Geseënd is jy, maar kritiseer móét ons

2012-07-14 16:01

Biskop Peter Holiday van Kroonstad seën pres. Jacob Zuma voordat die staatshoof 'n toespraak lewer op die ANC se Vrystaatse provinsiale kongres in Parys. | Foto: Lerato Maduna

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wanneer ’n land se leiers struikel – en daarvan is in Suid-Afrika volop voorbeelde – verwag ’n mens van die kerke morele leierskap, vermanings, ’n stem van rede.

Korrupsie, gebrekkige dienslewering en immoraliteit vier hoogty. Maar eerder as om ons leiers die leviete voor te lees, word talle kerke deur korrupte leiers vir eie gewin ingespan. Ander staan stom langs die kantlyn.

’n Seldsame uitsondering was toe Kairos Suider-Afrika, ’n ekumeniese organisasie, vroeër vanjaar namens hoofstroom-kerkleiers ’n dokument aan die ANC oorhandig het om met dié party se eeufeesvieringe saam te val.

Kairos het die ANC eers heuning om die mond gesmeer en toe losgetrek met striemende kritiek: Teen kerkleiers wat “onkritiese pryssangers” word van die party; teen korrupsie en die misbruik van die intelligensiedienste vir politieke gewin in die ANC; teen die ANC se besluit om “Mammon te kies bo God” deur die Dalai Lama toegang tot die land te weier vir emeritus aartsbiskop Desmond Tutu se verjaardagvieringe.

“Dinge kan vieslik skeefloop as dit nie dringend getakel word nie,” maan die kerkleiers.

“Ons sal kerke moet maan om versigtig te wees om nie enige bepaalde politieke party se belange te bevorder nie, insluitend die ANC.”

Die waarheid is egter dat die dominante ANC reeds groot dele van die samelewing gekorrupteer het – insluitende kerke. Kerkleiers wat meelopers van pres. Jacob Zuma word of hom onkrities seën, laat dit lyk of hulle ons leiers se twyfelagtige integriteit goedpraat.

Só boet kerke geloofwaardigheid in, terwyl kritiese kerkleiers soos Tutu uitgestoot word.

Daar is talle voorbeelde.

Verlede jaar het Die Burger berig oor ’n pastoor wat by ’n Werkersdagsaamtrek in Athlone, Kaapstad, gesê het “God het Zuma as staatshoof gesalf” en die ANC, Cosatu en die SAKP as “die heilige Drie-eenheid” beskryf het.

Zuma self het in 2011 gesê ’n ANC-ledekaart sal sorg dat jy “ingelaat” word in die hemel; dié wat nie ANC stem nie “kies die man wat ’n vurk dra”.

Wit en swart kerke het albei ’n dilemma: Wit kerke word gesien as ondersteuners van apartheid en swart kerke word gekritiseer oor hulle destyds stilgebly het omdat hulle geglo het kerke moet uit die politiek bly.

Wanneer dié kerke hulle nou uitlaat oor die demokratiese regering se foute word hulle herinner aan hul ondersteuning – stilswyend of andersins – van die vorige regime.
Hulle bly gereeld eerder stil – uit skuldgevoel of uitermate lojaliteit aan nuwe leiers wie se guns hulle wil wen.

Net so tragies is die kerke wat wel die stryd teen apartheid ondersteun het, maar nou swyg omdat dit hul eie oudkollegas is wat regeer en droogmaak. Kerkleiers soos Frank Chikane se kritiese stem het stil geword nadat hulle in 1994 by die nuwe regering aangesluit het.

Dit lyk boonop of Zuma en sy regering al hoe meer ondersteuning werf by kerke wat nie voor 1994 met die anti-apartheidsbeweging geassosieer is nie. ’n ­Kwasi-“staatsteologie” ontstaan waarin van dié kerke verwag word om die staat se agenda te ondersteun en onkritiese “imbongi’s” van die regering te word.

Hulle moet aan ’n moreel bankrot regering geloofwaardigheid verleen.

Dit sou lagwekkend gewees het as dit nie so ernstig was nie.

En tog het die kerk tydens die verset teen apartheid ’n groot invloed op die ANC gehad. Talle ANC-leiers, insluitende sy eerste president, John Dube, die president in ballingskap, Oliver Tambo, en die post-Tweede Wêreldoorlog-president Albert Luthuli is deur die demokratiese boodskap van die evangelie beïnvloed.

Die ANC se groot deurbraak in die stryd teen apartheid was immers die party se vermoë om dié stryd as ’n morele stryd te skets. Ook Westerse kerke het sedert die 1980’s gou die anti-apartheidstryd begin steun.

’n Rits ANC-leiers het selfs hul organiseringsvaardighede binne die kerke ge-slyp en daar geleer om ’n veldtog behoorlik te bestuur. Dit sluit nie net mense soos Dube, Luthuli en Tambo in nie, maar later ook Allan Boesak, Tutu en Chikane.

Die morele waardes wat die ANC via die kerke binnegesypel het, word egter nou bedreig. Demokrasie is in trurat.

Waar laat dit kerkgangers?

Apartheid het sowel swart as wit Suid-Afrikaners met ’n “eksistensiële krisis” gelaat. Talle swart Suid-Afrikaners se trots is deur die vernederende apartheidsregime vernietig, terwyl wit Suid-Afrikaners se trots geskend is toe hul kerke, lank gereken as “vertroude” bastions van wat reg is, skielik tot misdadige instellings verklaar is.

Talle soek hul sekerheid deesdae in geloofs-, spirituele of kulturele fundamentalisme. Ander gee boedel oor en jaag aardse besittings obsessief na.

Pierre du Toit en Hennie Kotzé argumenteer in die boeiende Liberal Democracy and Peace in South Africa dié eksisten­siële krisis voed gewelddadige misdaad, onverdraagsaamheid jeens verskille, ­xenofobie en sosiale konserwatisme.

Die kerk sukkel om morele leiding te gee en het in sekere gevalle heeltemal irrelevant geword.

Daarom moet die kerk meer betrokke raak by die samelewing en die veranderende omstandighede in ons land.

In hul poging om dit te doen, sal die kerke ook demokratiese waardes moet internaliseer en ontslae raak van rassisme, seksisme en patriargie binne hul eie strukture.

Kerke wat apartheid ondersteun het, sal in die openbaar verskoning moet vra ten einde swart Suid-Afrikaners se vertroue te herwin. Hierdie kerke sal ook aktief huidige en toekomstige regerings aanspreeklik moet hou.

Suid-Afrika is by ’n keerpunt en tensy kerke en burgerregtegroepe onmiddellik intree, kan dit te laat wees om die skade ongedaan te maak.

William Gumede is ’n skrywer en politieke ontleder.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 8-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-13°C Mostly sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-12°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-21°C More sun than clouds. Refreshingly cool. PE: 12-17°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Internal Sales

East Rand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R26 000 Per Month

Consultants

Pretoria
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R26 000 Per Month

Hebrew Customer Service Representative - Digital Marketing Company, Cape Town, South Africa

Cape Town
Initiate International
R12 000 - R15 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot R2000 op die gewildste elektroniese ware

Kry elke dag besparings wat jou kop sal wegblaas op die gewildste elektroniese ware. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!