit dat net ’n Eurosentriese leefstyl hul revolusionêre aptyt kan versadig.

En hoe hoër op die sosiale leer, hoe dringender die behoefte aan (wit) statussimbole. (Selfs Zuma verloën sy eieheid deur vir ’n masjiengeweer pleks van ’n assegaai te vra.)

Dit laat die bitter ironie in dié uitspraak van Fanon soveel uitdagender klink: “Hoe pynlik dit ook al vir my mag wees, ek moet dit sê. Vir die swart man is daar net een bestemming. En dis wit.”

Van “Die gedoemdes van die aarde” het ’n kritikus gesê: “It could also serve as a manual for the present-day African society that is plagued by corruption and violence.”

Eben Meiring is ’n afgetrede dosent in Frans aan die Universiteit van Stellenbosch.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Treasury Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.