Glo jy nog in Kersfees?

2012-12-22 23:58

’n Kersvader ná ’n partytjie ten bate van siek kinders Maandag in die premierswoning in Londen.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dié Kersfees sal daar, soos elke Kersfees, wêreldwyd miljoene mense kerk toe stroom om die Kind van Kersfees te gaan aanbid. Uit gewoonte of uit bygelowigheid? Omdat hulle regtig glo of omdat hulle nie ou tradisies summier wil weggooi nie?

Oor die Kind van Kersfees word al derjare gestry. Is Hy regtig in ’n krip gebore? En aan ’n middelste kruis gekruisig?

Het Hy regtig uit die dood opgestaan? Wás daar ooit so iemand?

Ook in Afrikaanse kringe word dié vrae gevra. Al hoe meer omdat Afrikaners en Afrikaanses al hoe meer gesekulariseerd en geglobaliseerd raak. En outydse twyfelvrae het postmoderne skeptisisme geword.

Willie Esterhuyse, een van die bekendste Afrikaanse filosowe, praat, soos baie ander, sterk onortodoks oor hierdie dinge. Hy vertel in sy veelgelese boek God en die gode van Egipte van sy geloofsreis van Laingsburg se Klipkerk verby die Stellenbosse Kweekskool tot op Sinaiberg en tussen Egipte se oeroue gode en piramides. Hy vertel van Ra, die songod, van Osiris, van Horus en van Isis, die “maagdelike moeder” van Horus. Hy skryf dat Isis hom so aangegryp het “dat sy ’n blywende metgesel in die onstuimige stroom van my bewussyn geword het”.

“Sy het my moreel en esteties gevange geneem.”

Esterhuyse skryf ook oor Abraham en Moses en Jesaja en Miga en oor Jesus. Hy dui aan dat daar onder ander volke – en lank voordat Jesus in Betlehem gebore is – sprake van “maagdelike geboortes” was en van godefigure soortgelyk aan Jesus.

Esterhuyse wil Jesus in sy “aktivistiese ywer vir geregtigheid” navolg. Die vraag wat hy op die ou end nie beantwoord nie, is of Jesus vir hom méér as ’n navolgenswaardige voorbeeld is, méér as ’n ikoon en ’n simbool, of Hy op stuk van sake vir hom “my Here en my God” is.

Ons moet op nuwe, eietydse maniere oor geloofsake praat.

Ons moet bereid wees om saam met iemand soos Julian Müller “buite die boks” oor sommige van dié dinge te dink.

Maar ons moet ook oppas dat ons nie die geloof self in die proses verloor nie.

Die verhaal van God en sy mense is ’n verhaal met historiese wortels. Daar is natuurlik plek vir metafore en simbole in ons godsdienstige taal. Ons kan nie oor God praat sonder dat ons beeldspraak gebruik nie. Die beeldspraak kan egter nie die “feite” verdring nie – die feit dat daar, volgens die Christelike geloof, ’n God is. Dat God op ’n bepaalde wyse in die geskiedenis opgetree het. Dat van die belangrikste dinge wat ons glo in die geskiedenis gebeur het en daarom nie maar metafories verstaan kan word nie.

Jesus ís meer as 2 000 jaar gelede in Betlehem gebore, glo ons, Hy ís ’n stuk of 30 jaar later gekruisig (dit was op ’n Vrydag) en Hy het enkele dae later uit die dood uit opgestaan (dit was op ’n Sondag). Wat nie wil sê dat daar nie onder ander volke – en lank voordat Jesus gebore is – sprake van “maagdelike geboortes”, van godefigure soortgelyk aan Jesus, kon gewees het nie. Vonke van God se “plan” met die mensdom het blykbaar wyd gespat voordat dit op ’n unieke manier in die geskiedenis van Israel en die Jode in Jesus van Nasaret gekulmineer het.

Wat wel waar is, is dat jy nie op eie stoom geloof kan kry of vir iemand anders geloof kan gee nie. Geloof dat die Kind van Kersfees mens én God was, geloof dat Hy uit die dood opgestaan het en geloof dat Hy weer sal kom, is geloof wat net God vir ’n mens kan gee.

Geloof hef egter nie jou rede of gesonde verstand op nie. Geloof skakel nie die probleme wat mense met gesonde verstand met bepaalde aspekte van ons geloof het uit nie. Dit ontken byvoorbeeld nie vrae oor God se ongenadige optrede teenoor “heidense” volke in die Ou Testament nie. Dit ontken ook nie die vrae oor God se plan met die dermiljoene mense wat nooit van Jesus gehoor het nie.

’n Gelowige, postmoderne mens sal van die vrae en bedenkinge en kwellings oor ons geloof kennis neem en dit ernstig opneem.

En sal op die ou end moet toegee, soos gelowige Christene deur die eeue, dat ons eintlik maar spieëlkykers is, dat daar raaisels oorbly wat ons tot ons dooddag toe sal treiter.

Maar, deur God se genade, sal ons bly glo. In die Kind van Kersfees. En dat Hy op Paassondag uit die dood opgestaan het.

En dat Hy weer sal kom.

Frits Gaum se boek, Fluit-fluit die kerk is uit, is vanjaar met die Andrew Murrayprys bekroon.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
51 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-15°C Numerous showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 3-24°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-27°C Sunny. Warm. PE: 10-22°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Lifetime Opportunity

Pretoria North
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R28 000 Per Month

Konsultante Nodig

East Rand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R28 000 Per Month

Sales Consultants

Roodepoort
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 500 - R28 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!