Gryser Mbeki lag net oor Mangaung

2012-10-07 00:24

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy is maerder. Gryser. En om die eens statige staatsman hang nou ’n spreekwoordelike kleed van eensaamheid, byna tragies.

Staande, met sy hande inmekaargevou, nooi oudpres. Thabo Mbeki my die afgelope Donderdag sy ruim kantoor in Killarney, Johannesburg, binne.

Sy donkerblou baadjie, bo-oor ’n gholf-T-hemp wat by sy grys broek ingesteek is, lyk te groot. Sy skouers hang. My oë val op sy paar swart inglipskoene. Dit kort ’n leksel politoer, dink ek.

Waar is die gepoetste, sterk leiersfiguur wat Suid-Afrikaners in sy staatshoofdae geken het?

Boeke lê gesaai oor sy groot lessenaar, oor nog ’n tafel. ’n Groot platskerm-TV teen die muur regoor sy lessenaar is op die 24 uur- Chinese nuusnetwerk CCTV ingeskakel.

Voor sy kantoor drom joernaliste en kameramanne soos miere in rye saam, uitgenooi vir onderhoude deur sy getroue woordvoerder, Mukoni Ratshitanga.

Vreemd, so kort voor die ANC se leiersverkiesing in Desember in Mangaung.

Moet my nie verkeerd verstaan nie: Die intellek wat menige wêreldleier tydens sy twee termyne as staatspresident en ANC-leier bekoor het, is nog daar. Sy passie en doelwitte vir Afrika se renaissance, sy huidige bedingingswerk vir die Afrika-Unie in die Soedan, blyk nog duidelik.

Maar oor die party waaraan hy sy lewe gewy het, wat hom op die Polokwane-verkiesingskongres in 2007 deur pres. ­Jacob Zuma as ANC-leier vervang en later onseremonieel as staatshoof herroep het, het hy in geen enkele landstaal ’n woord te spreek nie.

Ratshitanga, wat al wat ’n vraag is oor Mbeki se indruk van die huidige ANC wegkeer, help ook nie.

“Jy is onregverdig om die vraag te vra,” keer Ratshitanga toe ek Mbeki pols oor hoe hy as oud-staatshoof en -ANC-leier die ANC nou ervaar.

En toe ek “ANC” en “Mangaung” in dieselfde asem noem, bars Mbeki ongemaklik uit van die lag.

Informeel, dog soos die staatsman van ouds antwoord hy op die wyse waaroor hy tydens sy presidentskap ook erg gekritiseer is: “Ek is die meeste van die tyd in die buiteland en volg nie wat hier gebeur nie.

“Ek is maar net ’n waarnemer van buite. Nie meer naby genoeg nie...

“Maar volgens wat ek vertel word en wat ek in berigte lees, het die ANC tot 1,2 miljoen lede gegroei.

“Ek kan my indink dat die ANC-leiers en -lede alle prosesse op pad na Mangaung sensitief sal hanteer in die konteks van die rol wat die ANC as regerende party in Suid-Afrika speel.

“Die party dra die hoop en aspirasies van die meerderheid van die bevolking en moet bewus wees van hul verantwoordelikheid teenoor hul kiesers.”

En hy stem saam met Zuma wat onlangs die Verenigde Nasies geroskam het oor dié organisasie se behandeling van Afrika.

“Die president was reg. Ons het dit ook in die verlede geopper. Die VN moet begin om na Afrika te luister. Kyk wat in Libië gebeur het.”

Sy toekomsplanne? Hy wil die bedingingsproses in die Soedan afhandel, terwyl sy stigting ook omsien na die Thabo Mbeki Afrika-leierskapsinstituut by Unisa.

“Ons probeer om deur die instituut ’n poel van Afrika-leiers te kweek, want ons kort leiers wat Afrika se uitdagings behoorlik verstaan en die programme kan implementeer wat nodig is om die vasteland te kan verander.”

Weer val Ratshitanga ons in die rede: “Daar is nog joernaliste wat wag.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.