Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Identiteit-selfmoord is beslis nie nodig

2009-11-28 16:58

Grafika: Anton Vermeulen

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Antjie Krog is in gesprek met ’n filosofie-professor in Berlyn. Sy sê vir hom die swart meerderheid laat hulle sedert 1994 al hoe meer geld en nou vind sy die meeste van haar verwysings en “raamwerke van begrip” het waardeloos geword.
Sy wil nie ’n Westerse perspektief op Robert Mugabe hê nie, sy wil ’n Afrika-perspektief hê en sy probeer uitwerk wat dit is. Is dit Thabo Mbeki se swye, Desmond Tutu se kritiek of die skares wat Mugabe toejuig?
Is dit moontlik, vra sy die professor, dat ’n wit mens soos sy wat in Afrika gebore is, in ’n kultuur met sterk Westerse wortels grootgeword het, deurdrenk is met ’n politieke bedeling wat gesê het swart mense is anders en daarom minderwaardig, is dit moontlik dat so ’n mens na ’n swartheid (“blackness”) kan beweeg? Watter soort mens moet sy word om ’n nuttige, ingeligte en goeie lewe in Suid-Afrika te kan hê?
Maar Antjie kry mettertyd meer helderheid. Sy ontdek ’n Afrika-waarde wat sy “interconnectedness” noem, iets wat mense soos Tutu en Mandela laat optree het soos hulle opgetree het. Uiteindelik kan sy verklaar dat swartheid haar uit haar “wit kapsule” verlos het, haar geleer het om iets anders as net haarself te wees.
Antjie beskryf dié reis in haar jongste boek met die ongelukkige titel Begging to Be Black. Die twee ander strominge in die boek naas die gesprek met die professor is haar teësinnige betrokkenheid by ’n moord in 1992 deur ANC-operateurs (of eintlik haar skuldgevoelens daaroor) en haar navorsing oor die lewe en filosofie van die vader van die Sotho’s, koning Moshoeshoe I.
Ek moet erken ek het aanvanklik heeltemal oorreageer op Antjie se boek, soos ek vermoed die meeste wit en bruin Suid-Afrikaners gaan as hulle dit lees. Gelukkig het my rekenaar ’n delete-knoppie en my eerste duisend woorde oor haar boek is genadiglik vir ewig verlore.
Antjie Krog verdien meer as beledigings en veroordelings. Sy is ’n hoogs begaafde skrywer en digter en ’n fyn waarnemer van ons land en sy mense. En om wit in Afrika te wees is die onderwerp van ’n debat waarmee ons nog lank nie klaar is nie.
Maar ek moet darem verklaar dat ek verstom was oor Antjie se oordrewe handegewringery oor haar wit vel; oor haar oorontwikkelde skuldgevoelens oor apartheid en kolonialisme; oor haar oorromantisering van Afrika en van swart mense; oor haar naïwiteit oor die politiek van ons streek. Ek was verbaas dat sy die ou begrip van nie-rassigheid so sleg verstaan.
Maar ek was veral onaangenaam verras dat iemand soos Antjie haar identiteit as Afrikaan en volwaardige Suid-Afrikaner net by die nasate van die Bantoetaalsprekende boere wat so 2?000 jaar gelede in ons streek aangekom het, gaan soek. Wat van die nasate van die mense wat eerste hier was, die mense wat die oudste genetiese materiaal van ons spesies verteenwoordig, die Khoisan?
Hoekom het Antjie geen behoefte om ook na ’n bruinheid te beweeg vir haar bevryding nie?
Hoe durf sy in die koor sing van dié wat verklaar net swart mense is werklik van Afrika?
Ek stoei ook al baie jare lank met die konsep Afrikaner/Afrikaan en het die laaste dekade baie daaroor geskryf en aan heelwat openbare debatte daaroor deelgeneem.
Ek hou my as politieke ontleder daagliks daarmee besig om te probeer verstaan hoe die mense van Suid-Afrika se politieke koppe werk – ook die swart mense s’n. Dit is deels waarom ek die laaste tien jaar so diep in ons geskiedenis gedelf en twee boeke daaroor geskryf het.
Ek waarsku gereeld in my skrywes en rubrieke dat wit Suid-Afrikaners moet besef ons kan nie nou sommer maak of die onreg van eeue van kolonialisme en dekades van apartheid uit mense se geheue gevee is nie; dat hul politieke kultuur plek-plek heelwat verskil van dié van ander Suid-Afrikaners; dat hulle moet onthou hul drome en vrese is dalk baie anders as ander Suid-Afrikaners s’n.
Maar dit het nog nooit by my opgekom dat ek “swart” moet probeer wees om die res van my nasie te kan verstaan nie – of “bruin” om bruin mense te verstaan of “Indiër” om landgenote van Indiese herkoms te verstaan nie.
Dit was ook nie vir Nelson Mandela of Desmond Tutu nodig om “te smeek om wit te wees” om wit Suid-Afrikaners te kon verstaan nie.
“Ek wil deel wees van die land waarin ek gebore is,” skryf Antjie. “Ek wil weet of dit moontlik is dat iemand soos ek deel van die meerderheid kan word, of ek ‘swarter’ kan word om as ’n volwaardige en gemaklike onderdeel (‘at ease component’) van die Suid-Afrikaanse psige te lewe.”
Dié vrae het nog nooit by my opgekom nie. Ek is tuis en gemaklik hier. Ek het nie besluit om as wit Afrikanerman in Suid-Afrika gebore te word nie, dis bloot my werklikheid en daarmee het ek heeltemal vrede. Ek is so deel van hierdie land soos enige ander burger.
Ek is self ’n inheemse mens, ’n volboed-Afrikaan, al is ek bleek van pigment. In daardie sin is ek wel deel van die meerderheid waarvan Antjie so graag deel wil wees. Maar die lewe het baie fasette: As ek ’n wit Afrikaanse man-hoed opsit, is ek erg in die minderheid, met my sienings en geskiedenis eintlik ’n minuskule minderheid binne-in ’n minderheid. As ’n sportliefhebber, as ’n patriot, as ’n demokraat is ek weer deel van die meerderheid.
Dit hang nie van swart Suid-Afrikaners of enigiemand anders af of ek ’n Afrikaan is al dan nie. Ek hoef nie “swart te dink” om Afrikaan te wees nie. Ek hoef nie met my sienings en dade te “verdien” om Afrikaan te wees nie, ek is eenvoudig een soos enige swart Suid-Afrikaner een is, wat hy/sy ook al dink en doen.
Natuurlik is daar politieke kansvatters soos Julius Malema en Jimmy Manyi wat mense soos ek setlaars en rassiste noem. Dis soos water op ’n eend se rug.
Dit mag ons nie keer om te leef soos ons weet ons behoort te leef en te sê wat ons glo ons behoort te sê nie. Om vandag eerlik en trots te wees in Suid-Afrika moet ’n mens ’n dik vel hê.
Onderlinge verbondenheid (“interconnectedness”) is nie ’n swart ding nie, dis ’n universeel medemenslike ding. Waar was “interconnectedness” toe swart Suid-Afrikaners ander Afrikane weggejaag, aangerand en hul huise afgebrand het? Waar was Thabo Mbeki en Manto Tshabalala-Msimang se “interconnectedness” toe hulle tienduisende mense laat sterf het omdat hulle antiretrovirale medisyne geweier is?
Waar is die “interconnectedness” van die ANC se geldkatte wat hulle so dik steel aan geld wat huise en hospitale kon bou?
Waar is die “interconnectedness” van die townshipmense wat nou weer boendoehowe begin hou en mense wat hulle skuldig bevind met klippe doodgooi?
Ek is bly Antjie het Moshoeshoe as voorbeeld van ’n swart humanis, diplomaat en staatsman in haar boek gebruik. Hy is my gunsteling-karakter in ons geskiedenis oor wie ek baie geskryf en ’n rolprent gemaak het. Ons het verskriklik baie om by ons swart kulture en uit ons swart mede-burgers se geskiedenis te leer.
Maar Antjie het een van die ou Sotho-koning se grootste gawes ’n bietjie misgekyk. Moshoeshoe was die eerste Suid-Afrikaanse leier wat werklik verby stamverband en etnisiteit gekyk en inklusief gelewe het. In die dekade of twee ná 1820 het hy Boesman, Koranna, Zoeloe, Tswana en Xhosa ingenooi na sy volk in wording op Thaba Bosiu.
En toe hy die Franse sendeling Eugene Casalis leer ken het, het hy hom soos ’n broer behandel en hom met sy lewe vertrou. Hy het die eerste president van die Vrystaatse Republiek, Josias Hoffman, as ’n gewaardeerde bondgenoot en vriend behandel.
Moshoeshoe was dalk die eerste nie-rassige Suid-Afrikaner. Hy het nie ras-, kleur- en kultuurverskille geïgnoreer nie, maar hy het eers die mens raakgesien voordat hy die oppervlakkige verskille raakgesien het.
As jy ’n oop gemoed het, meelewendheid het, as jy jou burgerlike pligte ernstig opneem, sal jy sorg dat jy ’n basiese begrip het van wat ander mense in jou gemeenskap dink en voel.
Jy hoef nie identiteit-selfmoord te pleeg nie.
*Max du Preez se nuwe boek, Dwars – Mymeringe van ’n gebleikte Afrikaan, is volgende week in die boekwinkels.

Lewer kommentaar op dié storie


Wayne 11/29/2009 2:27:37 AM
Ek het amper emosie vir emosie dieselfde reaksie op Antjie Krog se "Change of Tongue" gehad as wat Max Du Preez op hierdie boek het. Ek wens meer wit Suid-Afrikane kon ten minste `n tikkie van haar skuld voel maar terseldertyd is hierdie oorhewe gesoekery na `n "hergeboorte" swarter indentiteit wat haar sal toelaat om tuiste vind ongelooflik beledigend vir swart Suid-Afrikaners. Ten spyte van die einde van apartheid is hulle nog steeds nie net mense maar een of ander beter weergawe van menswees waarna gestrewe moet word. Ek kry die gevoel dat Krog dink daar is `n oomblik waar jy ontslaan word van jou geskiedenis se gewig; daar is nie. Sy moet miskien meer tyd spandeer om te probeer verstaan hoekom daar so min Afrikaners is wat wel skuldig voel.
JJJA1 11/29/2009 2:59:26 AM
Eks `n ou wat onwillig vorentoe tree as dit kom by vir Max opkom. Maar ek moet die duiwel gee wat hom toekom; dit is `n absoluut uitstekende kommentaar op Krog se boek. Krog se boek, wat ek nie gelees het nie, is duidelik gemotiveer deur dieselfde ontnugtering as wat Rian Malan se "My Traitor`s Heart" gedryf het. So ook was die verwarde soeke van die sendeling Aart van der Lingen in Elsa Joubert se "Missionaris". Al hierdie mense het onkreukbare "credentials" gehad as wittes wat Swart Afrika goedgesind was en skuldiggevoel het oor die onregte wat hulle aangedoen is. Maar almal was ontnugter toe die soeklig buite die slagofferstatus van die onderdrukte begin val het. Toe die optrede van swart Afrikane ontleed word buite die beskerming van hulle slagoffer bekleding. Dit het geblyk dat, as `n omhelsing van sekere swart Afrika tradisies, kulture, lewensbeskouinge en morele waardes `n voorvereiste was vir aanvaarding (van wit Afrikane), dan het die prys te hoog geblyk te wees vir die beskaafde, goedaardige wese van al hierdie mense. En dit het hulle met `n pynlike verskeurheid en verwarring gelaat. Eintlik is die kwessie nie so ingewikkeld nie: as `n ander groep se waardes dit aanvaarbaar vind dat `n skurk die president mag wees en joune nie, dan het jy `n verhewe waardesisteem - as jy strewe daarna om `n beter, meer beskaafde wese te word. Moenie daaroor skaam wees nie. Baie welmenende wittes worstel vandag daarmee. Onlangse rubrieke deur Cecile Cilliers, Ferdi Greyling en Tim du Plessis is deurtrek met die simptome van dieselfde pynlike verwardheid. En soos die tyd aangebreek het op `n stadium dat "begrip" vir die Afrikaner se geskiedenis en agtergrond nie meer genoeg verskoning was om hom die roede van onvoorwaardelike veroordeling te spaar vir sy Apartheidsvergrype nie, so is nou die tyd om swart Afrika voor dieselfde werklikheid staan te maak.
Marius 11/29/2009 6:58:27 AM
Max du Preez skryf in sy kommentaar op Antjie Krog se nuutste boek (Rapport, 29 November) dat indentiteit-selfmoord beslis nie nodig is vir blanke Suid-Afrikaners nie. Dit is 'n verfrissende nuwe inslag wat hy vat in teenstelling met sy jare-lange "Afrikaner-bashing" en derms-uitryg oor die Afrikaner se gewaande sondes. Daar is niks so versoberend en ontnugterend vir liberaliste as om blootgestel te word aan die sondes en vergrype van Afrikane in Afrika nie. Mens kan dit ook sien uit Max se rubrieke en kommentare deesdae in vergelyking met 10-15 jaar gelede. Ander mense van die liberale kant wat dieselfde ervaring gehad het, is die skrywer, Alan Paton van Cry the beloved country, se weduwee en Helen Suzman. Die lys raak ook langer jaar na jaar.

Max kleef egter nog steeds naïef aan sekere uitgediende begrippe soos "nie-rassigheid", wat nou al oor en oor bewys is nie op die vasteland van Afrika moontlik is nie. Ras is 'n werklikheid en Afrika weet dit, al wil Max sy kop in die sand steek daaroor. Ons sien dit veral waar daar 'n permanente blanke bevolking in 'n Afrikastaat aanwesig is.

Eintlik maak Max 'n goeie punt waar hy waarsku dat Afrikaners se politieke kultuur, drome en vrese drasties verskil van dié van ander inheemse (lees: swart) volke in Suid-Afrika. Dit is 'n uitstekende argument ten gunste van selfbeskikking en vryheid vir die Afrikaner as volk. Max erken daarmee dat die idee van "simunye - we are one" 'n klomp snert is. Daarmee stem ek volmondig saam.

Max waarsku ook dat die gewaande onregte van kolonialisme en apartheid nie sommer uit mense se geheues gevee kan word nie. Dit mag so wees, maar net so ook word die aaklige wreedhede van Afrka se volksmoorde, Mau-mau's, Mugabe's, staatsgrepe, magsvergrype en manier om alles deur dwang en geweld op te los, eweneens nie sommer uit mense se geheues uitgevee nie.

Ek wag vir die dag dat ons die feit van ras en verskil erken en daarmee saamleef sonder om kunsmatig te probeer om 'n valse gelykheid te probeer bewerk deur omgekeerde diskriminasie, transformasie, (on)regstellende aksie, swart bevoordeling (lees: blanke benadeling) en nog wat. Ek dink egter as dit van Max afhang, gaan ons nog lank wag.
Kaltie 11/29/2009 8:34:11 AM
Ek is blank, 'n rassis en trots daarop. Ek gaan nie verskonings maak omdat ek nie 'n barbaarse lewenstyl aanvaar nie.
Pieter 11/29/2009 9:03:50 AM
Jy hoef nie een van Krog se boeke te lees om te weet dat sy aan 'n oordrewe skuldkompleks ly nie. Paar woorde op die TV en haar oordrewe reaksie oor haar betrokkenheid by die WVK is genoeg om my nugter maag te laat draai. Ek hou nie van haar nie en ek hou ook nie van Max nie. Veral Max se 'Afrikaner bashing' het so belaglik geraak dat ek al gewens hy wil homself van die gras afmaak as hy dan so 'n groot probleem daarmee het - wie was hy dan/is hy dan uniek op sy eie? Sy begeerte om die heeltyd van sy morele hoer grond die vinger te swaai is steeds arrogant en irriterend. MAAR ek moet se met sy nuwe verfrissende blik wat ek hier raak gelees is daar dalk steeds hoop dat ek hom eendag ernstig sal kan opneem. Dit wel gesê, apartheid was 'n onding. Was dit werklik slegter as die Hutu en Tutsi moorde? Was apartheid met sy Europese koloniale oorsprong enigsins meer boos as die vergrype in Afrika? Nee, dit is nie maar dit het 'n handige weerligafleier geword vir Afrikane (wit en swart) om hul verantwoordelikheid te ontduik en hul vergrype te verdoesel want niks is erger as die a-woord nie!
Boerseun 11/29/2009 9:08:58 AM
Smaak my Max beweeg al hoe meer regs. As die ANC net so aanhou op die kurwe kan ons dalk nog in ons leeftyd sien dat hy die waarheid agterkom. Ware vryheid vir enige volk kan net uitgeleef word in 'n eie land, nooit in 'n saamgeflanste land soos die 'Sluwe RSA" nie.
Andre 11/29/2009 9:14:51 AM
Ek dink soos Bruce Fordyce is Max stadig maar seker besig om ook tot sy sinne te kom !
JJJA1 11/29/2009 9:15:39 AM
O,ja, ek wou nog een ding skryf. Krog, as worstelende aktivis wat liberale, deugsame waardes adem, en wat `n verterende passie ervaar om hierdie bisarre kontinent met sy duistere geheime te ontrafel en `n bydrae te lewer om die lig te laat deurskyn, sal haar energie baie meer produktief aanwend om Afrika met hierdie (lees bo) werklikhede te konfronteer, eerder as om haar eie ingewande uit te ryg oor apartheid, bloot omdat sy wit en Afrikaans is.
fritz 11/29/2009 10:01:38 AM
Liberals are people with open minds,so far open that their brain has fallen out.That's Antjie!
Willem 11/29/2009 11:02:20 AM
Soos dit maar met gemeenskappe se self verklaarde intellektuele gaan is hulle gewoonlik twee dekades of wat agter die tyd. Antjie Krog kan maar net nie loskom van haar 1970 “ek-is-‘n-bose-Afrikaner” mentaliteit nie. As sy maar net so bietjie meer soos haar ma Dot Serfontein was. Miskien moet Antjie die mense van Solidariteit Helpende hand vra om haar vir 'n paar dae die Afrikaner plakkerkampe rondom Pretoria te gaan wys – die haglike heenkome van goeie Afrikaner mense wat eens op ’n tyd in middelklas woonbuurte gebly het maar as gevolg van regstellende aksie hulle werk verloor het; mense wat weens die swart plafon bo hulle kop nie bevordering kon kry nie; kinders wat nie meer in hulle eie moedertaal of enigsens kan opleiding kry nie; kinders vir wie daar op die oomblik geen kans meer is van tegniese opleiding nie. Mense sonder hoop en sonder toekoms. Ons mense. Maar van die dinge weet onse Antjie nie. Sy skryf gedigte. En as sy nie daarmee besig is nie verguis sy haar eie mense. Sy moet maar haar boeke liewer in Engels skryf. Daar is ’n groot mark daarbuite vir anti-Afrikaner boeke geskryf deur verloopte Afrikaners. Soos André Brink kan jy baie baie geld hieruit maak. Maar moet nie te veel hosannas van ons gewone Afrikaners verwag nie. Iemand wat so min solidariteit met haar eie mense het, moet nie verbaas wees as sy geen ondersteuning van hulle kry nie. Inteendeel, as ons ooit eendag deur hierdie droewe tyd kom, sal Antjie Krog se naam nie op die lys wees van mense wat deur ons bedank en vereer sal word nie.
Fred 11/29/2009 12:26:04 PM
Uitstekend!
Bobby 11/29/2009 12:48:35 PM
Max, woord vir woord (so te sê), stem ek saam. Beter kan g'n mens dit verwoord het nie. Groete. Bobby
Heinrich 11/29/2009 3:09:24 PM
Magtag Max, uiteindelik stem ek en jy saam oor iets. Gebalanseerd, krities dog nie afbrekend. Lekker.
ANDERS 11/29/2009 3:43:31 PM
Antjie was saam ons op skool te Kroonstad...... toe het sy al annerse spoke rondgejaag. Nee wat sy moet ophou politiek en haar bepaal by haar gediggies.
Selma 11/29/2009 5:07:03 PM
Die meeste van die tyd skaam ek my om mens te wees. Sies. Magtag. Ons spesie HET,KAN, en SAL klei aanjaag totdat ons verdwyn. Ons voortgesette wandade teen onsself en die planeet regverdig nie ons bestaan nie. Ons het lelik skeef geloop.
lieza 11/29/2009 6:24:42 PM
Dis duidelik dat beide Max du Preez en Chris Louw (Beeld 21 November 2009) Antjie Krog se nuwe boek Begging to Be Black heel heeltemal mis-gelees het. Wat interessant sal wees is 'n analise van hoekom die twee wits mans so bedreig voel deur Antjie se dekonstruksie van die dilemma van elke Afrikaan vandag.
Piet Croucamp 11/30/2009 12:29:51 AM
Ou Kaltie, 'n rassis IS 'n barbaar...
Lydia 11/30/2009 10:51:25 AM
I am white and I adamantly do not make apologies for it. Antjie, if you think that by "sucking up" you will get further in your life, think again. As for Max, you poor thing. Make up your about where you want to be. Antjie, take a valium.
KKK 12/1/2009 12:57:45 PM
Soos die wit liberale in Zim (daar was eens op ‘n tyd diesulkes – het egter lankal reeds die puinhoop verlaat) mettertyd van hul patologiese miskonsepsies rondom Afrikakultuur en die vreedsame ordening van vooruitstrewende samelewings asook hul erge skuldwroeginge oor wit aandadigheid aan sg. menseregte skendings genees is, so sal dit ook in SA wees...die wonderlike kristalliserende duidelikheid en berusting wat tyd meebring. Vir Antjie egter is daar min hoop...alhoewel sy implisiet erken dat die gewaande multi-kulturele reenboog waarin almal 'n tuiste in eie reg sou vind slegs 'n tydelike illusie was. Die vraag bly egter steeds wat die model gaan wees vir die Afrikanervolk se voortbestaan en oorlewing in 'n antagonistiese en bedreigde milieu?
GE 12/1/2009 3:30:51 PM
Uitstekend gestel Piet Croucamp. Moet nie enige terugvoer van Kaltie verwag nie.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Learning Delivery Specialis

KwaZulu Natal - Durban
MultiChoice Africa

Lead Architect

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Intermediate to Senior J2EE Developers needed

Gauteng - Johannesburg
E-Merge IT Recruitment
R350,000-550,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2009
R 169,000.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 Plus 5-dr
2008
R 125,990.00

TOYOTA

Yaris T3 1.3 5-dr AC
2008
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

PAULSHOF

House R 2 300 000

SILWERKRUIN

House R 3 600 000

UMHLANGA

Townhouse R 5 400 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...