Hul harte vir Hillbrow

2012-10-28 00:01

Sarah Branken by haar speelgoed in die kamer wat sy nou met haar vier sibbe deel. | Foto: Nicolene Olckers

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hulle het nog nooit ­Johannes Kerkorrel se ­Hillbrow gehoor nie, maar Nigel en Trish Branken doen presies wat die liedjie sê en maak hul harte oop vir dié berugte en vervalle buurt in ­die Johannesburgse middestad.

In so ’n mate dat Nigel en Trish en hul vyf kinders in Mei vanjaar hul gerieflike sesslaap­kamerhuis met sy pragtige groot tuin in Midrand verruil het vir ’n beknopte tweeslaapkamerwoonstelletjie in Hillbrow se beton-oerwoud.

Die diep gelowige Brankens glo dat God hulle geroep het om die mense van Hillbrow se lot te verlig.

Nigel is ’n opgeleide maatskaplike werker, maar werk tans voltyds as projekbestuurder by die Universiteit van die Witwatersrand. In sy vrye tyd bedryf hy sy eie liefdadigheidsorganisasie, Transform, wat probeer om ’n verskil te maak in ’n gemeenskap wat onder armoede, prostitusie en dwelm- en alkoholmisbruik gebuk gaan.

Een van hul projekte is om die gebied meer kindervriendelik te maak. Hulle het reeds begin om klimrame op te rig en hulle huur ook ’n tweede woonstel in die gebou waar hulle woon wat hulle wil omskep in ’n leersentrum waar kinders met hul skoolwerk gehelp kan word.

Trish gee tuisonderrig aan hul vyf kinders. Hul oudste kind is elf en die jongste is drie.

Trish sê hul kinders het baie maklik by die nuwe omstandighede aangepas.

“Maar ons kyk eers ’n ding uit voordat ons ons kinders daaraan sal blootstel.”

Nigel sê Hillbrow is baie minder gevaarlik as wat die meeste mense dink.

Dit beteken egter nie dat dit heeltemal veilig is nie.

Sedert die gesin in hul nuwe blyplek woon, is Nigel al met die dood gedreig.

“’n Man het ’n geweer teen my kop gehou en my gedwing om my selfoon vir hom te gee.”

Die volgende dag het Nigel saam met vriende na die plek gegaan waar hy beroof is en daaroor gebid.

“Ek het gebid vir die man wat my beroof het, dat my hart sal sag bly en dat die gemeenskap veilig sal wees.”

Ten minste is daar sekuriteitswagte en kameras in die kompleks waar hulle woon.

Nigel sê hy is oortuig hulle doen die regte ding.

“As ’n wit mens wil ek versoening bring deur uit te reik na almal, want baie mense is steeds ongelukkig oor wat wit mense in die verlede gedoen het.”

Dit is waarom die gesin probeer om uit te reik na hul nuwe bure en hulself nie te isoleer nie. Trish sê dit is nie altyd ewe maklik nie.

“Mense het nogal gestaar, maar danksy ons kinders het ons gouer en makliker hier aangepas. Ek hou van die interaksie met almal. Voorheen het ons baie geïsoleerd geleef en hier het ons die geleentheid om elke dag iemand te ontmoet. Jy ken almal en dis so lekker.”

Hulle besit steeds hul huis met sy groot tuin in Midrand, maar verhuur dit. Hulle moes baie afskaal, maar hulle is bly oor hul keuse.

Nigel sê: “Ek het ’n droom van ’n nie-rassige Suid-Afrika en wil hê dat almal in die rykdom van ons land moet deel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 6-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.