Katinka Heyns verrig wondere

2012-09-09 01:14

Elize Cawood se spel "'n briljante hoogtepunt".

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Katinka Heyns se Die wonderwerker het die afgelope week in Kaapstad skoonskip gemaak op kykNET se Silwerskermfees deur al die groot pryse – waaronder vir beste rolprent en beste regie, te ver­ower.

Die vraag is nou: Is dit nog ’n geval van kritici wat mekaar opgewonde praat oor ’n nuwe rolprent en sal die publiek ewe veel aanklank vind? Of is dit ’n swaar fliek wat tonne voorkennis van Eugène Marais verg om te kan verstaan?

Dit is wat Heyns so briljant maak. Sy het ’n lewegewende rolprent oor ’n geslote genie gemaak wat toeganklik vir ’n algemene gehoor is.

Die juigende resensies is nie bloot uit lojaliteit nie, maar omdat dit ’n produk is wat met jou siel praat en jou insig in ’n gekneusde mens gee wat soveel helende krag na ander gebring het, maar homself nie kon genees nie. Dit gaan oor heling, eensaamheid, isolasie, liefde en die vernietigende krag van ’n groot verlange.

Die wonderwerker handel oor die digter, filosoof, dokter en natuurkundige, Eugène Marais (Dawid Minnaar), se verblyf by ’n gesin in die Waterberge. Hy raak verlief op hul 17-jarige dogter, Jane (Anneke Weideman). Marais verander die lewe van die gesin ingrypend, maar maak ’n wanfunksionele gesin ook bewus van die tekorte in hul lewe.

Heyns slaag daarin om ’n blik op Marais se binne­wêreld te gee, maar soos wat hy niemand ooit ten volle in die binnekamer van sy siel toegelaat het nie, hou hy (en Heyns) ’n mens ook op ’n respekvolle afstand. En maak die regisseur jou deur haar regie bewus van ’n man wat jy net gedeeltelik sal ken.

Jy kan hom bewonder, hy kan jou hipnotiseer, maar jy sal net deur ’n spieël in ’n raaisel kyk. Want die verlange en hartseer oor sy vrou se ontydige dood het sy hart vir altyd gesluit. Dit is ’n deel wat net deur morfien gesus kan word.

Die gevaar is dat die rolprent ’n semi-dokumentêr kan word waarin inligting op bewonderende wyse oorgedra word sonder om narratiewe lewe te kry. Maar dit gebeur nie hier nie. Danksy ’n gestroopte, ekonomiese draaiboek deur Chris Barnard, puik spel deur veral Elize Cawood (sy bereik hier ’n briljante hoogtepunt in haar loopbaan) en die formidabele Sandra Kotzé as tant Hessie wat ’n vertolking lewer wat ongeëwenaard in die Afrikaanse rolprentbedryf is, en ’n getemperde, realistiese regiestyl, kommunikeer die rolprent ook op ’n aardse vlak met sy gehoor.

Kaz McFadden as die Van Rooyens se seun Adriaan verdien ook spesiale vermelding met sy kragtige, genuanseerde vertolking van ’n karakter wat in mindere hande net nog ’n doodgewone skurk sou gewees het. Hier is groot talent!

Die deurdagte regie verhef die rolprent tot ’n vlak waar dit tot meelewende begrip kan lei. Hierdie is een van vanjaar se toprolprente.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-19°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 14-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!