Hou jou lyf argeologiese speurder

2012-11-17 23:51

Replikas van die beendere van die vermoorde vroue. Dit word in Wits se Origins-sentrum uitgestal. | Foto: Lerato Maduna

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jy staan voor ’n outopsie-tafel en voor jou lê die beendere van twee vroue.

Wat ook al met hulle gebeur het, dit moes erg gewees het.

’n Groot kraak loop oor die een vrou se skedel, ’n aanduiding dat sy dalk met ’n harde hou om die lewe gebring is. Maar as jy verder kyk, sien jy ’n gat bokant haar oogbank, die soort wat veroorsaak word wanneer iemand met ’n pyl geskiet is.

Wat het met haar gebeur?

Mens sou dink die vroue is iewers oorval en wreed vermoor, maar dan sien jy die skulpkrale om hul nekke en besef dat hulle met ’n uitgebreide ritueel begrawe is.

’n Moord? ’n Rituele teregstelling?

Nee, dis nie ’n toneel uit Quincy of CSI nie.

As jy die bostaande sien, is jy een van duisende Suid-Afrikaners wat binnekort deel gaan hê aan die oplossing van een van die wêreld se oudste misdaadraaisels.

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het replikas bekom van die beendere van twee vroue wat duisende jare gelede in misterieuse omstandighede gesterf het en nooi nou Suid-Afrikaners om hul lyf speurder te kom hou en dié raaisel te probeer oplos.

Volgens prof. Francis Thackeray, hoof van Wits se instituut vir menslike evolusie, is die doel om besoekers met die uitstalling te “stimuleer”.

“Die agtergrond wat die uitstalling skets, is twee vroue wat sowat 7?400 jaar gelede vermoor is. Hul geraamtes is tussen 1928 en 1934 in Teviec, Frank­ryk, ontdek. Maar die aard van hul geraamtes bring mee dat die rede vir hul dood nie heeltemal so duidelik is nie.”

Prehistory: The Investigation is ’n uitstalling wat die afgelope week in die Origin-sentrum op die Wits-kampus begin het. In Parys het dieselfde uitstalling 300 000 voornemende speurder-argeoloë gelok.

Dit word deur Wits in samewerking met die departemente van wetenskap en tegnologie en kuns en kultuur aangebied, asook met die medewerking van die Toulouse-museum in Frankryk.

Die uitstalling is baie interaktief met skerms waar jy vrae kan intik, wat jou dan op ’n spoor bring. Besoekers word toegerus met argeologiese gereedskap in die vorm van inligting oor antropologie, anatomie, chronologie, die omgewing, tegnologie en sosiale lewe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.