Identiteit-selfmoord is beslis nie nodig

2009-11-28 16:58

Grafika: Anton Vermeulen

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Antjie Krog is in gesprek met ’n filosofie-professor in Berlyn. Sy sê vir hom die swart meerderheid laat hulle sedert 1994 al hoe meer geld en nou vind sy die meeste van haar verwysings en “raamwerke van begrip” het waardeloos geword.
Sy wil nie ’n Westerse perspektief op Robert Mugabe hê nie, sy wil ’n Afrika-perspektief hê en sy probeer uitwerk wat dit is. Is dit Thabo Mbeki se swye, Desmond Tutu se kritiek of die skares wat Mugabe toejuig?
Is dit moontlik, vra sy die professor, dat ’n wit mens soos sy wat in Afrika gebore is, in ’n kultuur met sterk Westerse wortels grootgeword het, deurdrenk is met ’n politieke bedeling wat gesê het swart mense is anders en daarom minderwaardig, is dit moontlik dat so ’n mens na ’n swartheid (“blackness”) kan beweeg? Watter soort mens moet sy word om ’n nuttige, ingeligte en goeie lewe in Suid-Afrika te kan hê?
Maar Antjie kry mettertyd meer helderheid. Sy ontdek ’n Afrika-waarde wat sy “interconnectedness” noem, iets wat mense soos Tutu en Mandela laat optree het soos hulle opgetree het. Uiteindelik kan sy verklaar dat swartheid haar uit haar “wit kapsule” verlos het, haar geleer het om iets anders as net haarself te wees.
Antjie beskryf dié reis in haar jongste boek met die ongelukkige titel Begging to Be Black. Die twee ander strominge in die boek naas die gesprek met die professor is haar teësinnige betrokkenheid by ’n moord in 1992 deur ANC-operateurs (of eintlik haar skuldgevoelens daaroor) en haar navorsing oor die lewe en filosofie van die vader van die Sotho’s, koning Moshoeshoe I.
Ek moet erken ek het aanvanklik heeltemal oorreageer op Antjie se boek, soos ek vermoed die meeste wit en bruin Suid-Afrikaners gaan as hulle dit lees. Gelukkig het my rekenaar ’n delete-knoppie en my eerste duisend woorde oor haar boek is genadiglik vir ewig verlore.
Antjie Krog verdien meer as beledigings en veroordelings. Sy is ’n hoogs begaafde skrywer en digter en ’n fyn waarnemer van ons land en sy mense. En om wit in Afrika te wees is die onderwerp van ’n debat waarmee ons nog lank nie klaar is nie.
Maar ek moet darem verklaar dat ek verstom was oor Antjie se oordrewe handegewringery oor haar wit vel; oor haar oorontwikkelde skuldgevoelens oor apartheid en kolonialisme; oor haar oorromantisering van Afrika en van swart mense; oor haar naïwiteit oor die politiek van ons streek. Ek was verbaas dat sy die ou begrip van nie-rassigheid so sleg verstaan.
Maar ek was veral onaangenaam verras dat iemand soos Antjie haar identiteit as Afrikaan en volwaardige Suid-Afrikaner net by die nasate van die Bantoetaalsprekende boere wat so 2?000 jaar gelede in ons streek aangekom het, gaan soek. Wat van die nasate van die mense wat eerste hier was, die mense wat die oudste genetiese materiaal van ons spesies verteenwoordig, die Khoisan?
Hoekom het Antjie geen behoefte om ook na ’n bruinheid te beweeg vir haar bevryding nie?
Hoe durf sy in die koor sing van dié wat verklaar net swart mense is werklik van Afrika?
Ek stoei ook al baie jare lank met die konsep Afrikaner/Afrikaan en het die laaste dekade baie daaroor geskryf en aan heelwat openbare debatte daaroor deelgeneem.
Ek hou my as politieke ontleder daagliks daarmee besig om te probeer verstaan hoe die mense van Suid-Afrika se politieke koppe werk – ook die swart mense s’n. Dit is deels waarom ek die laaste tien jaar so diep in ons geskiedenis gedelf en twee boeke daaroor geskryf het.
Ek waarsku gereeld in my skrywes en rubrieke dat wit Suid-Afrikaners moet besef ons kan nie nou sommer maak of die onreg van eeue van kolonialisme en dekades van apartheid uit mense se geheue gevee is nie; dat hul politieke kultuur plek-plek heelwat verskil van dié van ander Suid-Afrikaners; dat hulle moet onthou hul drome en vrese is dalk baie anders as ander Suid-Afrikaners s’n.
Maar dit het nog nooit by my opgekom dat ek “swart” moet probeer wees om die res van my nasie te kan verstaan nie – of “bruin” om bruin mense te verstaan of “Indiër” om landgenote van Indiese herkoms te verstaan nie.
Dit was ook nie vir Nelson Mandela of Desmond Tutu nodig om “te smeek om wit te wees” om wit Suid-Afrikaners te kon verstaan nie.
“Ek wil deel wees van die land waarin ek gebore is,” skryf Antjie. “Ek wil weet of dit moontlik is dat iemand soos ek deel van die meerderheid kan word, of ek ‘swarter’ kan word om as ’n volwaardige en gemaklike onderdeel (‘at ease component’) van die Suid-Afrikaanse psige te lewe.”
Dié vrae het nog nooit by my opgekom nie. Ek is tuis en gemaklik hier. Ek het nie besluit om as wit Afrikanerman in Suid-Afrika gebore te word nie, dis bloot my werklikheid en daarmee het ek heeltemal vrede. Ek is so deel van hierdie land soos enige ander burger.
Ek is self ’n inheemse mens, ’n volboed-Afrikaan, al is ek bleek van pigment. In daardie sin is ek wel deel van die meerderheid waarvan Antjie so graag deel wil wees. Maar die lewe het baie fasette: As ek ’n wit Afrikaanse man-hoed opsit, is ek erg in die minderheid, met my sienings en geskiedenis eintlik ’n minuskule minderheid binne-in ’n minderheid. As ’n sportliefhebber, as ’n patriot, as ’n demokraat is ek weer deel van die meerderheid.
Dit hang nie van swart Suid-Afrikaners of enigiemand anders af of ek ’n Afrikaan is al dan nie. Ek hoef nie “swart te dink” om Afrikaan te wees nie. Ek hoef nie met my sienings en dade te “verdien” om Afrikaan te wees nie, ek is eenvoudig een soos enige swart Suid-Afrikaner een is, wat hy/sy ook al dink en doen.
Natuurlik is daar politieke kansvatters soos Julius Malema en Jimmy Manyi wat mense soos ek setlaars en rassiste noem. Dis soos water op ’n eend se rug.
Dit mag ons nie keer om te leef soos ons weet ons behoort te leef en te sê wat ons glo ons behoort te sê nie. Om vandag eerlik en trots te wees in Suid-Afrika moet ’n mens ’n dik vel hê.
Onderlinge verbondenheid (“interconnectedness”) is nie ’n swart ding nie, dis ’n universeel medemenslike ding. Waar was “interconnectedness” toe swart Suid-Afrikaners ander Afrikane weggejaag, aangerand en hul huise afgebrand het? Waar was Thabo Mbeki en Manto Tshabalala-Msimang se “interconnectedness” toe hulle tienduisende mense laat sterf het omdat hulle antiretrovirale medisyne geweier is?
Waar is die “interconnectedness” van die ANC se geldkatte wat hulle so dik steel aan geld wat huise en hospitale kon bou?
Waar is die “interconnectedness” van die townshipmense wat nou weer boendoehowe begin hou en mense wat hulle skuldig bevind met klippe doodgooi?
Ek is bly Antjie het Moshoeshoe as voorbeeld van ’n swart humanis, diplomaat en staatsman in haar boek gebruik. Hy is my gunsteling-karakter in ons geskiedenis oor wie ek baie geskryf en ’n rolprent gemaak het. Ons het verskriklik baie om by ons swart kulture en uit ons swart mede-burgers se geskiedenis te leer.
Maar Antjie het een van die ou Sotho-koning se grootste gawes ’n bietjie misgekyk. Moshoeshoe was die eerste Suid-Afrikaanse leier wat werklik verby stamverband en etnisiteit gekyk en inklusief gelewe het. In die dekade of twee ná 1820 het hy Boesman, Koranna, Zoeloe, Tswana en Xhosa ingenooi na sy volk in wording op Thaba Bosiu.
En toe hy die Franse sendeling Eugene Casalis leer ken het, het hy hom soos ’n broer behandel en hom met sy lewe vertrou. Hy het die eerste president van die Vrystaatse Republiek, Josias Hoffman, as ’n gewaardeerde bondgenoot en vriend behandel.
Moshoeshoe was dalk die eerste nie-rassige Suid-Afrikaner. Hy het nie ras-, kleur- en kultuurverskille geïgnoreer nie, maar hy het eers die mens raakgesien voordat hy die oppervlakkige verskille raakgesien het.
As jy ’n oop gemoed het, meelewendheid het, as jy jou burgerlike pligte ernstig opneem, sal jy sorg dat jy ’n basiese begrip het van wat ander mense in jou gemeenskap dink en voel.
Jy hoef nie identiteit-selfmoord te pleeg nie.
*Max du Preez se nuwe boek, Dwars – Mymeringe van ’n gebleikte Afrikaan, is volgende week in die boekwinkels.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.