Geen aardrykskundeles kon kom by brief van penvriend

2012-07-29 11:41

brief: uit Ndl. Dit gaan terug na oudfrans ‘brief’ wat ‘kort’ beteken, wat weer teruggevoer kan word na Latyn ‘brevis’ wat ‘kort’ beteken. Die Engelse werkwoord ‘brief’ is ‘briefen’ in Ndl., wat beteken om iemand kortliks in te lig. -  Dr. Willem Botha, Hoofredakteur, Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

As jy in die veertig is, kan jy jou maar in die onvermydelike berus: Jy is deel van die laaste geslag mense wat nog ’n handgeskrewe brief sal onthou.

Wie kan die hele ritueel vergeet? Eers moes jy na die skryfbehoeftewinkel gaan om papier en koeverte te koop. Daar was ’n smorgasbord van papierkleure om van te kies. Die mans het maar by wit of blou gebly, die vroue het geëksperimenteer met pienk, pepermentgroen, ligpers en selfs kanariegeel.

Dan poskantoor toe vir die seëls en eers dán huis toe om te gaan sit en skryf. Soms in die winter het ’n mens maar in die bed gelê en skryf. Anders het jy statig gaan sit by ’n lessenaar of die kombuistafel.

Die skrywer Karel Schoeman het gereeld briewe gaan sit en skryf by die Mount Nelson-hotel se antieke lessenaars.

Liewe, liefste of geagte so-en-so, het jy begin, met jou adres regs bo. Jy moes stadig en netjies skryf, vir foute was daar nie juis plek nie, anders het die brief te lelik gelyk en jy moes oor begin.

Klaar geskryf moes jy dit eers mooi deurlees, perfek vou, die brief stadig in die koevert steek, toeplak (met ’n lek van jou tong) en dan die seël ook opplak. Die smaak van daardie gom sit vandag nog in die mond se geheue.

Dan moes jy na ’n posbus stap om jou boodskap te gaan pos. Dalk het dit daardie dag hard gereën, ’n wilde suidoostewind het gewaai, die hitte het jou kop geskroei, maar daai brief moes sy pad kry.

Die briewe is elke dag versamel en met lorries, fietse, postreine en vliegtuie oor die wêreld uitgestuur, elkeen met sy eie klein storie.

In die 1980’s was daar ’n seun saam met my op skool wie se briewe van sy penmaats my tot vandag toe bybly. Conrad Olivier het reeds in st. 8 penvriende op elke kontinent gehad.

Van iedere brief wat hy ontvang het, is daar ’n kleine drama van gemaak. Elkeen van sy vriende moes twee sakkies tee in sy koevert plaas en darem ook ’n kasset met musiek uit sy land.

As die dik koevert aan dié kant aangekom het, het sy ma hom per tiekieboks by die skool laat weet en het hy ná skool huis toe gejaag vir die groot oomblik.

’n Klomp van ons is sommer in die opwinding saamgenooi. Die teesakkies is in warm water geplons en die kasset is aangeskakel, dalk was dit The Magic of Nana Mouskouri uit Griekeland.

Almal moes sit en Conrad het dan die brief teatraal oopgevou en begin lees. Op daardie oomblik, in daardie einste kombuis aan die suidpunt van Afrika, het ons skoolkinders ’n hele wêreld leer ken. Geen aardrykskundeles kon ons só deur die wilde, mal strate van Athene, Rio, New York, Hongkong of Lagos neem soos dié briewe nie.

En wie sou kon raai dat hierdie eenvoudige herinneringe aan ’n argaïese gebruik soveel kleur in vandag se soms kil, moderne lewe kon kom inblaas het.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-25°C High level clouds. Mild. Pta: 10-26°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 10-22°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 11-25°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 18-26°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!